Gamo Upgrades??

Anything shooting with compressed air goes here/ Alle windbuks stories hier......
Post Reply
User avatar
Ben
Hero Member
Hero Member
Posts: 908
Joined: Thu Mar 26, 2015 7:18 am

Gamo Upgrades??

Post by Ben »

Ek het n Gamo Nitro 4.5mm pellet waarmee ek oefen by die huis en sover werk hy baie lekker. My vraagie is eintlik heeltemal uit onkunde....
Ek weet eerlikwaar van pellet baie min. Wat is n IGT ram en watter voordeel kan ek uit my geweer kry om dit te doen?
"Failure is NOT an Option"
User avatar
JTM
Hero Member
Hero Member
Posts: 1691
Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am

Re: Gamo Upgrades??

Post by JTM »

Basies kom dit neer dat jou geweer nie 'n konvensionele veer het wat saamgepers word om die geweer aan te dryf nie. Dit werk eerder soos 'n bakkie se kappie deur wat deur 'n "Nitrogen Gas" silinder opgehou word se prinsiep.

Dus het jou geweer 'n ingeboude gas silinder wat jy soos 'n veer saampers om jou geweer dan aan te dryf. Dit behoort dan vir jou 'n meer soliede vuur aksie te gee met minder vibrasies teenoor 'n standard veer. Jou geweer hoort dus nie daai aaklige "twang" geluid te maak as jy dit vuur nie.
Jannie Welman
User avatar
Gian_dP
Hero Member
Hero Member
Posts: 1616
Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm

Re: Gamo Upgrades??

Post by Gian_dP »

Ben wrote:Ek het n Gamo Nitro 4.5mm pellet waarmee ek oefen by die huis en sover werk hy baie lekker. My vraagie is eintlik heeltemal uit onkunde....
Ek weet eerlikwaar van pellet baie min. Wat is n IGT ram en watter voordeel kan ek uit my geweer kry om dit te doen?
Behalwe vir die gas ram, kan jy Nicholas Yale kontak vir n ander sneller. Maak die wereld se verskil aan n Gamo. www.kittedout.co.za
_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
User avatar
Ben
Hero Member
Hero Member
Posts: 908
Joined: Thu Mar 26, 2015 7:18 am

Re: Gamo Upgrades??

Post by Ben »

Ek praat nou weer uit onkunde maar ek het nie geweet mens kan daai sneller stel nie. Ek gaan dit n GO gee. Kan mens net direk met die Kitted Out mense reel?

JTM - Daai spring maak my mal so dink klink baie beter.
"Failure is NOT an Option"
User avatar
Gian_dP
Hero Member
Hero Member
Posts: 1616
Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm

Re: Gamo Upgrades??

Post by Gian_dP »

Ben wrote:Ek praat nou weer uit onkunde maar ek het nie geweet mens kan daai sneller stel nie. Ek gaan dit n GO gee. Kan mens net direk met die Kitted Out mense reel?

JTM - Daai spring maak my mal so dink klink baie beter.
Kittedout is Nicolas Yale se direkte "online " winkel. Sover ek weet kan jy net in stap. Bel dalk net om seker te maak hulle luggeweer ou is daar.
_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
Post Reply