Beste bande

Supacow
Hero Member
Hero Member
Posts: 2112
Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm

Beste bande

Post by Supacow »

Deel jou wenresep hier. Gee koste, bandgrootte en km behaal asook waarvoor aangewend.
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Beste bande

Post by ruaanb »

kumho road venture kl78 - bakkie verkoop toe het hulle al 70 000km's gedoen en daar was nog baie leeftyd oor. Op alle paaie gebruik sonder enige probleme. sit ook op 'n nat pad soos goeters aan 'n wol kombers. 245/75/16 size.
Last edited by ruaanb on Thu Dec 15, 2016 8:37 am, edited 1 time in total.
Melckman
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 95
Joined: Mon Jun 03, 2013 3:23 pm

Re: Beste bande

Post by Melckman »

Good Year Wrangler AT/SA 245/70/R16
R1,300/band
83,000km and counting...
Teerpad, grondpad, sand - regte all terrain gebruik.

Baie beindruk; dink jy gaan ver soek vir beter waarde vir geld
Supacow
Hero Member
Hero Member
Posts: 2112
Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm

Re: Beste bande

Post by Supacow »

My Contiworldcontacts is op hul einde dan gaan ek die Destinations vat vir n spin. Juis oor daai waarborg. Die klip is maar rof op n sidewall.
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
User avatar
neef
Full Member
Full Member
Posts: 135
Joined: Tue Jul 05, 2016 12:06 pm

Re: Beste bande

Post by neef »

Ek het op 60 000km my Isuzu verkoop en ook mooi gelyk daai destinations is in my opienie is baie goed
Deel wat jy weet en jy sal wys word
Ruger Presision 6.5 cm
Sako 308win
Howa 204
Savage 243
coey .22
cz 75 p07 duty
Vektor SP1
Musgrave 12G pomp
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Beste bande

Post by ruaanb »

Continental het dit nou ook maar net as jy by sekere plekke koop.
http://www.contisure.co.za/?ref=184412#/

Werk maar net soos die Firestone een as ek so vinnig kyk.
Bronkie
Newbie
Newbie
Posts: 16
Joined: Thu Jan 28, 2016 5:53 pm

Re: Beste bande

Post by Bronkie »

:) Cooper Discoverer A/T3's, 265/70/17 (R3258/band)
Opgesit Desember 2014, 84k gedoen en laas week afgehaal.
Nou BF's All-T T/A's op. Hoop om dieselfde of beter te doen.
Gebruik vir werk en trips (Namibia, Moz, en local is lekker)
Supacow
Hero Member
Hero Member
Posts: 2112
Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm

Re: Beste bande

Post by Supacow »

Waars die General Grabber manne? Gee die oukies kilos? Verrigting is glo baie goed.
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Beste bande

Post by Jean Marais »

Melckman wrote:Good Year Wrangler AT/SA 245/70/R16
R1,300/band
83,000km and counting...
Teerpad, grondpad, sand - regte all terrain gebruik.

Baie beindruk; dink jy gaan ver soek vir beter waarde vir geld
Ek is op my 4de stel van dieselfde bande. Uit die vorige 3, 100,000+ km gekry. Huidige stel is op 64,000

Beslis uitstekende bande. Sal niks ander koop nie.
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3079
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: Beste bande

Post by Apie »

Jean Marais wrote:
Melckman wrote:Good Year Wrangler AT/SA 245/70/R16
R1,300/band
83,000km and counting...
Teerpad, grondpad, sand - regte all terrain gebruik.

Baie beindruk; dink jy gaan ver soek vir beter waarde vir geld
Ek is op my 4de stel van dieselfde bande. Uit die vorige 3, 100,000+ km gekry. Huidige stel is op 64,000

Beslis uitstekende bande. Sal niks ander koop nie.
Het ook baie my Wranglers geniet.
Enigste nadeel was op my Isuzu het hulle net in die middel afgeloop.
Baie met banddruk gespeel en baie geroteer maar kon nie wen nie.
Blykbaar is die nuwe een +Plus blykbaar daai probleem uitgesort

Sent from my D5803 using Tapatalk
Forester
Hero Member
Hero Member
Posts: 580
Joined: Wed Aug 28, 2013 8:51 am

Re: Beste bande

Post by Forester »

Melckman wrote:Good Year Wrangler AT/SA 245/70/R16
R1,300/band
83,000km and counting...
Teerpad, grondpad, sand - regte all terrain gebruik.

Baie beindruk; dink jy gaan ver soek vir beter waarde vir geld
Waar kry jy dit so goedkoop? TWT in Stellenbosch het my gister R1995/band gekwoteer.

Wat is julle opinies van Pirelli Scorpions?
Wynand

470NE; 404Jeff; 375H&H; 300WM; 30-06; 308; 6XC; .22LR; 12br x3; 40S&W; 9mmP
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Beste bande

Post by FHM »

Supacow wrote:Waars die General Grabber manne? Gee die oukies kilos? Verrigting is glo baie goed.
Het so 2-3 jaar terug op die myn General Grabber's op ons Toyota D4D's opgesit. Ons het elke dag so 40 Km grondpad en 160 Km teerpad gery dag in/uit. Ek kan onthou dat ek elke 70-80 000 Km bande omgeruil het - ons was baie tervrede met daai bande se werkverrigting.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
Melckman
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 95
Joined: Mon Jun 03, 2013 3:23 pm

Re: Beste bande

Post by Melckman »

Forester wrote:
Melckman wrote:Good Year Wrangler AT/SA 245/70/R16
R1,300/band
83,000km and counting...
Teerpad, grondpad, sand - regte all terrain gebruik.

Baie beindruk; dink jy gaan ver soek vir beter waarde vir geld
Waar kry jy dit so goedkoop? TWT in Stellenbosch het my gister R1995/band gekwoteer.

Wat is julle opinies van Pirelli Scorpions?
Ek het hulle by HiQ in Menlyn, Pretoria opgesit. Hulle pryse behoort nie so baie te verskil in die Kaap nie. Bygese, is dit ook nou al amper 2 jaar terug...
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Beste bande

Post by win270 »

My ondervinding is dat Tiger Wheel & Tyre se pryse dikwels van die duurste is. Probeer oor BestDrive - nie seker hoe wyd hul netwerk in SA sprei nie.
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Beste bande

Post by ruaanb »

Jy kan ook kyk na om by Errols Tyres in Ooslonden te koop. hulle koerier dit dan na die naaste bande plek met wie hulle n ooreenkoms het waar jy dit dan kan laat op sit. hulle het letterlik alles en pryse is op website waar jy order.
Mellies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1995
Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm

Re: Beste bande

Post by Mellies »

Supacow wrote:Deel jou wenresep hier. Gee koste, bandgrootte en km behaal asook waarvoor aangewend.
H,

Ekt al meer as 100 000km met meer as een brand gekry. BF A/T, Bridgestone A/T... Die 16" BFs was laas twee keer so duur soos die Bridgestones. Moet se niks trap water en modder uit die pad soos n BF nie.

Tans het ek Good Year Wranglers op...

Maar om jou vraag te antwoord kyk almal na km. Wanneer dit by veiligheid kom met kortste remafstand in nood is Michelin nommer 1!

Met n vleisie...
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8011
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Beste bande

Post by Arnold »

Supacow wrote:Waars die General Grabber manne? Gee die oukies kilos? Verrigting is glo baie goed.
Ek dink ek het op so 80 000km (kan meer wees) twee vervang. Ek is nou op 120 000km en sal nou binnekort die ander twee moet vervang.

Toyota 2.7 VVTI DC
98% teerpad as ek moet skat. Baie tevrede al lyk hulle nie so cool nie.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13655
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Beste bande

Post by Geno »

Dankie manne. Ek volg hier.
Ek is 'n stoere BF man, maar kyk nou na General Grabbers vir Lila se skoolkar (3.0d4d D/C Hilux)
R3150.00 per band vir 16" BF A/T's is net bietjie rof!
Goed, beter, 6millimeter!
KalahariKlong
Hero Member
Hero Member
Posts: 891
Joined: Mon Mar 07, 2011 10:19 am

Re: Beste bande

Post by KalahariKlong »

Cooper STMAXX gee vir my baie goeie diens op my bakkie. Staan nou so op 81 000. Ek is n man wat hard ry op teer en grond en nog nooit n band van hulle verloor nie. Eniste problem was een wat ek van die rim afgery het in die duine omrede ek bietjie kort gedraai het op redelike spoed met lae druk bande. As ek reg onthou was dit so R3370 n band vir 16". 2.5 TRiton. Hulle klou soos snot.
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: Beste bande

Post by joe rocket »

General Grabbers het die "all terrain" band van die jaar toekening gewen twee jaar gelede . My drywer het 90 000 km op n stel gekry met my werksbakkie. Ek het tans Firestone destinations op my Toyota en het al 40 000km gedoen en daar is nog baie loopvlak oor. Vra vir Heinz wat maak sy karooplaaspad met n band. Hy het ook Firestone destinations op sy bakkie en het nog nie n band verloor nie.
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
kudu375
Full Member
Full Member
Posts: 202
Joined: Wed Aug 26, 2015 2:23 pm

Re: Beste bande

Post by kudu375 »

@Geno
265/70/16 bfg @ R3050, grabber all terrain @ R1600

@forester die Goodyear is so R1550 op 245/70/16
Court Schilbach
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13655
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Beste bande

Post by Geno »

Dankie Court. Sal jou verseker kontak.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
michris
Newbie
Newbie
Posts: 16
Joined: Sun May 10, 2015 10:14 am

Re: Beste bande

Post by michris »

Het al voorheen BF 31x10.5x15 op gehad en heidiglik het ek Bridgestone op, ook 31x10.5x15 en het met albei +- 90 000 km gekry,.Ek het lanklaas nuwes opgesit maar Bridgestone was goedkoper en het veral goed gedoen met nat pad. Ek het ou hilux d/c 4x4.
kudu375
Full Member
Full Member
Posts: 202
Joined: Wed Aug 26, 2015 2:23 pm

Re: Beste bande

Post by kudu375 »

Geno wrote:Dankie Court. Sal jou verseker kontak.
;)
Court Schilbach
User avatar
Konrad308
Full Member
Full Member
Posts: 210
Joined: Mon Feb 15, 2016 12:07 pm

Re: Beste bande

Post by Konrad308 »

Ek het 265/70/16 Grabber AT op my bakkie gehad. Op 65000km begin hulle effens raas op teerpad. Hulle het seker so 20% leeftyd oor gehad toe vervang ek hulle met 265/70/16 Cooper AT3. Selfde storie. Op 65000 raas hulle. R1600 vir Grabbers teenoor R3000 vir die Coopers. Ek gaan nou weer terug Grabbers toe. Ek ry 30% grondpad en moet ook se daai Grabbers sit op n grondpad, beter as die coopers. Die coopers is net beter op n nat teerpad.

Sent from my SM-G930F using Tapatalk
22 Beretta Mod 70
22 Brno Mod 2E
223 Rem Sako A1
6mm Dasher Winchester Mod 70
6.5 x 47 Lapua Howa
308 Win Musgrave RSA
300WSM Tikka T3 Varmint
30-06 Spring Howa
375 Ruger Howa
Pointer 12 Guage Semi-Auto
9mm CZ 75 P-07 Duty
Ruger Super Blackhawk 44Mag
Post Reply