Page 1 of 1

.303 monolithic bullets load data

Posted: Fri Dec 12, 2025 4:06 pm
by Viking
Waar is die .303 skieters en herlaaiers?

'n Skietmaat het my 40 monolitics gegee wat 180 gr weeg, 32mm lengte en .311 gekalibreer - wat uit sy Pa se arsenaal gekom het.

Ek het my nou al blou gesoek vir .303 monolotic herlaai data met Somchem poeier.

Google verwys my na verskillende punt verskaffers (buitelands) en Somchem het slegs vir standaard punte in die 180 gr herlaai data.

Ek waardeer enige hulp vir die herlaai projek!

Re: .303 monolithic bullets load data

Posted: Fri Dec 12, 2025 5:27 pm
by OosKaapJagter
https://www.jaracal.com/viewtopic.php?t=479

Hier is baie bladsye vol inligting. Hopelik sal jy daarin iets kan kry.

Re: .303 monolithic bullets load data

Posted: Fri Dec 12, 2025 5:42 pm
by tripodmvr
Gee my jou geweerdata en die dryfmiddel wat jy gaan gebruik. 'n Foto van die koeƫl sal ook help. Stuur na my forumnaam plus @gmail.com. Ek het van die eerste mono's (Goodnel) in my 303 geskiet.