Hornady GMX Jagkoeels - Praktiese Jaracal toets

User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: Hornady GMX Jagkoeels - Praktiese Jaracal toets

Post by VdWalt »

Biltongjagter wrote: Bokke geskiet met GMX en GSCHV - karkasse -

GMX -
 Image
Besonderhede:
300WM;
150gr GMX;
3240vps;
100m;
149.4gr;
Blouwildebees.

GSCHV -
Image
Besonderhede:
7 x 57;
130gr GSCHV;
2853vps;
205m;
Koe?l regdeur bok - nie herwin nie;
Gemsbok.
Dankie Koos - nou kuier ons lekker!

Geno - ek sou dit nooit so mooi soos Koos kon verduidelik het nie - kyk nou na daai tonnel voor die GMX by die longe gekom het en die gat na die koeel deur die longe gegaan het - hier is stawende bewys dat wond kanaal drasties grooter in die GMX is. Daai gemsbok het nie eers die binnekant van sy ribbes rooi gebloei nie - dink wat se bloedspoor sou hy gegooi het selfs met 2 gate.

Dis dalk bietjie moeilik om te sien met al die bloed saam maar kyk of jy bloedswamme op die bwb sien - niks - ook nie waar hy uit gegaan het nie!! Die gat is miskien grooter as op die gemsbok maar die vleis skade is min en hy het lekker baie gebloei soos die foto wys. Ek wet jou die ou het sommer die bwb sien val soos Ludwig.
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Hornady GMX Jagkoeels - Praktiese Jaracal toets

Post by Monrique (SJ) »

Koos

Kan jy dalk vir my se wat die kinetiese energie van die 300WM was met die GMX asook die 7x57 met die GSC? 

Kan dit nie dalk die verskil wees tussen die koeel gate nie en so ook die spoed oor die afstand?


Groetnis
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Hornady GMX Jagkoeels - Praktiese Jaracal toets

Post by Geno »

Ludwig wrote: met die 300WM en 150gr GMX teen 3240fps sou die kinetiese energie by die loop, 3495.8 ft/lbs gewees het.
Die 7x57m met 130gr GCS teen 2853fps sou die kinetiese energie by die loop 2349.2 ft/lbs gewees het
Ek reken dis hoekom die 2 karkaste so anders lyk. Ek gaan 'n pakkie 90gr GMX koele koop en hulle in my .25-06 skiet en kyk hoe maak hulle. Ek glo hulle sal nie teleurstel nie.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: Hornady GMX Jagkoeels - Praktiese Jaracal toets

Post by VdWalt »

SJ wrote: Koos
Kan jy dalk vir my se wat die kinetiese energie van die 300WM was met die GMX asook die 7x57 met die GSC? 
Kan dit nie dalk die verskil wees tussen die koeel gate nie en so ook die spoed oor die afstand?
Groetnis
Ek is nie 'n kenner nie maar daai .308 het nog lekker geloop toe hy daai bwb geklop het - dit maak die min vleis skade nog meer
impressive! Nou vat nou daai GSC het begin op 2853 en verloor so 200fps per 100 meter (kenners kan my reghelp) so hy het so 2650
geloop toe hy die gemsbok getref het en het nog steeds sy blare verloor.
Nou die GMX het begin op 3240fps na 100 toe loop hy nogsteeds oor die 3000fps maar soos in die uitgangs wond gesien kan word
het hy nog steeds sy form behou.

Koos - wil jy nie daai GMX vir ons weeg en 'n foto opsit nie - dit sal mos Stefan se toets mooi afrond?
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Hornady GMX Jagkoeels - Praktiese Jaracal toets

Post by Monrique (SJ) »

Thanks manne

Ek probeer net n prentjie kry.  

@Geno

Dink daai sal n mooi toets wees met jou roer.  Jy weet mos immers hoe mooi loop die 85gr GSC in jou .25-06 en wat hulle kan doen.

Laat weet ons wat hulle maak.

Groetnis
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: Hornady GMX Jagkoeels - Praktiese Jaracal toets

Post by VdWalt »

;D Askies man - ek het nie besef dit was joune nie (149.5gr  :o) al die bokke geskiet met die koele
lyk so die selfde jy kan my mos nou nie kwalik neem nie....!
sakkievanheerden
Full Member
Full Member
Posts: 199
Joined: Wed Jul 14, 2010 8:16 pm

Re: Hornady GMX Jagkoeels - Praktiese Jaracal toets

Post by sakkievanheerden »

Hallo manne
Ek het julle posts dop gehou en gelees oor die GMX punte en toe besluit om vir my 270 van die punte te koop.Ek het 130gr punte in Bloemfontein gekry en prys was R1400 vir 200.Is die prys in die kol of bietjie rof?
En dan nog n vraag,ek het saam met die punte 361 kruit gevat om die 270 te laai sal dit goed saam werk?
Groete
Sakkie
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: Hornady GMX Jagkoeels - Praktiese Jaracal toets

Post by VdWalt »

sakkievanheerden wrote: Hallo manne
Ek het julle posts dop gehou en gelees oor die GMX punte en toe besluit om vir my 270 van die punte te koop.Ek het 130gr punte in Bloemfontein gekry en prys was R1400 vir 200.Is die prys in die kol of bietjie rof?
En dan nog n vraag,ek het saam met die punte 361 kruit gevat om die 270 te laai sal dit goed saam werk?
Groete
Sakkie
Sakkie daai prys is maar die gemiddeld vir die premium koeels, so R 350.00 vir 50. Die manne met die regte programme sal jou
ongelukkig met die ladings moet help.

Groete
Van der Walt
Biltongjagter

Re: Hornady GMX Jagkoeels - Praktiese Jaracal toets

Post by Biltongjagter »

Jagter van Gemsbok se terugvoering -
Die gemsbok was 205m en die projektiel is regdeur. Hy het sowat 15 of 20 tre? gedraf en geval. Ook deur die hart geskiet.
7x57; 285130HV; 41gr S335; 2853vps.
Paar feite -
GSCHV 130gr met tromp snelheid 2853vps het na 205m tydens impak steeds genoeg momentum om volledig (vlerkies en al) deur die Gemsbok te penetreer. Bok dood binne 20 tre? van waar hy getref is en karkas mooi skoon met baie min vleisskade. In hierdie geval is 'n bloedspoor van nul en gener waarde.

Daarteenoor het die 150gr GMX met 'n tromp snelheid van 3240vps oor 100m afstand nie voldoende energie om volledig deur die Blouwildebees, met 'n min of meer soortgelyke skootplasing soos op Gemsbok, te penetreer nie.

Dit is en bly elke jagter se eie keuse om te besluit watter koe?l hy gaan kies om sy jag mee aan te pak.

Groete,
Koos.
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Hornady GMX Jagkoeels - Praktiese Jaracal toets

Post by Gerhard »

Kyk ek wil nou nie snaaks wees nie...

Ons almal weet hoe vol passie die manne kan raak oor die tegniese dinge.

Maar HOE DOOD wil julle nou eintlik n bok skiet?

Of hy nou 20 tree of 30 tree gaan na die skoot hy is lippe teen die klippe.

So nou wonder ek maar net hoekom al die klomp argumente want selfs n PMP 175gr uit my 303 sou al twee daai bokke dood geskiet het met daai skoot plaasing en dis tog mos maar wat n jagter wil he is dit nie?
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: Hornady GMX Jagkoeels - Praktiese Jaracal toets

Post by VdWalt »

Biltongjagter wrote: Paar feite -
GSCHV 130gr met tromp snelheid 2853vps het na 205m tydens impak steeds genoeg momentum om volledig (vlerkies en al) deur die Gemsbok te penetreer. Bok dood binne 20 tre? van waar hy getref is en karkas mooi skoon met baie min vleisskade. In hierdie geval is 'n bloedspoor van nul en gener waarde.
Daarteenoor het die 150gr GMX met 'n tromp snelheid van 3240vps oor 100m afstand nie voldoende energie om volledig deur die Blouwildebees, met 'n min of meer soortgelyke skootplasing soos op Gemsbok, te penetreer nie.
Ons het dit mos nou almal geweet, dit vat baie meer energie om jou duim deur 'n stuk steak te druk as jou pinkie.
Dis dan waaroor die hele geprek tussen my en Geno gegaan het  - die mushroom kan maak dat ek nie deur skiet nie maar ek geen
nie om nie - die mushroom se wond kanaal is grooter as die shaft se wond kanaal soos jy dit vir ons op die fotos uitgewys het.
Biltongjagter

Re: Hornady GMX Jagkoeels - Praktiese Jaracal toets

Post by Biltongjagter »

Ludwig, dit is baie eenvoudig, sekere stellings word gemaak wat wanindrukke skep by jagters. Soos bv. hierdie een:
Ek vat eerder 'n 15mm wondkanaal deur altwee longe en 'n mushroom onder die oorkantste vel as shaft dikte kanaal deur die longe met koeel size gat aan die ander kant.
Hier is dit dan ook in perspektief gestel -
"Die implikasie van so 'n stelling is dat die vlerke op 'n manier afskeur en verdamp wanneer die koeel deur die vel gaan op die ingangs kant.  Dit is nie so nie.  Uitgebreide toetse het gewys dat, indien die holpunt nie vorm gegee word nie, is die moontlikheid van asentriese uitsetting baie groter as wanneer die holpunt beheerde vorm gegee word.  Die oopmaak van die koeel is 'n proses, en vlerke wat afskeur vorder dikwels tot op dieselfde diepte as die oorblywende skag.  Volledige gewigretensie gee nie noodwendig die beste wondkanaalvorm nie."
So is die belangrikheid van voldoende momentum tydens impak - oor die effens verder afstande - ook uitgelig om jagters te laat besef dat dit 'n belangrike aspek is waaraan aandag gegee moet word - en nie noodwendig om 'n herwinde koe?l met ho? gewigsbehoud uit die bok te kan haal nie.

Die bewering dat meer energie in die bok geplaas word (total energy dumping) deur die koe?l wat nie volledig penetreer nie, in vergelyking met die koe?l wat w?l volledig penetreer (dwarsdeur), is 'n mite.
Bloot so omdat die betrokke projektiel nie oor voldoende momentum beskik om volledig te penetreer nie, is die werklikheid.

Die oordra van korrekte inligting, is waaroor alles gaan.

Groete,
Koos.
User avatar
Lourens
Hero Member
Hero Member
Posts: 1174
Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am

Re: Hornady GMX Jagkoeels - Praktiese Jaracal toets

Post by Lourens »

+1 Ludwig, ek raak ook nou gatvol vir die gedurige hijacking van koeel onderwerpe deur manne wat oor GSC wil praat. Mens kan omtrent nie 'n ander koeel se naam noem nie dan word GSC in die vergelyking ingetrek. As iemand oor GSC wil praat maak 'n aparte post oop en bespreek dit na harte lus daar waar die wat nie wil nie, dit nie hoef te lees nie. Moet dit nie hier op ander threads kom doen wat vir ander koeels bedoel is nie.
Good, Better, Barnes... Unleaded, Unfailing, Unbeatable...
Gerard

Re: Hornady GMX Jagkoeels - Praktiese Jaracal toets

Post by Gerard »

Ludwig,
Vat jou setpil opmerking en druk hom waar die son nie skyn nie.  Jy is die een wat op jou bydrae #40 ander fabrikate, GSC inkluis, in die bespreking ingebring het.

My bydrae #70 het nie 'n dooie woord van GSC ges? nie en die twee illustrasies het die redenasie van volledige gewigretensie behandel.  Beide illustrasies het gegaan om die vlerk vorming en een was selfs van die GPA webwerf af.

Die volgende keer wat GSC hier genoem is was weer jy. Bydrae #79.

Wat het jy vir Van Der Walt ges??  "Op let in die klas."

So, aan jou s? ek: Let op in die klas want jy het GSC die eerste paar keer self genoem.

Ek sien niemand kla wanneer ander fabrikate genoem en vergelyk word in besprekings van GSC nie.  Om my uit te kryt met die stelling "want hulle is bang die GSC Nazi brigade kom val hulle opinies weer aan." is onvanpas en jou voorstelle van hoe mens 'n bespreking hanteer is absurd. (haal die verkeerde stelling van 'n persoon aan, en gaan plaas dit onder 'n (enkele) onderwerp genaamd "Wanpersepsies wat bestaan oor GSC koeels" of so iets.)  Die wanpersepsies gaan nie hier om GSC koeels nie, dit is algemene beginsels.

So, Ludwig en Lourens, gaan koop vir julle 'n vliegkaartjie.
Biltongjagter

Re: Hornady GMX Jagkoeels - Praktiese Jaracal toets

Post by Biltongjagter »

Ludwig/Lourens,

Dit gaan nie oor 'n spesifieke koe?l nie, kan Y en Z ook wees!

Dit gaan oor wanindrukke wat geskep word deur sekere bewerings wat gemaak word wat nie altyd 100% korrek is nie.

Hoe is jagters veronderstel om die werklike feite te siene te kry, en dan korrek ingeligte besluite te neem oor hulle voor- en afkeure van die massa verskillende produkte beskikbaar op die mark, indien volgens julle daar nie oor gepraat gaan word hier op die forum nie?

Ongelukkig is die praktiese bewyse en resultate aan produkte soos GMX, GSC en andere gekoppel - nogtans behoort dit nie regdenkende jagters se koppe in die rigting van 'n spesifieke produk te swaai nie - NEE, allermins! Gun jagters om hul eie keuse te maak gebaseer op die korrekte inligting waaroor hulle beskik.

Groete,
Koos.
User avatar
Lourens
Hero Member
Hero Member
Posts: 1174
Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am

Re: Hornady GMX Jagkoeels - Praktiese Jaracal toets

Post by Lourens »

Manne ek is baie jammer dat ek hierdie topic nou natpis hiermee maar ek is nou gatvol vir hierdie nonsens.

Gerard,

Ekt my voorgeneem om eerder my mond te hou toe jy en koos biltongjagter julle se gese het op die barnes topic. Ek het eenmaal gese wat ek dink en dit daar gelos. Maar nou noop jy my ongelukkig om my bek te rek.

Begin kyk hoe jy met mense werk en hoe jy kritiek hanteer, want jy is besig om jou eie besigheid in sy moer te stuur. Ek sal in my lewe nie jou produk gebruik nie, as alle ander koeel vervaardigers hulle deure sluit dan sal ek maar eerder met 'n spies opf kettie jag. Ek sal my gewere nie daai onreg aan doen nie. Hou jou snedigheid en jou gedurige regstellings vir jouself. Nie ek of Ludwig het jou persoonlik aangeval nie, net gese dat ons gatvol raak dat GSC oral opduik en daar dan volhard word daarmee. Mens kan niks meer hier lees sonder om 'n paar wetenskaplesse oor GSC  of 'n paar taallesse te kry nie. As jy so graag mense wil regstel gaan doen dit waar die foute wat mense maak noemenswaardig is en nie triviale belaglikhede is nie. Of as jy so graag taallesse wil gee gaan sluit aan by die span wat die HAT redigeer. Jy laat hierdie forum soos 'n kleuterskool lyk waar almal anders gedurig foute maak en jy gereedstaan om hul te beruspe. Sodra 'n koeel onderwerp net begin spoed vat en waardevolle inligting bevat dan word dit ontspoor en stap elke keer dieselfde pad. Ek is seker die meeste manne wil al naar word hieroor!!!!

Onthou net een ding, respek moet ongelukkig verdien word, en by my staan jy en jou produk agter in die lyn!! Ek het nog nooit in my lewe gesien dat ander koeel vervaardigers hulle (potensiele) kliente hanteer soos wat jy mense op die forum hanteer nie.

Groete,
Lourens
Good, Better, Barnes... Unleaded, Unfailing, Unbeatable...
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: Hornady GMX Jagkoeels - Praktiese Jaracal toets

Post by VdWalt »

;D ;D Koos  ;D  ;D Dis snaaks!! Volle sirkel, en dit nogal met 'n ander man se kallers.
Lees sommer my vorige post op daai stelling.  ;)

PS.  Geno, Sakkie jammer ek trek julle nou so in die afgrond in.  ;D
Skiet maar ietsie en besluit vir julle self - moet asb dit nie
hier tik as julle happy is nie.  :angel:
Gerard

Re: Hornady GMX Jagkoeels - Praktiese Jaracal toets

Post by Gerard »

en sy wanpersepsies met minagting aanval,
Ek probeer die wanpersepsies hanteer uit hoofde van wat ek weet.  Wys vir my die minagting.  Net een voorbeeld asseblief.  Ek het nie gedink dit is geoorloof dat jy my kan beledig en uitkryt vir wat jy wil en op die een of ander manier verwag dat ek dit sal laat verby gaan nie.
sal maak dat ek nie 'n GSC koeel ooit sal skiet in my gewere nie, en ook nie vir enige iemand aanbeveel as hulle my sou vra nie.
Jy het GSC nog nooit gebruik nie en het geen bedoeling om dit ooit te gebruik nie.  Hierdie dreigement van 'ek sal dit nou nooit gebruik nie' raak nou afgesaag.
Ek sal in my lewe nie jou produk gebruik nie, as alle ander koeel vervaardigers hulle deure sluit dan sal ek maar eerder met 'n spies opf kettie jag.
Afgesaag.
Hou jou snedigheid en jou gedurige regstellings vir jouself.
As jy my in die gesig vat, verwag dat ek sal reageer.  Soos ek vir Ludwig ges? het: Wys my een voorbeeld waar ek neerhalend, minagtend of snedig was teenoor iemand wat dit nie begin het nie.
Nie ek of Ludwig het jou persoonlik aangeval nie,
Lees jy die goed wat jy skryf?
User avatar
Lourens
Hero Member
Hero Member
Posts: 1174
Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am

Re: Hornady GMX Jagkoeels - Praktiese Jaracal toets

Post by Lourens »

Stem saam op daai een, cheers.
Good, Better, Barnes... Unleaded, Unfailing, Unbeatable...
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Hornady GMX Jagkoeels - Praktiese Jaracal toets

Post by Monrique (SJ) »

Cheers
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: Hornady GMX Jagkoeels - Praktiese Jaracal toets

Post by VdWalt »

;D So wat s? julle manne van Noslers ..... ?
User avatar
marno
Hero Member
Hero Member
Posts: 713
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:52 am

Re: Hornady GMX Jagkoeels - Praktiese Jaracal toets

Post by marno »

VdWalt wrote: ;D So wat s? julle manne van Noslers ..... ?
Bwoooooohahahahaa!!
.22 Anschutz
22-250 Sako
7mm Rem Mag Steyr Mannlicher Luxus
9mm Taurus
User avatar
WillemS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 385
Joined: Wed Sep 15, 2010 4:30 pm

Re: Hornady GMX Jagkoeels - Praktiese Jaracal toets

Post by WillemS »

VdWalt

Jy gaan gem##r word! ;D ;D

Willem
Gerard

Re: Hornady GMX Jagkoeels - Praktiese Jaracal toets

Post by Gerard »

VdWalt,
Dit is interessant wat jy vra.  Daar was onlangs op 'n baie groot forum die vraag van waarmee die manne herlaai.  Daar was antwoorde van die w?reld oor en hier is die resultaat tot dusv?r:

Nosler x 28
Hornady x 14
Barnes x 12
Speer x 7
Sierra x 6
Woodleigh x 6
Northfork x 5
Remington x 3
Swift x 2
CEB x 2
GSC x 1
Berger x 1
Allaskan Bullet Works x 1
Winchester x 1
Cast my own x 1
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6968
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Hornady GMX Jagkoeels - Praktiese Jaracal toets

Post by DWB »

Is dit perdentasie gewys of hoeveelheid mense wat deelgeneem het aan die "poll"?
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
Post Reply