Jagreels

Post Reply
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Jagreels

Post by Marc »

Wouter Roets wrote: PAC

Net Wouter asb! Jong so gepraat oor jagmaats. Hel dit is moeilik om n persoon te kry wat dieselfde oor jag en al die dingetjies daarom voel. Ek het great pelle wat geleentheidsjagters is en n mens probeer hulle akkomodeer op n mens se jagtrips maar die vet weet alleen hulle kan my irriteer op n jagtrip! Daar wil nie geloop word nie, net van die bakkie geskiet word. Die manne voel as hulle met n blou pakkie PMP daar aangekom is alles dood dollies. Solank daar lood in die lug is, is daar n kans! Die teendeel is weer die manne wat dieselfde oor jag voel is baie keer mooiweersvriende. Die aand om die kampvuur smaak die Johnny net nie dieselfde in hulle teenwoordigheid nie! Seker maar hoekom n mens so baie hier op die Forum rondhang! Darem regtig lekker om met jou dam se eende te kan gesels!

Groetnis
Wouter
Daar vat jy hom nou mooi raak Baas Wout  ;)  ;D

Ek sit met dieselfde probleem  :-\
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
Jaco Alberts
Full Member
Full Member
Posts: 119
Joined: Tue Sep 13, 2011 7:07 pm

Re: Jagreels

Post by Jaco Alberts »

Wouter, PAC,

is dit nie hoekom mens maar jou jagpelle vooraf kies om die tipe dingetjie wat pla uit te skakel nie ?
User avatar
johan1
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 431
Joined: Tue Feb 14, 2012 2:57 pm

Re: Jagreels

Post by johan1 »

kyk jy kan pelle regtig lank ken by die huis, maar vat daai sefde nice ou van die huis en sit hom buite sy comfort zone waar hy moeg geloop is en weer more vroeg moet roer want sy gids wag, dan kyk jy wie is daai "nice ou nou eintlik" Laat daai nice ou van die huis n bok kwes.. en mok hom vannaand om die vuur oor die bok wat nou nog loop... of jakkalse wat bok nou iewers opvreet dan sien jy hoe verander daai nice ou. Laat hom bietjie wag vir warm water uit n donkie, of laat hom help met n pap band op n ongemaklike plek... daai ou verander in iemand wat jy van geen kant af ken nie

Was saam n skool pel van ons na n kalahari trippie toe. Hy stuur fotos van bokke wat hy oor wilde afstande net kop skiet. Daar aangekom maak die ou soveel k.... dat die boer hom wil wegjaag. Mis skote, bek skote ens. Volgende dag skiet die mater nie , maar raak snotters agter op die cruiser uit n silwerplat flessie. Ek was lanklaas in so ongemaklike situasie.

Ek was nog nie weer daar nie, en vermy die mater se uitnodigings
moenie jagters kritseer met n mond vol biltong nie
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Jagreels

Post by Beretta »

Johan1
Ja dit is maar die gomgat/dronkgat gene wat so maak hy sal maar so bly jy kan niks vir hom leer of maak nie.Die beste is los hom maar as n tjom jy gaan niks mis nie.Hy sal n gommie bly en al die manne wat daar wil jag se name met n plank slaan
Beretta
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Jagreels

Post by Cobus(Cobb) »

Die anner man wat eendag saam jag (met geleende geweer), skiet alles mis, seker op so 4 of 5  bokke gemik, tussen 150m-200m en alles was mis, geweer kry die skuld.
Elke aand om die vuur vat hy die meeste van almal iets vir die keel en sy verskonings raak meer volop.... ???...die man het ook geld sonder einde...
Op die laaste dag dril hy 'n BWB op so 30m, spring windgat van die bakkie af en skree kliphard...

"ek s? julle mos ek kan skiet!!"

My gevoel was dat hy nie eers na dag 1 weer 'n beurt moes kry nie....maar nou ja, dit was nie my geldkoffers wat hy moes vul nie..

Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Jagreels

Post by Beretta »

Cobb
Eish die gene
User avatar
Jacquesb
Hero Member
Hero Member
Posts: 1241
Joined: Sat Mar 17, 2012 11:24 am

Re: Jagreels

Post by Jacquesb »

Hallo manne
In kort, 'n jagter en wildboer gaan 'n kontrak aan, waar beide regte en verpligtinge het.
Waarom word van jagters net vereis om n vrywaring en jagreels (soms ook 'n pryslys) te onderteken en die kontrak verder is mondelings. Die jagter moet maar verlief neem met die metingsmetodes, addisionele pryse  ens vat toegepas word terwyl dit soms nie in skrif is nie.
Almal moet dit benader as 'n saketransaksie waar die volle ooreenkoms in skrif gestel is, dan kan daar geen onduidelikheid wees nie.
Die boer moet ook nie skroom om die kontrak aan die jagter te stuur voordat 'n bespreking nog gemaak is nie. Dit sal vertroue inboesem.
Groete
Jacques
30-06 Spr K98 Mauser, 6.5x57 M1904 Mauser, Krupp Essen .22 Hornet, 9mmP Heckler & Koch USP Compact, .177 Hatsan Torpedo 1250 f/s, .177 Gamo Whisper 1000 f/s.
Fanie

Re: Jagreels

Post by Fanie »

My twee sente in de blik.

Mense is oor die algemeen vreeslik gretig om reels te maak - en dit self nie na te wil kom nie. 

Om sommer uit die staanspoor te se ek sit nie my geweer in jou kluis om namens my te beveilg nie.  As enige iets verkeerd gaan en jy moet dringend erens heen moet iemand jou kluis oopsny...  Moenie dat dit word soos in jy moet toesig hou en grootmense soos kinders begin behandel nie.  Maar vra gerus, dit klink of daar wel ouens is wat wil he ander moet toesig oor hulle hou :D

As iemand jou miskien vra om sy geweer toe te sluit vir 'n bepaalde rede is dit dalk 'n ander saak, maar dit maak die boer dan aanspreeklik vir iemand anders se verantwoordelikheid.  Dit is altyd gerieflik as mense met meer as een geweer sy eie plek het om in toe te sluit, elkeen is dus verantwoordelik vir sy eie en hy betaal natuurlik die sleutel as hy die ding weggooi.

Ek voel daar is plek vir sekere reels maar oppas dat dit nie onnodig gekompliseerd en beperkend is nie.  Niks word so gou frustrerend as daar eers reels vir reels vir alles verskyn nie.  Ek dink soms dit is beter as daar geen reels is nie omdat reels nie vir mense kan dink nie en maak dit eerder duidelik dat jy op die mense se integriteit reken dat alles vlot en reg sal verloop.  As jy mense verantwoordelikheid gun sal hulle verantwoordelik optree, as jy dit ontneem sal hulle onverantwoordelik wees.

Veiligheid en veilige hantering van wapens is iets wat die geweer eienaar se verantwoordelikheid is anders moet daai ou in die eerste plek nie 'n geweer he nie, maar as jy sien iemand is onhandig of onseker help die ou en wys wat is die regte manier en verduidelik hoekom.  Soos as die ou so draai met die geweer sodat die loop deur almal swaai en jy wys hom daarop dan as hy se hy weet die geweer is ontlaai is verseker nie 'n rede nie, dit laat almal baie ongelukkig en bedreig voel.

Baie boere wil nie kleiner as 0.3 of 7mm toelaat nie juis oor die risko van kwes, natuurlik afhangende wat jy gaan skiet.

1) Bedrag/persentasie op misskote.
Hoe gebeur 'n misskoot ? As mens 'n misskoot weens onvoorsiene omstandighede beleef is dit roekeloos of per ongeluk ?  Persoonlik dink ek ouens wat roekeloos skiet moet nie eers daar wees nie.  As die ou voel hy wil skiet om te skiet dan is die inskiet baan daar en hy kan soveel skiet as wat hy wil - maar in die veld moet dit oordeelkundig en beheerd deur homself gedoen word.

2) Hoe wil julle die pryse sien? BTW in of uit?
Alles in aub.

3) Vuurmaakhout. Mag daar n beperking wees en indien wat voel jy is n billikke bedrag daarop?
As daar is, baie dankie, anders se wat dit kos en of jy jou eie moet bring.  As daar is en dis gratis is dit 'n bonus.

4) Indien n fout in die veld gemaak word op n dier soos bv n jong manlike dier, hoe moet dit gehanteer word?
Betaal maar vir wat jy skiet as jy nie seker wil maak nie.  As jy nie seker is jy gaan die regte skoot skiet nie moet liewer nie skiet nie.  Party mense voel hulle het iets om te bewys en dit is nie nodig nie.  Skakel ook die kansvatters uit wat dink hy kan dalk daarmee wegkom.

5) Wil n mens die Outfitter/Plaaseienaar deel he van jou kuier of wil jy hom ontmoet en weer sien met betaling?
Ja, dit is altyd goed om te hoor wat is waar en wat om te verwag en hoe lyk dit en om onderlinge verwagtinge wat nie reels is nie aan te spreek.  Dit is baie meer persoonlik as die boer saam kuier en mens leer mekaar bietjie ken.  Dit is mos 'n sosiale aangeleentheid ook.

6) Hoe verkies jy om betaling te doen? In vandag se tye wat is die beste manier?
Ek hou nie daarvan om te betaal nie maar as dit moet is elektroniese betaling, as die fasiliteit bestaan, altyd die maklikste.  Ek haat dit om met geld rond te ry.
Last edited by Fanie on Tue May 08, 2012 7:58 pm, edited 1 time in total.
User avatar
Jan Nel
Full Member
Full Member
Posts: 225
Joined: Mon Oct 17, 2011 9:48 am

Re: Jagreels

Post by Jan Nel »

Manne
Werkbare reels wat maklik toepassing vind, regverdig is en misverstande uitskakel is die vereiste.  Ek is self ?n grondeienaar en boer met wild maar jag ook gereeld op ander bestemmings, so ek sit op beide stoele. Oor van ?n paar gevalle genoem, die volgende.
- Vrywaring moet by aankoms geteken word.  Reg van toegang word altyd voorbehou.  Skiet ?n jagter heeltyd mis wat negatiewe gevolge het, bv diere word onnodig wild, die jagter gedra hom swak, etc, dan oefen die boer sy reg van toegang remedie uit of verbied verdere jag deur daardie spesifieke persoon.
- Van jagters word verwag om nie misskote te skiet nie, maar dit gebeur wel en ook met die beste skuts.  Meeste jagters skiet, hetsy oefen en/of jag, maar net ?n paar keer per jaar.  Dit is die realiteit.  Ek voel as daar bloed is en die dier dus gewond is, word die bok na geskiet ten volle betaal.  Geen bloed word as misskoot geag ? geen betaling.
- Party kere herstel gewonde bokke, en kan weer gejag word, plus vir die boer.  Bokke wat egter erg swaar gewond, en as gevolg daarvan in swak kondisie is, moet doodgeskiet word wanneer gevind (maak nie saak deur wie nie), sonder betaling.  Natuurlik slegs indien oorspronklike skut reeds plaas verlaat het.
- Prakties gebeur dit wel dat die boer vir sekere bokke nie betaal word nie omdat daar nie bloed was nie, maar die ?verlies? word weer opgemaak deur gekweste diere wat herstel.  Dit help natuurlik ook as die boer sorg dat sy gidse/PH behoorlik opgelei is sodat bloed gevind en die spoor behoorlik gestap kan word...
- Om misskote te penaliseer met volle betaling vir die bok waarna geskiet is, is waarskynlik onwettig itv die Conventional Penalties Act en die nuwe Verbruikers Wet.  Ek self sal nie by so plaas gaan jag nie, suiwer uit beginsel.  Selfs persentasies voel ek is onredelik.
- ?The price you see, is the price you pay? ? sluit BTW in jou geadverteerde pryse in.  As nog een boer wanneer dit by betaling kom, sonder dat ek VOORAF daarop attent gemaak was, aandring daarop dat hy BTW wil byvoeg wanneer dit by betaling kom, gaan ek weier om dit te betaal.  Die praktyk is onwettig en misleidend en laat ALTYD ?n slegte smaak na. 
- Boere, installeer ?n wapenkluis in die huis/chalet/tent waar die jagter tuisgaan, dit is nie duur nie.  Alle wapens word in kluis toegesluit na jag vir die dag.
- Boer verskaf redelike hout vir kosmaak (by dagfooie ingesluit), ekstra hout kan deur jagter gekoop of saamgebring word.
- Maak dagfooie ten volle betaalbaar wanneer bespreking gemaak word.  Balans van rekening per EFT voor vertrek vanaf plaas.  Die boer moet sorg dat internet verbinding beskikbaar is.
- Kontant word al hoe groter probleem, dit kan gou bekend word dat groot hoeveelhede kontant aangehou word nadat jagters daar was...  Ek persoonlik aanvaar GEEN kontant betalings op die plaas nie en my werkers weet dit.
- Foute in die veld is die persoon wat die sneller getrek het se probleem .  Sit alle spesies diere wat op die plaas voorkom op die pryslys (toegelaat vir jag of nie, horinglengte mates, ens) en sit ?n prys by.  As jy bv nie Rooibok ooie geskiet wil he nie, maak die prys so dat indien iemand ?n ooi skiet, jy ok is daarmee.  Dan is niemand kwaad nie.
- Met bespreking , stuur aan die jagter VOLLEDIGE reels (ingesluit vrywaring) en pryslys, dan kla niemand later nie.
- Ons almal het wyd en syd gekla oor hoe onprakties en ongegrond minimum kalibers en koeelgewigte vir doodmaak van sekere wild is wat die Staat deur regulasie wou voorskryf ? ons kan nie dieselfde wil doen nie.  So, geen sodanige voorskrifte nie.  Sou iemand nou regtig simpel wou wees en bv ?n Eland met ?n .22LR wou jag, gebruik jou ?reg van toegang voorbehou? uitweg.
- Die kwessie oor boer /gaste se oor en weer kuier, is maar op gevoel.  Ek het al by boere gaan jag met wie ek nie wou kuier nie, van die boere het my groot pelle geword, van my kliente het groot pelle geword en ander kliente wou ek wegjaag...
Lekker jag!
Jan
Fanie

Re: Jagreels

Post by Fanie »

Mooi pos Jan, ek hou van wat ek gelees het !
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Jagreels

Post by Marc »

Fanie wrote: Mooi pos Jan, ek hou van wat ek gelees het !
Ek ook Fanie

Dit is 'n mooi opsomming en ek hoop manne gaan dit lees  ;)

Groetnis
Marc
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Problem Animal Control
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 385
Joined: Tue Sep 15, 2009 8:16 pm

Re: Jagreels

Post by Problem Animal Control »

Alles in n neutedop,baie goed gestel Jan
9mm S&W
9mm Norinco
.38Spl Luger
.38Spl Luger
.22BRNO
.22Krico
.22Hornet
.44Magnum Ruger
.410
12Br CBC
12Br S&W
12Br S&W
.303BSA
.308BRNO (ou betroubaar)
Ruger Mini14 223

Solank daar lood in die lug is,het ons hoop!!!!
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: Jagreels

Post by grumpy »

Lyk baie lekker om daar te gaan jag!!! ;D ;D
Henry 7
Hero Member
Hero Member
Posts: 511
Joined: Fri Mar 30, 2012 9:14 am

Re: Jagreels

Post by Henry 7 »

Hier by my is Bles-Spring en Ribbokke-as ek wil gaan skiet wil ek iets anders skiet en dis vir my lekker om saans om'n vuur te wees en 'n ander natuur te geniet.Ek wil nie in 'n huis of so iets bly nie--ek vra net 'n boom,watertenk en hout ma dit lyk my sulke plekke is skaars.
As ek 'n plek sien waar oor 'n sekere lengte horings sommer R5000 of meer kos stel ek nie belang nie-wie maak daai call om te skiet of nie?
Almal ken nie horings so presies nie so as jou werker saam met my stap wat nou/--ek is nie daar vir 'n trofee nie en ken nie die verskil tussen 'n 49' en 50' kudu nie.
Is PH's nie maar meer vir trofee en groot 5 jagte nie-gaan dom klink ma ek vra net.
Henry
User avatar
Problem Animal Control
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 385
Joined: Tue Sep 15, 2009 8:16 pm

Re: Jagreels

Post by Problem Animal Control »

Henry
Ja,ek en n boer het amper eendag sleg baklei toe ek vir hom vra wie daai "call" op die horinglengte gaan maak. Hy reken:Ek is mos n toegewyde jagter en moet die "call" self maak want ek moet daartoe instaat wees,nodeloos om te se,ek het en sal nie weer daai ou kontak vir jag nie.
9mm S&W
9mm Norinco
.38Spl Luger
.38Spl Luger
.22BRNO
.22Krico
.22Hornet
.44Magnum Ruger
.410
12Br CBC
12Br S&W
12Br S&W
.303BSA
.308BRNO (ou betroubaar)
Ruger Mini14 223

Solank daar lood in die lug is,het ons hoop!!!!
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7557
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Jagreels

Post by Wouter Roets »

PAC/Manne

Hoe nou gemaak in die geval? Waar trek n mens die streep of hoe hanteer mens dit?

Groetnis
Wouter
Last edited by Wouter Roets on Wed May 09, 2012 1:47 pm, edited 1 time in total.
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
Fanie

Re: Jagreels

Post by Fanie »

Die gids of PJ moet kan se of dit 'n trofee dier is of nie, anders moet die boer tevrede wees met jou oordeel.

My pel sien die blouwildebeeste en kan net die skouer van die een blouwildebees sien.  Die gids se dis reg en toe hulle daar kom is dit 'n vierde generasie goue wildebees met sy geel tag op die oor.  Kon hom nie blameer nie, die gids het gese dis reg en hy het meer as een keer gevra.  Nie 'n gelukkige gebeurtenis nie...  Ek wil by se dat as die' gids nie saam was nie dan sou my pel waarskyblik nie die skoot gemaak het nie.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7557
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Jagreels

Post by Wouter Roets »

Fanie

Regverdig n dagfooi van kom ons se R350-R400 die beskikbaarstelling van n PH per jagter? Hoefeel gidse kan horing lengtes skat? Het die skut/jagter dan geen verantwoordelikheid in die bepaling of hy die sneller gaan trek of nie?

Baie min mense kan met sekerheid se of n koedoe 49 of n 50 duimer is. Maar die meeste kan darem die onderskeid tref tussen n 45 duimer of n 50 duim bul. Wel as jy nie kan nie moet jy maar liefs nie jouself as n jagter voordoen nie. Wat ek probeer se is dat waneer n mens onseker is los dan eerder. Waag die skoot en jy is aan die verkeerde kant van die saak dan is dit maar hoes Piet. dit bly die persoon wat die sneller trek se verantwoordelikheid! As jy as jagter nie wil pa staan vir dit nie moet jy bereid wees om n oorsese dagtariewe te betaal vir die gebruik van n PH.

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
Fanie

Re: Jagreels

Post by Fanie »

As die boer se so groot en groter is 'n trofee dier en as die jagter die kans wil waag en dit is dan 'n trofee dier dan moet hy maar bereid wees om die koste te betaal.  Sover ek dit het is dit algemeen so aanvaar.  Ek het nie bedoel dis nou maar die boer se verlies nie, anders gaan almal se 6" naderhand 12" wees.

Dit hang maar van die boer af hoe toegeeflik hy wil wees.  Die bok wat net-net nie nou trofee is nie sal oor 'n jaar een wees, en oor 'n paar jaar se droog word gaan die trofee in elk geval gekrimp het tot onder trofee status, so dit word nou 'n dun draad om oor te loop.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7557
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Jagreels

Post by Wouter Roets »

Fanie

Jy het my nou so bietjie deurmekaar met jou laaste twee skrywes of lees ek nou soos my alie? Jou eerste een se jy die PH of die gids moet die call maak. Stem jy dan nou met jou laaste dat dit die jagter is wat die besluit sowel as die risiko moet dra?

Luddie verlede jaar was daar twee jagters op een van ons trippies wat ook na die trofee kant gekwalifiseer het. Die een wad met 1/16 en die ander ook soos jy met n 1/8. Die verskil was 5000 smackers. Snaaks was beide die korter horings onder die 50 duim merk. In so n geval skiet maar nog n skoot op die horings as jy twyfel en wag vir die bakkie om jou te kom optel! ;D

Groetnis
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Jagreels

Post by BLOK »

Ludwig wrote: Wout, ek sal lang trane huil as ek R5000 ekstra moet betaal vir 'n 1/16" stukkie horing. Dis 1.6mm  Ek sal maar die boer vra om aan die einde van die naweek net weer seker te maak oor die lengte en hoop daai horing het 1.6mm gekrimp in die koelkamer  :P
Eish!!!

Ek dink ek sit en bewonder hulle eerder die hele naweek langs die kamp se vuur en betaal maar eerder vir die ekstra hout wat ek uitbrand.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7557
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Jagreels

Post by Wouter Roets »

Luddie

Dit was wel so gewees. Die trane het gevloei daar om die vuur en die een knaap se jag was toe ook sommer oor. Hy het n halfuur voor hy die een geskiet het n kleiner horing met n baie mooi lyk oor gesien. Hy het gevoel hy kon beter doen as die een. Wel hy het toe! ;D

Ek het weer gescore want dit was op hierdie einste plaas wat ek daai 60,5 duimer geskiet het vir dieselfde prys. Some you lose, some you win! ;)

Groetnis
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
Fanie

Re: Jagreels

Post by Fanie »

Hi Wouter,

Die gids/ph is daar om die jagter te adviseer en te ondersteun.  As ek in die veld is en die gids/ph se dis ok en ek skiet die dier en dis wel 'n trofee dier wil ek nie daarvoor betaal nie.  Ek verwag die boer moet hier bietjie toegeeflik wees, die trofee grootte behoort in alle waarskynlik skaars trofee te maak.

As die gids/ph se dit is dalk 'n trofee dier dan rus die onus op die jagter.  As hy nie die kans wil vat nie kies hy 'n ander bok.  As hy hom wel skiet en dis 'n trofee dan betaal hy.

Onthou die boer besluit van hoe groot af as trofee diere beskou moet word.  Die gids/ph sal in alle waarskyblikheid 'n beter idee he as wat ek bv het wat nie so baie met die diere te doen het nie, so die gids/ph se oordeel is iets werd.
Zack Benade

Re: Jagreels

Post by Zack Benade »

Wouter, Fanie

Ek sien dit as twee verskillende senario's.

As die gids daar is om die biltong jagter te vergesel en slegs die diere help opspoor is dit die skut se vanantwoordelikheid as hy 'n trofee dier skiet.  Dit was sy oordeel om die dier te kies wat hy wil skiet.

As die gids daar is om vir die biltong jagter 'n dier te laat uitsonder en uitwys en dan die jagter aan te hits om 'n spesifieke dier te skiet is hy net so verantwoordelik as dit jagter 'n trofee dier skiet. 

Dit is die plaaseienaar se verantwoordelikheid om die gidse op te lei om trofee en biltong jagters te vergesel.  Daar is 'n groot verskil in die twee se behoeftes. Gidse moet weet wat van hulle verwag word want die jagter betaal R300-R400 per dag.

Volgens my moet 'n gids beter opgelei wees as 'n gemiddelde jagter.  Anders hoe kan dit verwag word om 'n jagter te lei.(gids)

Groete
Zack
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7557
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Jagreels

Post by Wouter Roets »

Manne

Ek redeneer so hieroor. As n jagter die gids wil gebruik om diere op te spoor is dit sy keuse. Om te verwag van n gids om n skatting te maak of die dier bv 50 duim is of onder is vir my bietjie baie gevra. By my werk dit so. As n dier opgespoor is deur die gids beweeg hy dan uit die prentjie en neem die jagter oor met die gids agter hom. Die jagter maak die keuse of hy wil skiet en staan ook dan pa vir alles wat dit mag inhou. As hy die mening van die gids vra is hy welkom maar die onus berus nog steeds by hom.

Die pryslys is baie duidelik oor die verskille en as die jagter onseker is oor die dier se groote dan moet hy eerder die dier laat gaan en een skiet waarvan hy meer seker is. Onder geen omstandighede rus die onus op die gids. Plase waar ek jag en deur n gids vergesel word bevind daai gids hom 20m agter my. Hy is net n opserveerder en lokasie aanduider van die grond en niks meer nie. Maar dis nou maar net ek, die meeste jagters maak maar gebruik van die gods om die jagwerk te doen.

Om te verwag van n gids om horinglengte skatting te doen is regtig darem te veel gevra. By ons is daar drie pryse op koedoes en ek voel dat dit darem nie te moeilik is om tussen jong bullietjies >30 duim, groter bulle tussen 30-50 duim en dan trofee oor 50 duim te onderskat nie. As jy onseker is los dan of dra die finansiele skade soos n man. As jy wil iemand he wat die call moet maak op die dier dan betaal jy n PH fooi vir jou jagdae. Ek stem as die eienaar/bestuurder by is en hy gee die groen lig vir n dier dan le die risiko by hom. As jy vooraf se jy het nie benul van horinglengtes nie en die eienaar stuur n gids saam om die skatting te doen namens jou le die risiko ook by die eienaar en nie by die jagter nie. Hierdie goed moet maar net geliefs voor die tyd uitgeklaar word dan is die saak mos reg en die kind kan maar Wit Willem gedoop word.

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
Post Reply