My twee sente in de blik.
Mense is oor die algemeen vreeslik gretig om reels te maak - en dit self nie na te wil kom nie.
Om sommer uit die staanspoor te se ek sit nie my geweer in jou kluis om namens my te beveilg nie. As enige iets verkeerd gaan en jy moet dringend erens heen moet iemand jou kluis oopsny... Moenie dat dit word soos in jy moet toesig hou en grootmense soos kinders begin behandel nie. Maar vra gerus, dit klink of daar wel ouens is wat wil he ander moet toesig oor hulle hou
As iemand jou miskien vra om sy geweer toe te sluit vir 'n bepaalde rede is dit dalk 'n ander saak, maar dit maak die boer dan aanspreeklik vir iemand anders se verantwoordelikheid. Dit is altyd gerieflik as mense met meer as een geweer sy eie plek het om in toe te sluit, elkeen is dus verantwoordelik vir sy eie en hy betaal natuurlik die sleutel as hy die ding weggooi.
Ek voel daar is plek vir sekere reels maar oppas dat dit nie onnodig gekompliseerd en beperkend is nie. Niks word so gou frustrerend as daar eers reels vir reels vir alles verskyn nie. Ek dink soms dit is beter as daar geen reels is nie omdat reels nie vir mense kan dink nie en maak dit eerder duidelik dat jy op die mense se integriteit reken dat alles vlot en reg sal verloop. As jy mense verantwoordelikheid gun sal hulle verantwoordelik optree, as jy dit ontneem sal hulle onverantwoordelik wees.
Veiligheid en veilige hantering van wapens is iets wat die geweer eienaar se verantwoordelikheid is anders moet daai ou in die eerste plek nie 'n geweer he nie, maar as jy sien iemand is onhandig of onseker help die ou en wys wat is die regte manier en verduidelik hoekom. Soos as die ou so draai met die geweer sodat die loop deur almal swaai en jy wys hom daarop dan as hy se hy weet die geweer is ontlaai is verseker nie 'n rede nie, dit laat almal baie ongelukkig en bedreig voel.
Baie boere wil nie kleiner as 0.3 of 7mm toelaat nie juis oor die risko van kwes, natuurlik afhangende wat jy gaan skiet.
1) Bedrag/persentasie op misskote.
Hoe gebeur 'n misskoot ? As mens 'n misskoot weens onvoorsiene omstandighede beleef is dit roekeloos of per ongeluk ? Persoonlik dink ek ouens wat roekeloos skiet moet nie eers daar wees nie. As die ou voel hy wil skiet om te skiet dan is die inskiet baan daar en hy kan soveel skiet as wat hy wil - maar in die veld moet dit oordeelkundig en beheerd deur homself gedoen word.
2) Hoe wil julle die pryse sien? BTW in of uit?
Alles in aub.
3) Vuurmaakhout. Mag daar n beperking wees en indien wat voel jy is n billikke bedrag daarop?
As daar is, baie dankie, anders se wat dit kos en of jy jou eie moet bring. As daar is en dis gratis is dit 'n bonus.
4) Indien n fout in die veld gemaak word op n dier soos bv n jong manlike dier, hoe moet dit gehanteer word?
Betaal maar vir wat jy skiet as jy nie seker wil maak nie. As jy nie seker is jy gaan die regte skoot skiet nie moet liewer nie skiet nie. Party mense voel hulle het iets om te bewys en dit is nie nodig nie. Skakel ook die kansvatters uit wat dink hy kan dalk daarmee wegkom.
5) Wil n mens die Outfitter/Plaaseienaar deel he van jou kuier of wil jy hom ontmoet en weer sien met betaling?
Ja, dit is altyd goed om te hoor wat is waar en wat om te verwag en hoe lyk dit en om onderlinge verwagtinge wat nie reels is nie aan te spreek. Dit is baie meer persoonlik as die boer saam kuier en mens leer mekaar bietjie ken. Dit is mos 'n sosiale aangeleentheid ook.
6) Hoe verkies jy om betaling te doen? In vandag se tye wat is die beste manier?
Ek hou nie daarvan om te betaal nie maar as dit moet is elektroniese betaling, as die fasiliteit bestaan, altyd die maklikste. Ek haat dit om met geld rond te ry.