Wanneer het ek enigiets teenstrydig met dit ges??Piet Breedt: Jy kan maar die spoed opjaag soos jy wil, as jy iets oppad na die teiken raakskiet, gaan dit n impak op die koe?lbaan h?.
Waar het ek ges? ek wil die resultaat verwyder h??Piet Breedt: Dit help nie jy wil die resultate verwyder h? slegs omdat jou of enige van die koe?ls nie teen n presiese bepaalde spoed gelanseer was nie.
Hoekom dink jy dat jou standpunt anders is as myne?Piet Breedt: Ek is bereid om presies dieselfde toets oor te doen met koe?ls wat jy self laai tot jou gegewe spoed Gerard, om my standpunt te staaf.
Koos B het ges?: "In een ander post het ek ges? dat die Rhinos, die GS en nog 'n fabrikaat gesneuwel het en ek staan daarby." Op 'n ander bespreking s? hy die 375 is op spec gelaai (2900vps) maar die gemete spoed is eintlik 2800vps en dit is 250vps onder die spec vir die koe?l met 'n 21" loop. Koos B gebruik fabrieksladings wat op spoed loop en vergelyk dit met afgelaaide handladings. Teen watter spoed is die ander handladings in die toets gelaai? Dink jy dit is reg so?Piet Breedt: Kyk mooi wat Koos probeer doen het. Hy het geensins op enige fabrikaat probeer pik nie, net die feite geur gegee, selfs op sy eie self erkende "favorites"
Hoekom sal jy dit graag wil doen? Ek het die toets gedoen meer as 15 jaar gelede met 'n groter verskeidenheid van koe?lfabrikate en met heelwat meer skote as drie per fabrikaat. Ek het dit vir my eie inligting gedoen, gesien wat gebeur en dienooreenkomstig ontwerp. Om watter aardse rede moet ek herhaal wat ek reeds gedoen het en waar Koos G en Koos B se werk bevestig het wat ek reeds weet?Piet Breedt: Ek sal graag die toets wil laat herhaal waar jy dit self doen onder toesig van onafhanklikke skuts en Jagters wat ons self op die forum kan aanstel.
Waar is die twyfel aan die resultaat wat hier verkry is? Het ek die resultaat betwyfel? Wys my asseblief waar ek so ges? het. Jy l? woorde in my mond. Hoekom doen jy dit?Piet Breedt: Dan kan daar mos geen twyfel wees nie, en Magnum of Koos hoef nie eers naby te wees.
Van almal hier behoort jy te weet hoe kritiek die regte spoed kan wees wanneer dit kom by dit wat mens verwag van jou gegewe stelsel.
Dit is agt vrae, ek wag vir jou antwoorde.
-------------------------------------------------------
Aan die moderators. Ek was onder die indruk dat persoonlike beledigings en doelbewuste uitbuiting van mense nie geduld sal word nie. Vlakvark, Boertjie, Beretta en ander kan egter sulke bydraes plaas en niks word gedoen nie. Julle as moderators praat uit albei hoeke van julle monde met twee verskillende stories.
-------------------------------------------------------
Op hierdie bespreking alleen het ten minste 5 jagters vertel hoe hulle kort gekom het omdat hulle iets raakgeskiet het wat hulle nie tussen die geweer en die teiken opgelet het nie. Sulke dinge gebeur en dit gebeur meer dikwels as wat voorgegee word. Om anders voor te gee is skeinheilig.
Sou julle verkies dat ek nie hieraan aandag gegee het nie? Ek het baie duidelik ges? dat daar nie deur obstruksies geskiet moet word nie maar, wanneer dit gebeur, is die kanse op sukses beter met GSC koe?ls as met ander fabrikate. Dit is bewys deur die voorbeelde wat hier gegee is.
Verwat word daar dan voorgegee dat GSC 'n voorstander is dat deur obstruksies geskiet kan word en dat dit as roetiene gedoen kan word? Het julle stemmetjies in julle koppe wat vir julle ander goed vertel as wat hier geskryf word? Ek spreek 'n probleem aan wat deur almal ondervind word, op die een of ander stadium, en word dan daarvoor gekasty. Wat is die probleem?
Aan die manne wat nie deel van die groep is nie, want daar is 'n groep en julle weet wie julle is, vra ek verskoning vir die onaangenaamheid.
Geniet die lekker gesels en die tas in die donker. Duidelik is die meerderheid hier tevrede met die stand van sake en het geen verdere ontwikkeling, raad of kennis nodig nie.


