Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post Reply
Gerard

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by Gerard »

Piet Breedt,
Piet Breedt: Jy kan maar die spoed opjaag soos jy wil, as jy iets oppad na die teiken raakskiet, gaan dit n impak op die koe?lbaan h?.
Wanneer het ek enigiets teenstrydig met dit ges?? 
Piet Breedt: Dit help nie jy wil die resultate verwyder h? slegs omdat jou of enige van die koe?ls nie teen n presiese bepaalde spoed gelanseer was nie.
Waar het ek ges? ek wil die resultaat verwyder h?? 
Piet Breedt: Ek is bereid om presies dieselfde toets oor te doen met koe?ls wat jy self laai tot jou gegewe spoed Gerard, om my standpunt te staaf.
Hoekom dink jy dat jou standpunt anders is as myne? 
Piet Breedt: Kyk mooi wat Koos probeer doen het. Hy het geensins op enige fabrikaat probeer pik nie, net die feite geur gegee, selfs op sy eie self erkende "favorites"
Koos B het ges?: "In een ander post het ek ges? dat die Rhinos, die GS en nog 'n fabrikaat gesneuwel het en ek staan daarby." Op 'n ander bespreking s? hy die 375 is op spec gelaai (2900vps) maar die gemete spoed is eintlik 2800vps en dit is 250vps onder die spec vir die koe?l met 'n 21" loop.  Koos B gebruik fabrieksladings wat op spoed loop en vergelyk dit met afgelaaide handladings.  Teen watter spoed is die ander handladings in die toets gelaai?  Dink jy dit is reg so?
Piet Breedt: Ek sal graag die toets wil laat herhaal waar jy dit self doen onder toesig van onafhanklikke skuts en Jagters wat ons self op die forum kan aanstel.
Hoekom sal jy dit graag wil doen?  Ek het die toets gedoen meer as 15 jaar gelede met 'n groter verskeidenheid van koe?lfabrikate en met heelwat meer skote as drie per fabrikaat.  Ek het dit vir my eie inligting gedoen, gesien wat gebeur en dienooreenkomstig ontwerp.  Om watter aardse rede moet ek herhaal wat ek reeds gedoen het en waar Koos G en Koos B se werk bevestig het wat ek reeds weet?
Piet Breedt: Dan kan daar mos geen twyfel wees nie, en Magnum of Koos hoef nie eers naby te wees.
  Waar is die twyfel aan die resultaat wat hier verkry is?  Het ek die resultaat betwyfel?  Wys my asseblief waar ek so ges? het.  Jy l? woorde in my mond.  Hoekom doen jy dit?

Van almal hier behoort jy te weet hoe kritiek die regte spoed kan wees wanneer dit kom by dit wat mens verwag van jou gegewe stelsel.

Dit is agt vrae, ek wag vir jou antwoorde.
-------------------------------------------------------
Aan die moderators.  Ek was onder die indruk dat persoonlike beledigings en doelbewuste uitbuiting van mense nie geduld sal word nie.  Vlakvark, Boertjie, Beretta en ander kan egter sulke bydraes plaas en niks word gedoen nie.  Julle as moderators praat uit albei hoeke van julle monde met twee verskillende stories.
-------------------------------------------------------
Op hierdie bespreking alleen het ten minste 5 jagters vertel hoe hulle kort gekom het omdat hulle iets raakgeskiet het wat hulle nie tussen die geweer en die teiken opgelet het nie.  Sulke dinge gebeur en dit gebeur meer dikwels as wat voorgegee word.  Om anders voor te gee is skeinheilig. 

Sou julle verkies dat ek nie hieraan aandag gegee het nie?  Ek het baie duidelik ges? dat daar nie deur obstruksies geskiet moet word nie maar, wanneer dit gebeur, is die kanse op sukses beter met GSC koe?ls as met ander fabrikate.  Dit is bewys deur die voorbeelde wat hier gegee is. 

Verwat word daar dan voorgegee dat GSC 'n voorstander is dat deur obstruksies geskiet kan word en dat dit as roetiene gedoen kan word?  Het julle stemmetjies in julle koppe wat vir julle ander goed vertel as wat hier geskryf word?  Ek spreek 'n probleem aan wat deur almal ondervind word, op die een of ander stadium, en word dan daarvoor gekasty.  Wat is die probleem?

Aan die manne wat nie deel van die groep is nie, want daar is 'n groep en julle weet wie julle is, vra ek verskoning vir die onaangenaamheid.

Geniet die lekker gesels en die tas in die donker.  Duidelik is die meerderheid hier tevrede met die stand van sake en het geen verdere ontwikkeling, raad of kennis nodig nie.
Last edited by Gerard on Tue Oct 16, 2012 11:09 pm, edited 1 time in total.
User avatar
Kerneels S.
Full Member
Full Member
Posts: 139
Joined: Tue Jul 31, 2012 8:34 am

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by Kerneels S. »

Gerhard
Ek stem saam met jou. Wat geld vir een geld vir almal. Ons is hier om te leer op die forum en nie om ander te beledig. Die beledigings moet nou stop gesit word. Toon asb 'n bietjie respek vir ander.
Asb mense word groot!!

Kerneels S.
.22 Brno, .22 Zidi(Hornet), .223 Ruger, .243 Ruger, .270 Sako, .25-06 Rem, .308 Weatherby, .303 Lee Enfield, .30-06 Howa, .30-30 Marlin, .300 Weatherby Mag, .375 H&H, 12 BR Browning Citori Grand Lightning, .9mm Para, .44 Mag Super Black Hawk, 7.63mm Broomhandle Mauser
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by Beretta »

Vlakvark
Ek sal sover n R 100. 00 sponser vir Grumpy se kaartjie en dieselfde bedrag vir Piet se toets.
Beretta
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2149
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by Koos Barnard »

Dags?
In antwoord #47 s? Gerard dat ek die 200gr 400vps onder die maksimum laai en 300vps stadiger as waarvoor die koe?l bedoel is. In sy laaste reply s? hy dat ek die koe?l 250vps onder die spec laai vir 'n 21" loop. Wat ek dus gaan doen om Gerard se koe?l regverdig te behandel is om dit op die spec te laai maw 2800fps +250 = 3050vps en dit dan deur die dowels te skiet. Sorry Gerard, jy dwing my om die ignore knoppie te los. Ek gaan hierdie glad nie doen om vermakerig te probeer wees nie, bloot om jou koe?ls te skiet teen die snelheid wat jy verlang. Help my asseblief reg. Die snelhede vir die 243 was 3439vps en die vir die .30-06 3160vps. Is daardie specs reg? Beide die gewere skiet akkuraat met daardie ladings.

Nog iets, en dit is ook 'n vraag omdat ek wil leer. Wat gebeur as die obstruksie verder weg van die tromp is (s? 100 of 150m) en die koe?l se snelheid wat 3050vps by die tromp was, het gedaal tot s? 2800vps? Is die kans dan steeds groter dat die GS beter sal doen as ander koe?ls as jy per ongeluk 'n tak raak skiet? Die gevolgtrekking wat ek uit my toets gekry het is dat daar geen koe?l is wat onaangeraak gelaat word as daar selfs net een takkie raakgeskiet word nie. Verder, dat daar geen konsekwentheid is nie - 'n koe?l trek of reguit of dit wyk af in 'n mindere of meerdere mate en jy kan nooit werklik voorspel wat gaan gebeur nie.
Mooi loop
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by Eugene »

Koos Barnard wrote: Verder, dat daar geen konsekwentheid is nie - 'n koe?l trek of reguit of dit wyk af in 'n mindere of meerdere mate en jy kan nooit werklik voorspel wat gaan gebeur nie.
Mooi loop
Julle ouens het duidelik nie daai fliek gekyk waar die man om Angelina Jolie skiet en dan nog steeds die bull tref nie! En dit alles net met 'n gewrigsbeweging.... :angel:

Mythbusters het dit getoets, maar sonder Angelina Jolie,  so daai toets is nie reg gedoen nie ;)
Aim small, miss small
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2484
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by Flip Nel »

Eugene

Dit sou 'n groot sonde gewees om Angelina Jolie raak te skiet, dis hoekom daai koeel so wyd om haar gegaan het ;D
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by James Wilson »

Koos, jy doen nou adisionele moeite is dit werklik nodig? wat my betref was jou eerste toets meer as voldoende.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3137
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by Chevvy SS »

Hier kan we verwarring wees met die toetse. My gevpel is dat alle koe?ls deur dieselfde medium geskiet moet word. Party moet nie die kante "kiss" en ander deurgaan nie.
User avatar
Johan JvR
Hero Member
Hero Member
Posts: 617
Joined: Mon May 16, 2011 10:06 am

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by Johan JvR »

James +1
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by Eugene »

Ek dink nie daar is enige foute met enige van die twee toetse wat deur Koos Biltongjagter of Koos Barnard gedoen is nie. Dit is duidelik uit beide toetse dat ENIGE tipe en fabrikaat koe?l van vlugbaan gaan verander indien dit in aanraking kom met 'n obstruksie. Ek dink, met respek, nie dat 'n ander spoed, noemenswaardige verandering in die resultate sal veroorsaak nie.

Beide toetse was uiters interessant en het verskeie mites laat sneuwel, onder andere die een dat 'n 375 deur takke en bossies kan skiet (het dit nogal self geglo.. :-[). Weereens baie dankie vir beide Kose en die manne wat skenkings gegee het, ons waardeer dit.

Dis duidelik dat die afwyking eksponensieel gaan vergroot, hoe verder die teiken van die obstruksie af is.

Ek sou egter graag vir verdere interessantheid wou sien wat die effek is as die obstruksie nader aan die teiken en verder van die geweer is, maw, waar die koe?l dalk al beter gestabiliseer het en waar die obstruksies net 2 of 3 meter van die teiken af is.

Groete

P.S. Ek dink ook die persoonlike aanvalle en snedige aanmerkings, gaan hierdie uiters leersame en interessante onderwerp ontspoor op dieselfde manier as die koe?l/punt sage. Voordat dit sover gaan dat 'n moderator weer moet ingryp, vra ek dat almal maar bietjie volwassenheid aan die dag l? en ophou moedswillig wees  :police:
Aim small, miss small
PvR
Newbie
Newbie
Posts: 26
Joined: Wed Sep 28, 2011 11:53 am

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by PvR »

Koos Barnard wrote: Dags?
In antwoord #47 s? Gerard dat ek die 200gr 400vps onder die maksimum laai en 300vps stadiger as waarvoor die koe?l bedoel is. In sy laaste reply s? hy dat ek die koe?l 250vps onder die spec laai vir 'n 21" loop. Wat ek dus gaan doen om Gerard se koe?l regverdig te behandel is om dit op die spec te laai maw 2800fps +250 = 3050vps en dit dan deur die dowels te skiet. Sorry Gerard, jy dwing my om die ignore knoppie te los. Ek gaan hierdie glad nie doen om vermakerig te probeer wees nie, bloot om jou koe?ls te skiet teen die snelheid wat jy verlang. Help my asseblief reg. Die snelhede vir die 243 was 3439vps en die vir die .30-06 3160vps. Is daardie specs reg? Beide die gewere skiet akkuraat met daardie ladings.
Ek mis seker iets eenvoudigs hier maar help my reg asb.
In bg. aanhaling word weer klem gel? op GSC koeels wat nie teen die regte spoed gelanseer word nie.

Maar in Koe?l Punt Vorm: reply 118 die volgende:
Quote: Stefan 764
Ek bedoel dat party ouens, en dis nou ek inkluis, nie altyd voorgeskryf wil word teen watter spoed ek n koeel moet skiet nie. Nou ek verstaan dat met GSC koele jy daai resep moet volg (dis tog hoe die koeel ontwerp is??) en teen die voorgeskrewe spoed moet skiet, maar almal like nie die konsep nie.

Reply: Gerard
Ek sien die miskonsepsie het hier ook opgeduik.  Ek wil dit onomwonde stel dat dit nie reg is nie.  GSC skryf nie die spoed voor, waarteen 'n koe?l gelanseer moet word nie. Indien die begrip ?rens van ons webwerf af kom, sal ek dit waardeer as iemand dit asseblief kan uitwys en dat ek dan ontslae raak daarvan.

wat mis ek?

Paul
User avatar
Lourens Potgieter
Hero Member
Hero Member
Posts: 883
Joined: Fri Jun 15, 2012 10:07 am

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by Lourens Potgieter »

James Wilson wrote: Koos, jy doen nou adisionele moeite is dit werklik nodig? wat my betref was jou eerste toets meer as voldoende.
+1000
Romeine 14:11 - "want daar staan geskrywe: "So seker as Ek lewe, sê die Here, voor my sal elke knie buig, en elke tong sal bely dat Ek God is."

Koedoe Hengelklub
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by Piet Breedt »

Gerard, hier is jou antwoorde

Piet Breedt,
Quote
Piet Breedt: Jy kan maar die spoed opjaag soos jy wil, as jy iets oppad na die teiken raakskiet, gaan dit n impak op die koe?lbaan h?.
Quote Gerard:
Wanneer het ek enigiets teenstrydig met dit ges?? 

Jy Verwys dan keer op keer en jy highlight dit waar jy s? ?Hou by die vervaardigers se aanbevelings?  Nou wat moet ek dan daarin lees, anders as wat jy impliseer dat Koos B nie daarby gehou het, en doelbewus die spoed laer gelaai het. Ek sien n?rens waar jou aanbevelings enige iets aandui vir n 21? loop soos wat Koos se geweer is, en daarom dan seker die laer spoed, en nie doelbewus nie.

Nou wat impliseer jy dan nou anders as om die spoed op te jaag in die toets?

En wat s? jy dan nou eintlik hier?

Quote
Koos B: Watter riglyne het ek nie gevolg nie? Moes ek die koe?ls nog vinniger probeer laai het?
Quote Gerard:
Die koe?l wat die swakste gedoen het uit die GSC koe?ls wat jy gebruik het is die 375200HV.  Jy laai 400vps onder maksimum en 300vps stadiger as waarvoor die koe?l bedoel is en oor die algemeen gebruik word.  Is dit nie beduidend nie?

Quote
Piet Breedt: Dit help nie jy wil die resultate verwyder h? slegs omdat jou of enige van die koe?ls nie teen n presiese bepaalde spoed gelanseer was nie.
Quote Gerard:
Waar het ek ges? ek wil die resultaat verwyder h??

Piet Antwoord: 

Wat bedoel jy dan nou anders hiermee?

Quote Gerard:
As jy inherent 'n probleem met GSC het, ignoreer ons dan geheel en al.  Ek vra mooi, maak of GSC nie bestaan nie.  Moet ons glad nie noem nie en moet nie skuinsweg na GSC verwys nie.  Sit my op 'ignore' en doen toetse met al die ander fabrikate.  Ek het dit al voorheen van jou en Gregor gevra.  Ek vra nou weer, groot asseblief.

Piet:

Ons as leserers lees dan maar seker wat jy hier skryf , en wat jou regte  bedoelings is, anders.

Quote
Piet Breedt: Ek is bereid om presies dieselfde toets oor te doen met koe?ls wat jy self laai tot jou gegewe spoed Gerard, om my standpunt te staaf.

Quote Gerard:
Hoekom dink jy dat jou standpunt anders is as myne? 

Piet Antwoord:

My standpunt is dat geen koe?l vrygespreuk is van defleksie en dat dit nie voorspelbaar is, soos wat ek hier geskryf het

Quote Piet:
Dit het presies bevestig wat baie van ons al self beleef het, en dit is dat geen koe?l se pad voorspel kan word nadat hy iets in sy pad getref het oppad teiken toe nie. Geen Kaliber is vrygespreuk daarvan, ongeag die deursnee, spoed en gewig of ontwerp van die koe?l nie.

My standpunt hierin is dan anders as joune waar jy telkemale met jou aanhalings n aanspraak maak daarop dat GSC se koe?ls beter is as ander in hierdie verband, en dat julle dit onder die dekmantel van ?as jy nie anders kan nie, of die PH se tjekboek getuig daarvan? wil substansieer.

Daar word jaarliks duisende bokke met allerlei maak koe?ls  in presies dieselfde omstandighede deur bosse raak, of doodgeskiet , en dit bewys geensins aan my iets anders as blote geluk nie. Daar word nog meer gekwes in dieselfde omstandighede as daar wel takke raakgeskiet word in die proses.

My standpunt is dat jy geen beheer het oor wat met n koe?l gebeur  as hy oppad teiken toe n tak of iets anders raakskiet, en dat jy glad nie kan bepaal wat die uitwerking daarop sal wees, ongeag die maak of die ontwerp, en ek staan daarby, en hierdie toetse het dit bewys.

Wat moet ek hierin lees?

Quote Gerard:

Indien dit gebeur dat jy deur obstruksies skiet, gee ons jou die beste kans op sukses."

Quote
Piet Breedt: Kyk mooi wat Koos probeer doen het. Hy het geensins op enige fabrikaat probeer pik nie, net die feite geur gegee, selfs op sy eie self erkende "favorites"

Quote Gerard:
Koos B het ges?: "In een ander post het ek ges? dat die Rhinos, die GS en nog 'n fabrikaat gesneuwel het en ek staan daarby." Op 'n ander bespreking s? hy die 375 is op spec gelaai (2900vps) maar die gemete spoed is eintlik 2800vps en dit is 250vps onder die spec vir die koe?l met 'n 21" loop.  Koos B gebruik fabrieksladings wat op spoed loop en vergelyk dit met afgelaaide handladings.  Teen watter spoed is die ander handladings in die toets gelaai?  Dink jy dit is reg so?

Piet antwoord:

Ek het nie die ander bespreking en post gelees waarvan jy hier praat, en hou by wat ek hier gelees het. Hier het ek geensins gesien dat Koos B jou produk uitgesonder het nie, maar almal wat hy getoets het onder dieselfde kam geskeer, selfs sy ?favourites? soos hy dit self noem. As daar een is wat hy juis uitgesonder het, dan is dit sy ?favourite?

Quote
Piet Breedt: Ek sal graag die toets wil laat herhaal waar jy dit self doen onder toesig van onafhanklikke skuts en Jagters wat ons self op die forum kan aanstel.
Quote Gerard:
Hoekom sal jy dit graag wil doen?  Ek het die toets gedoen meer as 15 jaar gelede met 'n groter verskeidenheid van koe?lfabrikate en met heelwat meer skote as drie per fabrikaat.  Ek het dit vir my eie inligting gedoen, gesien wat gebeur en dienooreenkomstig ontwerp.  Om watter aardse rede moet ek herhaal wat ek reeds gedoen het en waar Koos G en Koos B se werk bevestig het wat ek reeds weet?

Piet Antwoord:
Om juis my aanvanklikke stelling dat geen koe?l vrygespreuk is van defleksie  nie, en dat dit nie voorspelbaar is, ongeag die maak of ontwerp. Jy impliseer dat jou produk  anders is, en daarom wil ek die toets oor laat doen waar jy self betrokke is met onafhanklikke getuies om my standpunt te staaf.  Ek mag ok seker n standpunt h?, en daarby staan met bewyse?

Quote
Piet Breedt: Dan kan daar mos geen twyfel wees nie, en Magnum of Koos hoef nie eers naby te wees.

Quote Gerard:
Waar is die twyfel aan die resultaat wat hier verkry is?  Het ek die resultaat betwyfel?  Wys my asseblief waar ek so ges? het.  Jy l? woorde in my mond.  Hoekom doen jy dit?

Van almal hier behoort jy te weet hoe kritiek die regte spoed kan wees wanneer dit kom by dit wat mens verwag van jou gegewe stelsel.

Piet Antwoord:

Ek l? geen woorde in jou mond nie, ek lees hier wat jy geskryf het

Quote Gerard:

Koos B, jy doen 'n toets waar jy met 'n groter verskeidenheid koe?ls deur 'n obstruksie skiet.  Jy vra nie vir die vervaardigers wat hulle aanbeveel nie, jy volg nie riglyne nie en jy is selektief oor wat jy insluit in jou resultaat.  Dan maak jy uitlatings wat teenstrydig is met die resultaat.

Hoekom l? ek woorde in jou mond volgens jou?  Ek lees maar net hier wat jy die hele tyd wil afmaak as die waarheid, en dit so verkondig deur al jou aanhalings, dat jou produk minder beinvloed word deur hierdie eksterne faktore as ander, en daarmee stem ek glad nie saam nie, en wild it maar net weereens bewys.

Daarmee ges?, impliseer ek glad nie dat jou produk swak of minderwaardig is, maar slegs dat ek nie saamstem met julle ?claims? in die verband.

Jy is reg, van almal hier weet ek beslis hoe kritiek n lading vir n gegewe  resultaat moet wees, en juis daarom hou ek by wat ek aanvanklik ges? het, en dat GEEN koe?l, ongeag die kaliber of ontwerp vrygespreuk is van defleksie as hy iets anders raaksiet oppad teiken toe nie. Ook dat sy defleksie geensins voorspel kan word nie, soos wat Koos B se toets hier wys. En daarom my skrywe, en ook my verskil met jou dat jy en andere wil impliseer dat jou produk beter is as ander onder sulke omstandighede, waar daar n vreemde voorwerp raakgeskiet word oppad teiken toe.

Dit is ook hoekom ek my aanvanklikke post gemaak het, omdat ek baie ervaring het daarmee in al my jare van skiet, en oes, baie daarvan in die Zululand se bosveld waar ons daagliks daarmee tedoen gekry het.

Deur dit te s?

Quote Gerard:
Dit is agt vrae, ek wag vir jou antwoorde.

Wys maar net vir my dat jy glad nie gelees het wat ek aanvanklik geskryf het, en maar net veglustig is indien iemand dit waag om jou stellings of dit wat jy so aanhaal van die verbruikers wat jou produk gebruik se terugvoer in twyvel trek.
Last edited by Piet Breedt on Wed Oct 17, 2012 10:16 am, edited 1 time in total.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7545
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by Wouter Roets »

Hallo Paul

Baie dankie vir hierdie aanhaling deur jou. Ek wou dit self plaas, maar om eerlik te wees dit voel soos de-ja-vu. Ek het maar geleer daar is mense waarmee jy kan redeneer en ongelgelukig die wat jy nie mee kan nie. ;) Dit is ook bitter moeilik indien n persoon heeltyd sy woorde so kies dat jy hy iets se maar altyd n agterdeur ooplos sodat hy dit dan kan ontken. Ek hoop net darem die meeste mense hier sien dit raak en neem dit ter harte en stap weg met die regte interpretasie van die informasie. My kommer op hierdie forum is altyd die persoon wat nog nie oor genoegsame kennis besit om die kaf van die koring te kan onderskei nie. Dit gaan nog n persoon duur te staan kom as dit nie al het nie.

Groetnis
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
Mac
Hero Member
Hero Member
Posts: 1172
Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by Mac »

vra ek dat almal maar bietjie volwassenheid aan die dag l? en ophou moedswillig wees
Nou vra jy darem baie van party mense, moontlik te veel, hoop maar ek is verkeerd
Occasionally mistaken for a responsible adult

It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by Piet Pille »

Mag ek net asb. 'n vraag stel ivm die doel agter die toets? Ek voel daar word tans resultate bevraagteken en oor-en-weer aantuigings gemaak teen individue, omdat die parameters van die toets om 'n sekere resultaat te verkry, nie goed gedifineerd is nie. Dit word verder belemmer deur die feit dat sekere "posts" verwyder word in ander "threads" wat juis aanleiding gegee het tot hierdie toetse in die eerste plek..

Ek dink die 1ste vrae is onteenseglik beantwoord nl.

Vraag: Is daar enige kaliber of koeel wat "imuun" is teen defleksie as 'n obstruksie  voor 'n teiken getref word?

Antwoord: NEE!!

Vraag: Moet enige skote waar menslik moontlik vermy word deur takke?

Antwoord: JA, met die uitsondering van opvolgskote op kwesbokke waar die risiko geregverdig is.

Indien almal saamstem oor bogenoemde, kan hierdie gedeelte van die toets nou as afgehandel gesien word..

Volgens my is daar nog een onduidlike punt wat aanleiding gee tot bogenoemde debat en lang onderlip sindroom.

Oom Gerard, is ek korrek om die volgende stelling te maak uit die inligting soos tot nou toe verskaf?

Alhoewel GS Custom Bullets, die skiet deur enige obstruksie voor 'n teiken ten sterkste afraai, leen die ontwerp van 'n GS Custom Koeel hom nogsteeds tot die beste kans van minder defleksie en meer  stabiliteit in vergelyking met ander koeels, sou daar PER ONGELUK wel 'n obstruksie getref word, mits die trompsnelheid van die koeel volgens GS Custom se voorskrifte is.

Sal oom asb. net bogenoemde stelling wysig indien die feite nie korrek is nie. Sodra dit dan bevestig is, kan 'n toets geformuleer word om bogenoemde "claims" onafhanklik te kan staaf.
Last edited by Piet Pille on Wed Oct 17, 2012 11:07 am, edited 1 time in total.
.270 Win Mauser aksie; .375 H&H Voere aksie; .303 British No IV Mk-I; 9mm Ruger SR9C. 243 Win Howa Varminter met Custom kolf, Tikka T3 Varmint in 204 Ruger..
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by Eugene »

Pieter, dit klink na 'n bakgat voorstel!
Aim small, miss small
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3137
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by Chevvy SS »

Wikipedia s?: A dowel is a solid cylindrical rod, usually made of wood, plastic, or metal.

Volgens my is 'n toets nie 'n 100% weergawe nie, want daar word duidelik ges? dat party koe?ls die "dowel" teen die kant getref het wat meer defleksie veroorsaak.

Gebruik 'n univormige stuk voorwerp, waar alle fabrikate aan presies dieselfde omstandghede blootgestel word.

Ek het gister hier ges? dat 'n piksoen op die wang en 'n oopbeksoen nie dieselfde is nie. Dit het beslis nie dieselde resultaat nie. Die laase een lei partymaal tot sonde.... ;D
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by Piet Pille »

Pieter Vorster wrote: Mag ek net asb. 'n vraag stel ivm die doel agter die toets? Ek voel daar word tans resultate bevraagteken en oor-en-weer aantuigings gemaak teen individue, omdat die parameters van die toets om 'n sekere resultaat te verkry, nie goed gedifineerd is nie. Dit word verder belemmer deur die feit dat sekere "posts" verwyder word in ander "threads" wat juis aanleiding gegee het tot hierdie toetse in die eerste plek..

Ek dink die 1ste vrae is onteenseglik beantwoord nl.

Vraag: Is daar enige kaliber of koeel wat "imuun" is teen defleksie as 'n obstruksie  voor 'n teiken getref word?

Antwoord: NEE!!

Vraag: Moet enige skote waar menslik moontlik vermy word deur takke?

Antwoord: JA, met die uitsondering van opvolgskote op kwesbokke waar die risiko geregverdig is.

Indien almal saamstem oor bogenoemde, kan hierdie gedeelte van die toets nou as afgehandel gesien word..

Volgens my is daar nog een onduidlike punt wat aanleiding gee tot bogenoemde debat en lang onderlip sindroom.

Oom Gerard, is ek korrek om die volgende stelling te maak uit die inligting soos tot nou toe verskaf?

Alhoewel GS Custom Bullets, die skiet deur enige obstruksie voor 'n teiken ten sterkste afraai, leen die ontwerp van 'n GS Custom Koeel hom nogsteeds tot die beste kans van minder defleksie en meer  stabiliteit in vergelyking met ander koeels, sou daar PER ONGELUK wel 'n obstruksie getref word, mits die trompsnelheid van die koeel volgens GS Custom se voorskrifte is.

Sal oom asb. net bogenoemde stelling wysig indien die feite nie korrek is nie. Sodra dit dan bevestig is, kan 'n toets geformuleer word om bogenoemde "claims" onafhanklik te kan staaf.
Ek wil net noem dat ek bogenoemde paragraaf gewysig het deur die woorde "minimum" met "minder", "maksimum" met "meer" en "teenoor" met "in vergelyking met" te vervang, vir 'n beter bewoording.
.270 Win Mauser aksie; .375 H&H Voere aksie; .303 British No IV Mk-I; 9mm Ruger SR9C. 243 Win Howa Varminter met Custom kolf, Tikka T3 Varmint in 204 Ruger..
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7545
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by Wouter Roets »

Pieta(Mnr Breed)

Mooi opgesom daar my ou maat! ;)

Pieta(Mnr Voster) moet asb nie vergeet om in te sin dat jy nie met geslyte loop, standaard primers, te stadige dryfmiddel of n loop wat nie met M98 skoongemaak is moet skiet nie! ;D

Oom Mac hou ook maar ingedate dat daar manne is wat dit reg kry om maar net elke keer die heel beste uit te haal uit sy medemens. ;)

Ook nog n vragie aan Oom Gerard. So ruk terug het Oom n skrywe geplaas oor hoe jy jou gaatjies se vorm op die teikenpapier kan intepreteer oor wat die koeel besig is om te doen. Wat sal Oom se is die koeels besig om te doen wat se vorm presies soos die koeel se kant profiel op die teikens is? Yaw, waggel of tuimel hulle? Hierdie gedeelte is nog so bietjie onduidelik vir my uit Oom se skrywe. Is daar enigsins dan n kans dat hierdie koeels wat die teiken so dwars getref het weer sal herstel? Jammer vir die vrae maar met goed wat bietjie onduidelik gestel is vra ek maar eerder.

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
DawieKotze
Hero Member
Hero Member
Posts: 2075
Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by DawieKotze »

Soos ek die ding sien?????

1. Niemand skiet doelbewus deur ?n obstruksie nie en dit word glad nie aanbeveel nie.
2. Dit gebeur wel soms dat jy nie die obstruksie sien nie en dit dus raakskiet.
3. Daar bestaan tans geen koe?l wat nie sal deflekteer as dit ?n obstruksie tref nie.
4. Daar bestaan wel koe?ls wat minder sal deflekteer as ander onder dieselfde omstandighede

GS Custom se koe?ls het oor die algemeen goed gevaar in die toets en dit moet ?n klop op hulle skouer wees dat hulle spesifiek so ?n ontwerp in die mark het wat oor die algemeen minder deflekteer as ander koe?ls. Daarmee het hulle jagters se probleme ten opsigte van punt 2 hierbo tot ?n mate aangespreek.

Maar die defleksie problem kan en sal seker nooit ten volle aangespreek word nie - net bloot as gevolg van die wetenskap daar agter. Ek persoonlik is egter baie bly dat daar vervaardigers is wat aanhou navorsing doen in hierdie verband.

Ek wil nie namens Gerard praat nie, maar my logika s? vir my dat hy onder geen omstandighede beweer het dat GS Custom se koe?ls glad nie sal deflekteer nie, maar dat hulle koe?ls (agv die ontwerp) slegs die jagter ?n beter kans op ?n moontlike raakskoot sal gee indien ?n obstruksie per ongeluk getref sou word. Dit is my afleiding van al die gesprekke hieroor en die toetse staaf dit tot ?n mate. Gerard moet self s? of ek reg is. As hy enigsins anders beweer het, het ek dit misgelees en kan iemand my asb reghelp.

Is dit goed genoeg as een koe?l minder deflekteer as ?n ander? En maak dit nou van hom die super koe?l? Nee!! Beslis nie ? en daarom my punt nommer 1 heelbo. Indien jy as jagter altyd 100% seker maak van 'n oop skootvak, skiet dan net wat jou hart begeer!  :D :D

As daar verskille is oor hoe die toetse gedoen moet word en watter inligting gebruik moet word, sorteer dit mooi op ?n volwasse en wetenskaplike manier uit. Dan leer ons almal daaruit.

Baie dankie aan Koos B vir die tyd en moeite om hierdie toetse te doen en die manne wat gehelp het. Dit sal nooit 100% afleibare resultate kan gee nie, maar gaan baie v?r om die koring van die kaf te skei in die w?reld van koe?ls wat defleksie probleme aan betref.

Laastens ? Manne ? kan ons asseblief die bespreking sinvol hou en nie persoonlik raak met ons argumente nie. Dit doen afbreuk aan die kwaliteit van hierdie forum. Speel die bal en nie die man nie.

Dis maar wat ek dink??

Groete

Dawie

PS - Ek sien nou dat ek en Pieter omtrent dieselfde gedagtes gehad het - hy tik net vinniger as ek ;D ;D ;D
Last edited by DawieKotze on Wed Oct 17, 2012 11:54 am, edited 1 time in total.
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
Mac
Hero Member
Hero Member
Posts: 1172
Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by Mac »

Dankie Dawie
Occasionally mistaken for a responsible adult

It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by Piet Pille »

"PS - Ek sien nou dat ek en Pieter omtrent dieselfde gedagtes gehad het - hy tik net vinniger as ek" 
Dawie

Ek het onlangs opgradeer van een vinger tik na twee vingers tik, so nou MOVE ek!  ;D ;D ;D ;D

.270 Win Mauser aksie; .375 H&H Voere aksie; .303 British No IV Mk-I; 9mm Ruger SR9C. 243 Win Howa Varminter met Custom kolf, Tikka T3 Varmint in 204 Ruger..
Gerard

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by Gerard »

Wouter,
Wouter: Pieta(Mnr Voster) moet asb nie vergeet om in te sin dat jy nie met geslyte loop, standaard primers, te stadige dryfmiddel of n loop wat nie met M98 skoongemaak is moet skiet nie!
  Verwag jy, na jy dit geskryf het, dat ek jou ernstig moet opneem?
Wouter: Oom Mac hou ook maar ingedate dat daar manne is wat dit reg kry om maar net elke keer die heel beste uit te haal uit sy medemens.
Dit is baie waar, jy bewys dit.  Maar Mac was reg.  Dit is te veel gevra van sommige moderators ook.
User avatar
PJS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 403
Joined: Wed Jul 06, 2011 11:17 am

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by PJS »

Vlakvark wrote: Kerneels en Eugene

Dis een van Newton's se wette as julle nie wetenskap op skool gehad het nie Google Newton's Law's Elke aksie het 'n reaksie

Se weer dit bly 'n joke vir my so vat dit maar so van my af ek gaan niks verder hier uit leer nie nie al doen iemand anders die toets oor nie dit wat hier getoets word het Newton al lank terug vir julle vertel

Dankie Koos B niks teen jou wat die toets gedoen het nie
Stem 100% saam. Mens noem dit logika ook.
Kan die OOM moderators nou die post stop asseblief hier word GEEN nuwe waarde toegevoeg nie. Dink nie dit moet verwyder word nie sluit hom net asseblief af. Dit mors net verhoudinge op.
Dankie Koos B jy het goeie werk gedoen.
Mooiloop
PJ
Jag is 'n voorreg. Geniet en waardeer elke geleentheid.
Post Reply