Jagreels

User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Jagreels

Post by Jakkalsgat »

Zack Benade wrote: Lyk my jy is groen omdat jy nie 'n NF kan bekostig nie. ++>:
Sit jou misskoot pryse op en miskien kan jy eendag een besit. ;)
As meer van jou kliente NF skiet sal jou miskoot inkomste van jakkelsgat safari's seker baie daal? :-\

Ek fight maar vir die klompie jagters se regte wat uitgebuit word deur fly by night jag ondernemings. "n Ware jagonderneming sal eerlik geld maak en nie net op misskoot inkomste staatmaak om die boeke te laat klop nie. ;)
1) Nie geweet jy is my bankbestuurder nie, nog altyd gedink jy werk vir Eskom "the prince of darkness" . Ek reken ek myself skiet self so 3 of 4 ;) goeie skote in 'n jaar sonder dat ek NF nodig het.
2) Misskoot prys maak nie verskil aan ware jagters nie maar wel aan die bokke wat dan nie te wild geskiet is vir die volgende jagters wat wel geoefen het om te skiet nie.
3) Het ek jou op 'n paar trips nie raakgesien nie dat jy weet wat se "scopes" my kliente gebruik, Jakkalsgat Safari's (let op al die a's )maak nie staat op misskoot fooie nie maar wel op herhaal besigheid van jagters wat kan skiet. Ons staan darem seker nou so op net oor die 200 bokke vir die seisoen.

"fly by night" se jy m.a.w Geelhout en Jakkalsgat is in jou oe jagondernemings wat oneerlik besigheid doen omdat ons durf misskoot fooie vra. "Fight" vir jouself en praat uit ondervinding, ons hanteer seker so 100 jagters in 'n jaar en weet wat misskote se effek is. Onthou ook dat al die jagters wat ons besoek nie sulke goeie skuts soos jyself is en die minimum mis nie, ek dink sommer aan 'n onlangse 10 skote deur een jagter om 'n dier te skiet.
User avatar
Spanner
Hero Member
Hero Member
Posts: 1083
Joined: Thu Nov 19, 2009 12:26 pm

Re: Jagreels

Post by Spanner »

Eugene wrote:ZKK, ;D ;D ;D , ek bedoel eintlik meer waar jy die bok met die eerste skoot misskiet en dieselfde bok met die 2de skoot doodskiet en dan volprys vir die misskoot en die bok wat dood is moet betaal....
Ek was een keer saam met ‘n groep mane op ‘n plaas in Dundee omgewing, vir ‘n korporatiewe jag. Die besigheidseienaar het, ipv om bonusse vir sy mense te gee, aangebied om hulle op ‘n “all expenses paid” jag te neem. Die klomp manne was vreeslik ingenome met die reeling. Daar was ook die reel dat , indien jy kwes, moet jy self vir die bok betaal, die besigheid gaan dit dan nie doen nie. Die boer het ook die reel gehad dat ‘n misskoot 50% en ‘n kwesbok 100% betaal moet word.
Een van die manne was vreeslik grootbek oor die lawwe en onnodige reël, want hy het nog nooit gekwes nie, want hy skiet slegs kopskote ! Soos die dinge mos maar uitwerk skiet grootbêk Rambo ‘n bekskoot op jong kombuis koedoetjie, sommer al die eerste oggend. Die gids roep die kwes, en sê die jagter moet vining weer skiet voor die bok verdwyn. Rambo is so gerattle en geskok, dat hy nog 3 skote uit die vuis op die verdwynende bok probeer, maar almal mis skiet. Gelukkig word die koedoetjie gekry en later die dag doodgeskiet.
Om die sout en vernedering so bietjie dieper in die rou wonde in te vryf, reël ons met die boer om grootbêk Rambo se siel so bietjie uit te trek. Daai aand om die vuur word goeie skote beloon met 'n biltong geskenk en kuk skote word gestraf met ‘n sluk van so “ietsie” uit ‘n plastiek glasie. Toe staan die boer op en begin somme maak oor die manewales wat Rambo aangevang het.
Koedoe kos R4000. Mis skoot op koedoe kos R2000, en daar was 3 mis skote gewees. Net daar gee die boer vir Rambo ‘n geskrewe rekening van R10 000 ! Die uitdrukking op grootbêk se gesig was iets om te aanskou – hy protester en probeer verduidelik, maar ons almal klim toe in die geveg in en verduidelik dat ons die reëls so aanvaar het. Finish en klaar ! Nodeloos om te sê, wou Rambo nie verder jag nie. Die boer het hom so gelos met sy dikbêk tot aan die einde van die jag, toe kom hy met alles op die lappe. Rambo was so verlig oor die rekening wat hy toe nie hoef te betaal nie, hy het skoon vergeet om vir ons kwaad te wees dat ons die boer opgesteek het teen hom.
Derik Strydom
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Jagreels

Post by Eugene »

Dimitri wrote:Does anyone know of any fly-by-night hunting operation that relies on missed shots to stay in business? And has anyone been a victim of such an operator? And if you were, did the rule only come to light when settling your bill or did you know about it beforehand?

I'll start. I know of no such hunting operation. I know of some that have been unethical in certain ways but none that operate as described above.

Are we making a huge issue about something that - in practise and application - has affected maybe 1% of us?
Dankie vir die waarheid!

Al daai swak skuts kan net NF koop, dan is die misskoot beleid en die misskoot probleem, tergelyke tyd opgelos! >:D
Aim small, miss small
Zack Benade

Re: Jagreels

Post by Zack Benade »

Onthou ook dat al die jagters wat ons besoek nie sulke goeie skuts soos jyself is en die minimum mis nie, ek dink sommer aan 'n onlangse 10 skote deur een jagter om 'n dier te skiet.
Hierdie is die beste bewys waarna ek gesoek het.
10 skote om 'n dier te skiet. :-[
Hoeveel het die dier getref en gewond?
Was die 10 de skoot pergeluk die doodskoot?
Hoekom het die jagonderneuming nie vroeer ingegryp nie? (dan word daar in ander topics oor Ed Saliven gekla---Hy lyk nou soos 'n rolmodel in my oe)

Ek kan nie dink dat 'n goeie erkende jagonderneming dit sal toelaat nie. :'(
Om by die begin te begin. Hoe kon die sogenaamde jagter in die eerste plek sy skiettoets geslaag het? :-[
Was dit geld wat gepraat het om die onbevoegde man toe te laat in die jagveld? :-[
Hoeveel misskote gelde is betaal of was die dier met al tien skote getref. :-[

Hierdie kan 'n lekker artikel wees vir Man Magnum om jag te bevorder. :police:
Miskien kan Koos help met 'n mooi artikel


Dit lyk my die jag was soos Cowboys en Crooks.
Ongelukkig het die Cowboys gewen.
Last edited by Zack Benade on Thu May 29, 2014 12:48 pm, edited 2 times in total.
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Jagreels

Post by win270 »

Is daar betroubare bronne wat ons kan vertel hoeveel misskote kom voor uit korporatiewe groepe wat jag versus ander jagters wat of alleen of in klein groepe plaas toe kom om te jag? Ek kan hopeloos verkeerd wees, maar ek het 'n voorgevoel dat die korporatiewe groepe die groter sondebokke is met mis- en kwesskote . . .

Soos wat 'n vlieenier 'n log boek het om sy vliegondervinding te boekstaaf, so kan jagters dalk begin dink aan dieselfde konsep. Dit mag dalk help om die toelatingsproses tot elke jagtog te vergemaklik. Dis maar 'n klip wat ek nou in die bos gooi.
Zack Benade

Re: Jagreels

Post by Zack Benade »

Win270 jy kan mos nie sulke onrtedelike eise vra nie. ++>:

Korporatiewe groepe kry mos eerste voorkeur. Dis hier waar die geld is. Die boer of jagonderneming byt net 'n bietjie harder op sy lippe as dit by misskote en kwesbokke kom.
Ek praat nie eers van die ander reels nie.
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Jagreels

Post by Jakkalsgat »

Zack Benade wrote:
Onthou ook dat al die jagters wat ons besoek nie sulke goeie skuts soos jyself is en die minimum mis nie, ek dink sommer aan 'n onlangse 10 skote deur een jagter om 'n dier te skiet.
Hierdie is die beste bewys waarna ek gesoek het.
10 skote om 'n dier te skiet. :-[
Hoeveel het die dier getref en gewond?
Was die 10 de skoot pergeluk die doodskoot?
Hoekom het die jagonderneuming nie vroeer ingegryp nie? (dan word daar in ander topics oor Ed Saliven gekla---Hy lyk nou soos 'n rolmodel in my oe)

Ek kan nie dink dat 'n goeie erkende jagonderneming dit sal toelaat nie. :'(
Om by die begin te begin. Hoe kon die sogenaamde jagter in die eerste plek sy skiettoets geslaag het? :-[
Was dit geld wat gepraat het om die onbevoegde man toe te laat in die jagveld? :-[
Hoeveel misskote gelde is betaal of was die dier met al tien skote getref. :-[

Hierdie kan 'n lekker artikel wees vir Man Magnum om jag te bevorder. :police:
Miskien kan Koos help met 'n mooi artikel

Dit lyk my die jag was soos Cowboys en Crooks.
Ongelukkig het die Cowboys gewen.
Zack

Toevallig het die klient 'n halfuur voor die insident 'n bok met 'n goeie skoot dood geskiet. Toevallig was die jagondernemer ekself. Toevallig het hy nie betaal vir een misskoot nie en die derde skoot was 'n kwesskoot.

Nou wat ek voorstel is los nou nou al jou smileys en antwoord op die vraag in die vorige skrywe. Beweer jy dat Jakkalsgat en Geelhout "fly by night" ondernemers is en by implikasie oneerlik is?

Groete
Jaco
Zack Benade

Re: Jagreels

Post by Zack Benade »

jakkelsgat
Jy verduidelik nou baie in jou brief. ++>: ++>: Dis onnodig. 10 Skote op een dier is nie so sleg nie. Miskien is hier iemand wat dit kan verbeter.

Jy laat Ed Sailvan safari's na 'n babatjie lyk. ++>:
Beplan jy om binnekort videos te maak? Ek sal die eerste een vat? :angel:


Ek dink ons gaan die mense verveel met ons verskille. >:D
Ek pm jou dan kan ons praat. Skreeu net as ek moet val vir die misskote want ek betaal nie vir dit nie. ++>:

Jy kan maar die klein skoen aantrek as hy jou pas. ;) Die lewe is vol keuses.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Jagreels

Post by PWV »

As kinders het ons ook oor goed gestry. Die een het gesê Dit is en die ander een het gesê Dit is nie. Later het dit ontaard in 'n is..issie...is...issie.. en op die ou end kon niemand meer onthou waaroor gestry is nie.

Ek kan nie verstaan dat daar oor misskote verder gestry word nie. Laat die boer sy fooie vra vir misskote. Jy hoef mos nie daar te gaan skiet nie. Ek sal nie op so 'n plek skiet nie.
Verder, as al die boere besluit jy moet betaal vir misskote, gaan dit my nie pla nie. Ek gaan nie my gewere wegpak nie. Papierbokke skiet net so lekker en jy kan lekker mis soveel soos jy wil.
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Jagreels

Post by tafjak »

Zack

Is die misskote die probleem, of die fooie teen misskote en of is die probleem met die man wat die misskote skiet?

Taffie
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7557
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Jagreels

Post by Wouter Roets »

Zack

Ek het nou seker al twintig skrywes gemaak net om dit weer uit te vee. Ek skryf dit maar toe aan die totale onbenullige en onsamehangende kommentaar wat ek hier lees van jou. Een ding waarop ek nou wel iets gaan se is die feit dat jy verskeie kere my en ander jagorganisasies wat n misskootfooi hef as oneerlik afmaak. Hierdie is n bitter groot stelling en aantuiging wat jy so mildelik rondslinger. Meskien verstaan jy nie die betekenis of nagevolge van die woord nie, maar die meeste van ons se opvoeding dikteer dat n mens spesifiek nie sulke stellings ligtelik maak nie.

Die bal is in jou hand hoe jy hierdie situasie wil verder vat en ek stel voor jy dink bitter mooi oor hoe jy hom speel.

Groetnis
Wouter
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Jagreels

Post by Jakkalsgat »

Oom Pieter

Oom is heeltemal reg, elkeen kan kies of hy op 'n plaas wil jag waar daar betaal word vir misskote of nie en so bly dit die ondernemer se reg om dit te vra of nie. Dat ons kliente op die manier verloor is seker ook so maar daar is elke jaar mense wat bykom en kliente wat weerkom met dit of sonder dit. Die ding is net dit moet reg bestuur word. Ek kan net nie verstaan dat so iets 'n goeie skut soos Oom en Zack pla nie.

Zack

Hierdie argument het niks te doen met die feit dat jy nie hou van die idee om vir misskote te betaal nie. Wat my en ek weet vir Wouter ook warm onder die kraag maak is die feit dat jy impliseer dat 'n ondernemer of plaaseienaar wat wel so reel het oneerlik is.

Groete
Jaco
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Jagreels

Post by tafjak »

Wouter

Dink met die jagbedryf kan mens ook nie altyd seker wees watter kaliber skut by jou gaan opdaag nie. Die "misskootfooi" beskerm die bedryf en die jagter. Die jagter sal later leer(waar moet hy dan leer) dat hy voorbereid in alle opsigte moet wees.

Mooiloop
Dimitri
Hero Member
Hero Member
Posts: 1015
Joined: Tue May 22, 2012 4:39 pm

Re: Jagreels

Post by Dimitri »

Dimitri wrote:Does anyone know of any fly-by-night hunting operation that relies on missed shots to stay in business? And has anyone been a victim of such an operator? And if you were, did the rule only come to light when settling your bill or did you know about it beforehand?

I'll start. I know of no such hunting operation. I know of some that have been unethical in certain ways but none that operate as described above.

Are we making a huge issue about something that - in practise and application - has affected maybe 0.1% of us?
Nobody??

Wouter & Jakkalsgat do not qualify as:
i) There are hundreds of good references on this forum as to the quality and integrity of their respective operations
ii) They openly and honestly state their missed shot policy and do not force anyone to accept their terms. From what I hear, a whole lot of people have accepted their terms as it sounds like they are pretty much fully booked

So if it is not Wouter or Jakkalsgat, then who runs these operations that force/trick people into booking through them and then make so much money from missed shots? >:+ >:+ (sorry Jaco) Is there even 0.01% of game farms that are fly-by-nights and use missed shots to deviously keep their businesses afloat?
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Jagreels

Post by tafjak »

Nog ietsie...

waaraan ek dink is dat daar baie goeie jagters bestaan wie nie die beste skut is nie, maar ook is daar nie-so-goeie-jagters wat uitstende skuts is.

Die nie-so-goeie jagters wie baie goeie skuts is gewoonlik die manne wie misskote skiet het ek menigmale agter gekom.

So, dit is nie so maklik en 'n gegewe dat die beter skuts die beter jagters is nie.

Mooiloop
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Jagreels

Post by Eugene »

Dimitri, vat dit van iemand wat gereeld "mondelinge" ooreenkomste wat skeefgeloop het, moet probeer beredder... As jy iets by iemand koop en hy dring aan op 'n geskrewe kontrak, is dit 'n besigheidsman wat al deur die meule is en daardie kontrak beskerm jou netsoveel as vir hom, want die reels en die voorwaardes is op skrif en daar behoort nie onduidelikhede te wees nie.

Dieselfde met jagplase en wildboere. Ek raak senuweeagtig as daar nie vaste reels en voorwaardes op skrif is as ek navraag doen op 'n plaas nie, want dit is die plekke waar jy na die koei/ooi geskiet is, hoor dat daar nie vroulike diere geskiet mag word nie en dat hulle prys 50% hoër is en sulke dinge.... Natuurlik is daar nog "outydse" boere waar sy woord sy eer is, maar die "fly by nights" is die manne wat se reels dun en min is en nie op skrif is nie.... Vir hulle sal ek ligloop!
Aim small, miss small
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Jagreels

Post by PWV »

Jakkalsgat wrote:Oom Pieter

Oom is heeltemal reg, elkeen kan kies of hy op 'n plaas wil jag waar daar betaal word vir misskote of nie en so bly dit die ondernemer se reg om dit te vra of nie. Dat ons kliente op die manier verloor is seker ook so maar daar is elke jaar mense wat bykom en kliente wat weerkom met dit of sonder dit. Die ding is net dit moet reg bestuur word. Ek kan net nie verstaan dat so iets 'n goeie skut soos Oom en Zack pla nie.

Groete
Jaco
Jaco, dit pla my gladnie. Dit is soos jy sê, die plaaseienaar se prerogatief om te bepaal wat die reëls op sy plaas is. Net so is dit my prerogatief om te bepaal of ek onder sulke reëls daar wil gaan jag.
Waaroor die manne nog verder stry, weet ek nie. Dit is tog so eenvoudig soos dit!

Groetnis
Dimitri
Hero Member
Hero Member
Posts: 1015
Joined: Tue May 22, 2012 4:39 pm

Re: Jagreels

Post by Dimitri »

Eugene wrote:Dimitri, vat dit van iemand wat gereeld "mondelinge" ooreenkomste wat skeefgeloop het, moet probeer beredder... As jy iets by iemand koop en hy dring aan op 'n geskrewe kontrak, is dit 'n besigheidsman wat al deur die meule is en daardie kontrak beskerm jou netsoveel as vir hom, want die reels en die voorwaardes is op skrif en daar behoort nie onduidelikhede te wees nie.

Dieselfde met jagplase en wildboere. Ek raak senuweeagtig as daar nie vaste reels en voorwaardes op skrif is as ek navraag doen op 'n plaas nie, want dit is die plekke waar jy na die koei/ooi geskiet is, hoor dat daar nie vroulike diere geskiet mag word nie en dat hulle prys 50% hoër is en sulke dinge.... Natuurlik is daar nog "outydse" boere waar sy woord sy eer is, maar die "fly by nights" is die manne wat se reels dun en min is en nie op skrif is nie.... Vir hulle sal ek ligloop!
Agree with you Eugene. If there are no rules and prices - in writing - then I don't book.

I also clarify any unclear rules or stated deviations from the rules via e-mail so that it is in writing. This gets printed and taken along to the farm. Sometimes the farmer/manager/farmer's wife forget that they said the kids won't pay, or that you can use your own vehicle to recover the carcasses and won't be charged a vehicle fee if you do or whatever else. This genuinely happens and so having it in writing helps avoid awkward discussions about who remembers what. Of course, it also protects you against the small % of unscrupulous operators.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7557
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Jagreels

Post by Wouter Roets »

Tafman

Jy is heeltemal reg. Jy leer net as jy n hou kry daar waar dit seer maak, nie waar nie? Genadiglik het ek nie veel uit te waai met die jagte nie so ek behoort darem so jaar of tien langer te lewe as gevolg van die feit.

Groetnis
Wout
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Jagreels

Post by mariusr »

Mense dit is duidelik van die post dat baie manne nie op standaard is om bok te jag nie?! Daarmee veroordeel ek die maatskappy wat hulle werkers nooi om iets te gaan jag alles op die huis?Kamstige span bou f#k julle ,julle gee jag 'n slegte naam bly weg asb!!!!!!!!Gaan suip by die huis!!!!!!
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7557
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Jagreels

Post by Wouter Roets »

mariusr wrote:Mense dit is duidelik van die post dat baie manne nie op standaard is om bok te jag nie?! Daarmee veroordeel ek die maatskappy wat hulle werkers nooi om iets te gaan jag alles op die huis?Kamstige span bou f#k julle ,julle gee jag 'n slegte naam bly weg asb!!!!!!!!!
Maruis

Waar kom jy vandaan om sulke stellings te maak? Jy kan mos nou nie alle maatskapy jagte afmaak as n fiasco nie. Wat gaan vandag hier aan op die forum? Is dit nou elke ou kan sy mond uitspoel net soos hy wil dag? Hou verdomp kop!
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Jagreels

Post by Stefan764 »

mariusr wrote:Mense dit is duidelik van die post dat baie manne nie op standaard is om bok te jag nie?! Daarmee veroordeel ek die maatskappy wat hulle werkers nooi om iets te gaan jag alles op die huis?Kamstige span bou f#k julle ,julle gee jag 'n slegte naam bly weg asb!!!!!!!!Gaan suip by die huis!!!!!!
WTF??
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
morne smith
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 420
Joined: Wed Jul 25, 2012 11:02 pm

Re: Jagreels

Post by morne smith »

Sjoe hoe lekker skiet ons nou!!!
Zack, Jaco, mooi speel met die maatjies...Ek sal vir ons drie 'n baie groot vuur maak en 'n tjoppie braai. Jaco jy maak die pap. Zack bring jou Night Force dan soek ons nuwe sterre in die hemelruim en vernoem hulle na die lede op die Forum aangaande van hoe skerp hulle skyn en of hulle flikker of nie.

Dimitri, thank you for your contribution. If you look closely you will see that Zack did not say that these "fly by nights" only depend on missed shot fees to stay open at all. Zack has always been someone who calls a spade a spade and I believe him if he says that he wants to come up for the biltong hunter out there who does not necessarily stand up for him- or herself. I f he thought that Joe Soap is skelm he will pm or phone him and call him a skelm. If he really thought that an outfitter is "skelm or unethical" he will say it in his face. He clearly generalise which obviously upsets a few people out there. In the times we are living nowadays honesty actually shocks people as dishonesty is the way to go whether you are an outfitter,attorney or politician. I'm sure you have heard about the saying" It is not a question if there are any skelms in the game industry, ALL the skelms are in the game industry". This definately does not say that ALL the people in the game industry are skelms though. This is unfortunately a perception out there as with attorneys or whoever. As an outfitter it is your responsibility to prove the mudslingers out there wrong. The missed shot rule might do more harm to the already negative perceptions out there. Your farm, your rule! I just think it is a ridicoulus rule and I am sticking to my opinion. No one here is 100% correct or 100% wrong.
At the end of the day it remains a matter of opinions which we must mutually respect and honour.
Ek dink 'n opname waar ons almal kan stem ja of nee oor die misskoot reël mag dalk kosbare inligting versamel oor die gevoel daar buite. Geelhout, Jaco-hulle en al die ander jagplaas eienaars daarbuite kan net baat vind by die uitslag en dit dan diskresionêr toepas.

Wouter, kan jy asb reël dat die smiley face opsie op Zack se "dash board" verwyder word!
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Jagreels

Post by win270 »

Goed gestel, Morne. Tydens so 'n opname moet mens ook probeer vasstel wat die hoofredes is hoekom mense daarvoor of daarteen stem. 'n Blote "Ja" of "Nee" sal nie duidelikheid na vore bring nie.

In die sakewêreld praat hulle deesdae van "Know your customer" en die waarde daarvan. Hierdie aspek raak net so belangrik vir plaaseienaars sodat die betrokke jagters uiteindelik vooraf korrek geselekteer word en behandel word. Moet my nou asb nie met klippe gooi omdat ek 'n plaas oor dieselfde kam wil skeer as 'n besigheid nie. Ja, daar is baie verskille. Dis egter steeds 'n transaksie wat tussen plaaseienaar en jagter plaasvind en daarom is sekere beginsels uit die besigheidswêreld waardevol om ook op die plaas toe te pas, al word dit aangepas by omstandighede. Beide partye moet behoorlik beskerm word in die proses. Ek is nie 'n regsgeleerde nie, maar wonder soms hoe die Consumer Protection Act wat in April 2011 ingestel is, die beginsel van 'n misskootfooi sal ondersteun of dalk nie. Is daar van ons regsgeleerdes op hierdie forum wat dalk kommentaar hieroor wil lewer?
morne smith
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 420
Joined: Wed Jul 25, 2012 11:02 pm

Re: Jagreels

Post by morne smith »

Marius, net vir interessantheid: ek was twee weke terug by 'n klient buite Bloemfontein op sy plaas. Hy jag in die aande en kry baie maatskappye in wat kom spanbou. Toe hulle die tweede springbok geskiet het toe sê die segspersoon(baas) vir die boer hulle is klaar geskiet vir die aand. Die Oom het gevra hoekom en toe is die antwoord "Ons is klaar vir vanaand,Oom" Die Oom het hulle teruggevat na hul luukse jagtershut. Hier het twee dames hulle ingewag met die mooiste onderkleertjies aan ek kon nie wag om dit uit te trek nie vir die "jagters" nie. Spanboujag se gat in hierdie geval!!!
Post Reply