Jagreels

PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Jagreels

Post by PWV »

win270 wrote:. Ek is nie 'n regsgeleerde nie, maar wonder soms hoe die Consumer Protection Act wat in April 2011 ingestel is, die beginsel van 'n misskootfooi sal ondersteun of dalk nie. Is daar van ons regsgeleerdes op hierdie forum wat dalk kommentaar hieroor wil lewer?

Nee wat win270, niemand kan hier inmeng en die plaaseienaar voorsê wat sy jagreëls moet wees nie.

Wat gaan julle sê as 'n eienaar by sy plaashek 'n fooi hef vir voertuie wat sy plaas binnekom, amper soos hekgeld by 'n rugbywedstryd, vir parkering? :P
User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1988
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am

Re: Jagreels

Post by Smitstertjies »

Die Consumer protection Act sal n misskoot fooi 100% ondersteun, mits dit so in die voorwaardes van die jag op skrif gestel is. Die consumer protection act is daar om mense te beskerm teen valse aanbiedinge en teen minderwaardige produkte, bv misleidende labels op produkte ens. Geen hof sal ooit teen n misskoot fooi kan beslis nie.

As jy as boer geld vra vir n misskoot en dit so aan die jagter oordra tydens die jag booking is dit sy keuse om daar te jag of nie.

Ek wens tog net almal wil besef dit is elke boer se reg om daardie fooi te vra. As hy dit in sy reels uiteensit dan is hy mos eerlik! As jy nie daarvan hou nie , hou verby!

Ek is so bly ons woon in n vrye ekonomie waar jy self jou reels kan maak! Wouter is suksesvol in wat hy doen nie omrede hy skelm is en die verbruiker probeer uitbuit nie. Wouter is suksesvol omrede hy weet wat beteken vraag en aanbod!!!!!!! Solank die manne by hom bly jag sal sy reels so wees, en niemand kan niks daaraan doen nie.
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Jagreels

Post by mariusr »

Manne wie kom gesuip by die plaas aan? Verseker nie pa en sy seuns nie! Ek het al gesien die groepe van firmas wat jag naweek geboek het vir spanbou ? Twee gewere vir tien ouens en meeste klomp laas geskiet met .22 in std 3? Dan wonder die ouens waarom kwes hulle drie BWB en klomp ander wild! Geen wonder die boer is gatvol en wil miskote vir betaling he nie?
Zack Benade

Re: Jagreels

Post by Zack Benade »

Die Consumer protection Act sal n misskoot fooi 100% ondersteun, mits dit so in die voorwaardes van die jag op skrif gestel is. Die consumer protection act is daar om mense te beskerm teen valse aanbiedinge en teen minderwaardige produkte, bv misleidende labels op produkte ens. Geen hof sal ooit teen n misskoot fooi kan beslis nie.
Miskien is hier prokureurs of advokate wat hiermee kan help om dit in perspiktief te stel.
User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1988
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am

Re: Jagreels

Post by Smitstertjies »

mariusr wrote:Manne wie kom gesuip by die plaas aan? Verseker nie pa en sy seuns nie! Ek het al gesien die groepe van firmas wat jag naweek geboek het vir spanbou ? Twee gewere vir tien ouens en meeste klomp laas geskiet met .22 in std 3? Dan wonder die ouens waarom kwes hulle drie BWB en klomp ander wild! Geen wonder die boer is gatvol en wil miskote vir betaling he nie?
Raait , kom ons verbied korporatiewe jagte. Dan sien ons hoe word die wildsplase minder en voor jy jou oe uitvee betaal jy R15 000 n rooibok.

Zack, glo my maar oor daai wet, hy le hier op my tafel.
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
User avatar
DawieKotze
Hero Member
Hero Member
Posts: 2075
Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm

Re: Jagreels

Post by DawieKotze »

Dis nou al hoeveel keer hier gesê en niemand luister nie!!!

Hou verby as jy nie van die boer se reëls hou nie! Dis sy plaas en sy reëls - of jy nou daarmee saamstem of nie!! Consumer Act of de nie!

Net so hou jy by die boer/ outfitter/ jagondernemer verby van wie se pryse/ verblyf ens ens jy nie van hou nie!!

Sodra jy oor die beginsels begin redekawel, gaan daar nooit eenstemmigheid wees nie. HOU NET VERBY!!!

Hoe eenvoudig is dit nie?? Agree to disagree en beweeg aan!

PS: Die groot fout wat baie hier doen is om te veralgemeen.
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Jagreels

Post by win270 »

Weet iemand watter persentasie van die totale binnelandse jagbedryf inkomste deur korporatiewe jagte ge-in word? Ek sê weer . . . dit lyk my die korporatiewe jagtogte is die grootste sondebok wat mis- en kwesskote aanbetref. Laai hulle pryse met die misskietfooi en dink maar weer oor die ander jagters wat dalk in die algemeen baie minder nalatig optree, maar wel nou en dan 'n misskoot skiet. Ek ondersteun egter die beginsel dat beide jagter en plaaseienaar regverdig beskerm word in die hele aangeleentheid. Ek kan verstaan dat misskote die plaaseienaar skade berokken en daardie skade op een of ander wyse verhaal moet word. Dit gaan oor HOE en van wie daardie skade verhaal moet word.

Die feit dat party jagters die misskootfooi plase sal vermy, beteken dat hulle nie daarvan hou nie en 'n ander oplossing vir die probleem sal wil sien.
User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1988
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am

Re: Jagreels

Post by Smitstertjies »

win270 wrote:Weet iemand watter persentasie van die totale binnelandse jagbedryf inkomste deur korporatiewe jagte ge-in word? Ek sê weer . . . dit lyk my die korporatiewe jagtogte is die grootste sondebok wat mis- en kwesskote aanbetref. Laai hulle pryse met die misskietfooi en dink maar weer oor die ander jagters wat dalk in die algemeen baie minder nalatig optree, maar wel nou en dan 'n misskoot skiet. Ek ondersteun egter die beginsel dat beide jagter en plaaseienaar regverdig beskerm word in die hele aangeleentheid. Ek kan verstaan dat misskote die plaaseienaar skade berokken en daardie skade op een of ander wyse verhaal moet word. Dit gaan oor HOE en van wie daardie skade verhaal moet word.

Die feit dat party jagters die misskootfooi plase sal vermy, beteken dat hulle nie daarvan hou nie en 'n ander oplossing vir die probleem sal wil sien.
Wat het iemand nou net oor veralgemeen gese? En net vir interessantheid. Die Consumer Protection Act verbied spesifiek dat daar gediskrimineer mag word teen kliente deur hulle in n groep in te deel. So dit is onwettig om korporatiewe groepe n misskootfooi te vra maar nie familiegroepe of enkeljagters nie en vice versa.
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Jagreels

Post by win270 »

Jy is heeltemal reg hieroor, Smitstertjies. Is daar nie jagplase wat wel onderskeid tref tussen buitelandse en plaaslike jagters en bv. verskillende pryslyste het vir die onderskeie groepe nie? Ek is nie van plan om in 'n argument hieroor betrokke te raak nie, maar diskriminasie tussen kliente oor dieselfde produk of diens wat gelewer word, het seker ook maar 'n fyn lyn wat getrek moet word.
morne smith
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 420
Joined: Wed Jul 25, 2012 11:02 pm

Re: Jagreels

Post by morne smith »

Net so win270
User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1988
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am

Re: Jagreels

Post by Smitstertjies »

win270 wrote:Jy is heeltemal reg hieroor, Smitstertjies. Is daar nie jagplase wat wel onderskeid tref tussen buitelandse en plaaslike jagters en bv. verskillende pryslyste het vir die onderskeie groepe nie? Ek is nie van plan om in 'n argument hieroor betrokke te raak nie, maar diskriminasie tussen kliente oor dieselfde produk of diens wat gelewer word, het seker ook maar 'n fyn lyn wat getrek moet word.
Die wet praat oor bemarking. Jy kan nie op dieselfde advertensie diere aan buitelanders bemark teen R10 en aan biltong jagters teen R2 nie. Niks verhoed jou egter om as outfitter oorsee jou pryse bv by Shot show te bemark teen dollar pryse nie.

Die feit bly, niks fout met n misskoot fooi nie. As jy nie daarvan hou nie, gaan jag op n ander plaas.
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
FanieVenter
Newbie
Newbie
Posts: 43
Joined: Tue Jul 23, 2013 12:40 pm

Re: Jagreels

Post by FanieVenter »

mariusr wrote:Mense dit is duidelik van die post dat baie manne nie op standaard is om bok te jag nie?! Daarmee veroordeel ek die maatskappy wat hulle werkers nooi om iets te gaan jag alles op die huis?Kamstige span bou f#k julle ,julle gee jag 'n slegte naam bly weg asb!!!!!!!!Gaan suip by die huis!!!!!!
Marius, wat is fout met bietjie korrelwater as man in die veld is? Ek kannie my een oog toemaak terwyl ek nugter is nie, so ek vat dan maar 'n sopietjie, net 'n kleintjie!

Groetnis!
Laat hy val waar hy wil!
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: Jagreels

Post by VdWalt »

win270 wrote: Dit gaan oor HOE en van wie daardie skade verhaal moet word.

Die feit dat party jagters die misskootfooi plase sal vermy, beteken dat hulle nie daarvan hou nie en 'n ander oplossing vir die probleem sal wil sien.
Op punt een - hoekom moet iemand anders vir jou misskoot betaal?

Op punt - moet nie mis skiet nie - dan is daar nie 'n probleem nie.
User avatar
375fanatic
Hero Member
Hero Member
Posts: 1213
Joined: Thu May 16, 2013 9:30 am

Re: Jagreels

Post by 375fanatic »

Iets wat ons nie moet vergeet nie is dat baie ouens begin jag omdat hy blootstelling aan jag kry deur n company jag so in prinsiep het ek nie n problem met die idee nie

ek dink wel dat die boer die maatskappy kan vra of hulle onervare manne bring en hulle dan die eerste dag vat vir n opleiding sessie of induksie as jy dit so wil noem ek dink dit kan onsaglik baie waarde toevoeg tot die jag bedryf en dit sal die ouens die nodige confidence gee om die jag ordentlik te doen . daar deur groei die bedryf omdat ouens posetiewe ondervindings het
CZ 550 375 H&H
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7557
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Jagreels

Post by Wouter Roets »

Manne

Verseker is die meeste van ons nou al gatvol vir die hele storie, maar kom ons probeer wel iets positief uit hierdie kry deur na alternatiewe voorstelle oor reels/maatstawe te kyk wat geimplimenteer kan word as oplossings vir die volgende probleme.

1) Diere wat na toe geskiet word en as mis verklaar is wat wel gewond is. Wat sal n aanvaarbare praktyk wees vir beide die boer sowel as die jagter? Natuurlik is hierdie aspek anders soos wat die tipografie en plantegroei bepaal so ek glo hierdie sal meer van toepassing wees op tradisionele bosveldplase.

2) Wat se maatstawe kan daar na gekyk word om te verhoed dat daar onwillekeurige en onnodige skote na diere toe geneem word nie? Hierdie is gebasseer op die aspek dat n mens nie jou diere wil wild geskiet he nie. Hierdie is veral geldig op plase wat eksklusief jag en dit regdeur die jaar bedryf.

3) Wat kan n mens doen om die boer te beskerm teen opkopery van gidse waar diere gekwes was? Hierdie is n wesentlike probleem wat nie altyd erken wil word nie.

4) Wat se maatstawe kan daar gestel word om jagters meer te laat konsentreer en fokus om seker te maak van sy eenskoot doodskoot? Hierdie sal lei tot minder tyd wat gespandeer word op tydrowende opvolg werk van gekweste wild. Dit is van toepassing op beide die plaasbestuur en personeel en jagters se beskikbare jagtyd.

5) Wat kan gedoen word om jagters te forsseer om meer te oefen vir n jag van die wildseienaar se kant af? Indien jagters beter raak sal baie van die bogenoemde aspekte minder van n probleem raak.

Kom ons kyk wat hier uitkom en kom ons probeer sinlike en werkbare oplossings gee.

Ek wag by die radio.

Groetnis
Wouter
User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1988
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am

Re: Jagreels

Post by Smitstertjies »

Wouter Roets wrote:Manne

He He, ek dink n antwoord op al jou vrae is stel n misskootfooi in. Kom ons se so 25% van die dier se waarde ;) Dis wat ek sou doen!
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Jagreels

Post by win270 »

Wouter, jy het die probleem goed uiteengesit. Die antwoord is 'n kombinasie van maatreels om die groter probleem aan te spreek.

Gidse moet nog beter opgelei word en jagter mag slegs skiet as gids aandui hy is tevrede. Ek weet dit sal nie altyd moontlik wees nie.
Gee afslag op prys per bok as die jagter slegs een doodskoot skote geskiet het. Dit beteken noodwendig jy "laai" die pryse vooraf.
Gidse wat betrap word met omkopery, word paslik gestraf. So ook die jagter.
Wees baie strenger met korporatiewe jaggroepe, lei hulle op indien nodig teen 'n fooi.
Raak baie meer selektief wie jy op jou plaas laat jag . . . begin dink aan bewyse
voorle van skietoefeninge.
Vermeerder jou inkomste deur ook ander dinge te doen met die wild op die plaas . . . en daardeur gaan dit nie net oor doodskiet nie.

Ek weet daar is nie een enkele waterdigte antwoord vir die hele probleem nie, maar om slegs misskietfooi in te stel, gaan die groter probleem nie behoorlik aangespreek word nie. Die ou of jaggroep wat kan betaal, sal dit net eenvoudig betaal en die probleem sal steeds voortduur.

Dis maar net 'n klompie idees en moet noodwendig behoorlik nagevors word om die lewensvatbaarheid daarvan vas te stel.
User avatar
375fanatic
Hero Member
Hero Member
Posts: 1213
Joined: Thu May 16, 2013 9:30 am

Re: Jagreels

Post by 375fanatic »

Wouter Roets wrote:Manne

Verseker is die meeste van ons nou al gatvol vir die hele storie, maar kom ons probeer wel iets positief uit hierdie kry deur na alternatiewe voorstelle oor reels/maatstawe te kyk wat geimplimenteer kan word as oplossings vir die volgende probleme.

1) Diere wat na toe geskiet word en as mis verklaar is wat wel gewond is. Wat sal n aanvaarbare praktyk wees vir beide die boer sowel as die jagter? Natuurlik is hierdie aspek anders soos wat die tipografie en plantegroei bepaal so ek glo hierdie sal meer van toepassing wees op tradisionele bosveldplase.

2) Wat se maatstawe kan daar na gekyk word om te verhoed dat daar onwillekeurige en onnodige skote na diere toe geneem word nie? Hierdie is gebasseer op die aspek dat n mens nie jou diere wil wild geskiet he nie. Hierdie is veral geldig op plase wat eksklusief jag en dit regdeur die jaar bedryf.

3) Wat kan n mens doen om die boer te beskerm teen opkopery van gidse waar diere gekwes was? Hierdie is n wesentlike probleem wat nie altyd erken wil word nie.

4) Wat se maatstawe kan daar gestel word om jagters meer te laat konsentreer en fokus om seker te maak van sy eenskoot doodskoot? Hierdie sal lei tot minder tyd wat gespandeer word op tydrowende opvolg werk van gekweste wild. Dit is van toepassing op beide die plaasbestuur en personeel en jagters se beskikbare jagtyd.

5) Wat kan gedoen word om jagters te forsseer om meer te oefen vir n jag van die wildseienaar se kant af? Indien jagters beter raak sal baie van die bogenoemde aspekte minder van n probleem raak.

Kom ons kyk wat hier uitkom en kom ons probeer sinlike en werkbare oplossings gee.

Ek wag by die radio.

Groetnis
Wouter
1. die gids teken elke skoot aan waar en op wat geskiet is sou enige dier opgetel word in daai omgewing binne 14 dae dan kan die boer die foto vir die jagter stuur en hy betaal dan vir sy kwesbok of gaan haal die vleis as dit nog vars is . weet daar is plekke wat dit suksesvol doen en die jagters is ook tevrede met die reeling

2. hou die misskoot reel/fooi in plek ek hou van frederik se voorstel

3. vriende van my het n reeling dat hulle gidse die bribe vat en rapporteer hulle gee hom dubbel die bedrag onmiddelik dit werk elke keer

5. gebruik die logbook gee n afslag vir ouens wat sy logbook bring en se meer as 5 skiet dae perjaar doen dan kan jy mos presies sien watse tabelle hy geskiet het asook sy tellings dit help die jagter ook as hy toegewyde jagter of sportskut is jy kan ook sien hoeveel hy jag
CZ 550 375 H&H
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
User avatar
Reggie Gerber
Hero Member
Hero Member
Posts: 1223
Joined: Wed Aug 10, 2011 3:19 pm

Re: Jagreels

Post by Reggie Gerber »

http://jaracal.com/viewtopic.php?f=61&t=28445

Sal so tipe toets op die inskietbaan voor n jag nie beide die jagter as ook die boer help nie
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Jagreels

Post by PWV »

Wouter Roets wrote:Manne

Verseker is die meeste van ons nou al gatvol vir die hele storie, Groetnis
Wouter

JA..JA...JA.. ONS IS NOU GATVOL HIERVOOR!!! :o
User avatar
LoveHenties
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 413
Joined: Thu Jul 23, 2009 1:08 pm

Re: Jagreels

Post by LoveHenties »

Ek is seker maar 'n softie, maar die blote gedagte aan 'n kwes-bok maak dat ek 2, 3 keer dink voor ek skiet. Dit is darem nie lekker om daardie dier te sien ly en besef jy's die oorsaak nie. Stoot die gal so effens in my keel op... Het as kind twee dae lank na 'n koedoe met 'n af voorpoot gesoek, dit was uiters traumaties.

Die ander kant is dat ek en die gids altyd bietjie haaks raak. Hy wil hê ek moet deur 'n struik skiet, in 'n trop in, ens, en ek weier. Dan raak ta maar redelik dikbek. Maar, ek kry met bietjie werk uiteindelik my vleis, en sy gevoelens is nie regtig vir my so belangrik nie :)
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Jagreels

Post by win270 »

Gidse se vermoëns is dus nie altyd so waffers nie . . . beter opleiding sal dus 'n verskil maak.
Zack Benade

Re: Jagreels

Post by Zack Benade »

JA..JA...JA.. ONS IS NOU GATVOL HIERVOOR!!!
Ek stem saam oor hierdie een.
Wouter jy het mooi gevra en ek sien jy soek na antwoorde.

As ek die wildboer was vir een oomblik.
1. As boer sou ek 'n goeie video kamera stelsel ingestel het wat my vrae kan beantwoord oor mis en kwes skote. Ek sou 'n vidoe maak en kyk wat het die skoot gedoen. Was dit mis of was dit 'n kwesskoot.
Miskkote sal ek nie oor bekommerd wees nie want nie die boer of jagter lei skade nie.
Kwesbokke kan dan opgevolg word.

2. As boer sal ek meer betrokke wees. Te veel boere boer vanuit hulle sitkamers. (My vriende gaan my seker hieroor kruisig) Te veel verantwoordelikheid en verwagtinge word aan gidse en voormanne gegee. Hulle is leef op die broodlyn en 'n bride van 'n paar rand is soos manna uit die hemel vir hom. Die regte man vir die regte job. As ek 'n werker uitvang met omkopery is hy weg. Dieselfde gaan vir die jagter ---ek het dan nie sy inkomste nodig nie.
Ek sal as boer verantwoordelik wees vir my werkers en hulle gedrag. As die jagter skade ly op my plaas soos in die geval van diefstal sal ek hom vergoed en nie hoop sy versekering sal uitbetaal nie. Dis maar net hoe ek is. As die jagter aandring om sy eie versekering te gebruik sal ek dit wardeer.

3. Niemand sal aspris miskiet of 'n dier wond nie. Ek sal nie verwag dat elke man so goed soos ek moet skiet nie maar beslis gemiddeld.

4. Niemand kan niemand forseer om iets soos oefen te doen nie. Die jagter sal beslis 'n gemiddelde skiettoets afle en dit sal bepaal of hy kan jag. Geen uitsonderings nie.
Geen geld in die wereld regverdig 10 skote op 'n dier nie. Dis totaal onaanvaarbaar. Ek hoop nie daar is manne wat se geld is belangriker as 20 skote op 'n dier nie.

5. As ek bekommerd is oor my wild se rustigheid sal ek dink om oor te skakel na boogjag of ten minste 'n gedeelte van my plaas. Geen jag plek kan suksesvol wees deur 100% van die jaar te jag vir 'n inkomste nie en dan nog verwag dat die diere mak sal bly nie.
Ek sal 'n geen skietzone he naby die huis waar die diere weet dat hulle nie hier gejag gaan word nie.
Dimitri
Hero Member
Hero Member
Posts: 1015
Joined: Tue May 22, 2012 4:39 pm

Re: Jagreels

Post by Dimitri »

This is what I would do:

1. Invest R15,000 or so in buying some rangefinders for my guides. If they break or lose them it gets deducted from their salary over a reasonable period. (My guide once lost his walkie talkie but backtracked on the path we followed and found it)
2. Prior to the hunt the hunter submits his form with all his details including the distance at which he considers himself competent to take shots at
3. Hunters are advised prior to booking that they will be subjected to a short shooting test prior to the hunt taking place.
4. They are also informed that the maximum shooting distance that they will be allowed to take shots at will be determined by their test and that the guides will NOT allow shots at distances that exceed those determined by the test.

The test works as follows:
1. Three shots off the shooting sticks at the distance they said they are competent to take shots at.
2. All shots must land in the target - say 12cm x 12cm otherwise they fail the test
3. If he fails the test, the target is brought forward by 50m and he shoots again and the process is repeated with the target being brought forward by 50m each time until we reach a distance that the guy can hit the target with all 3 shots. If we get down to 50m and he still can't hit the target then he is not allowed to take any shots at animals.

On a bushveld farm, missed shots will be charged as follows:
First miss - 10% of the animal's value
2nd miss - 25% of the animal's value & repeat shooting test
3rd & 4th miss - 50% of the animal's value & repeat shooting test
5th miss - 100% of the animal's value & no further hunting

On a open plains farm, I would charge as follows:
1st miss - Free
2nd miss - Free & repeat shooting test
3rd miss - 10% of animals value & repeat shooting test
4th miss - 50% of animal's value & repeat shooting test
5th miss - 100% of animal's value & no further hunting

I would use my own discretion and may not enforce the rules at all - or more leniently - depending on the circumstances and the conduct of the hunter.

I think by forcing the hunter to take shots only at distances that he has proven at the farm he is capable of, a lot of wounding will be avoided. He is further incentivised to be careful because there are financial penalties if he is not.
Last edited by Dimitri on Fri May 30, 2014 11:24 am, edited 1 time in total.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13571
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Jagreels

Post by Capt. Yoda »

Terwyl julle manne so toetse skryf sal ek solank bq jag !
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Post Reply