GS Custom 130 gr HV

Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: GS Custom 130 gr HV

Post by Beretta »

Manne
Ek kry net die popcorn dit raak nou lekker
Wouter Roets wrote: Koos

Gaan in vrede! Ek mors nie meer verder my asem met jou nie!

PS. Verstaan maar nou net weereens hoekom jy n internetbesigheid het en nie n konvensionele winkel nie!
Groete Beretta
Biltongjagter

Re: GS Custom 130 gr HV

Post by Biltongjagter »

Wouter,

Sonder om nou juis die laaste s? te wil h? soos hieronder waarin jy die volgende verklaring maak:
PS. Verstaan maar nou net weereens hoekom jy n internetbesigheid het en nie n konvensionele winkel nie!
Hierdi? vorm omtrent een derde van my bedrywighede, die ander twee derdes is 'face to face' bedrywe en eienaardig genoeg, is hulle net so suksesvol soos die Internet been  8)

Vrede en veilig laai,
Koos.
;D
222
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 438
Joined: Sat Feb 07, 2009 6:26 pm

Re: GS Custom 130 gr HV

Post by 222 »

Manne

Lyk my hier is 'n spreekwoordelike stok in 'n byenes.

Toe ek die post begin het, het ek dit gedoen sodat ek MY bevindinge van die koeels kan weergee. Dit was my persoonlike opinie en ek het gevoel dat dit interresant sal wees om dit met julle manne te deel.

Ek wil nie enige persoon afkraak nie, ook geen produk nie net my bevindinge deel. Ek glo as mens tevrede is met 'n produk deel jy dit met ander en dit was my doel. Dat daar persone gaan wees wat nie van 'n betrokke maak hou nie is so, ons is mos nie almal dieselfde nie daarom het ons die vryheid om te kan kies tussen 'n hele paar produkte.


Groete

Gerrie
Get the facts! Not the apparent facts, the assumed facts, or the hoped-for facts, but the real facts.

.22 Remington P/A
.243
.308
.303 Epps
12 Boor P/A
7.65 FN/Browning
Glock 19
Silent Hunter KD's
Gerard

Re: GS Custom 130 gr HV

Post by Gerard »

'n Algemene fout wat herlaaiers maak is om te verklaar dat alle monometaal koeels min of meer dieselfde is.  Die implikasie is dat alle monos min of meer dieselfde interne, eksterne en terminale ballistiek sal h?.

Hoekom is dit? 

Net die heel groen beginner sal nie die verskil ken tussen die werkverrigting van 'n Sierra Match King en 'n Swift A-Frame nie.  Die redenasie sal wees dat altwee tog loodkern koeels met koper mantels is.  Die verskille in ontwerp word nie in ag geneem nie.  Net so simplisties as wat daardie aanname is, net so neem die aanname dat alle monos dieselfde is, nie die ontwerpverskille tussen monos in ag nie.

Geen mens wat 'n bietjie ondervinding van SMKs en A-Frames het sal verwag dat hulle dieselfde aanwending sou h? nie.  Waarom is dit so moeilik om te aanvaar dat monos ook kan verskil in ontwerp en dus in werking en aanwending?
300Winmag

Re: GS Custom 130 gr HV

Post by 300Winmag »

Gerard wrote:
Waarom is dit so moeilik om te aanvaar dat monos ook kan verskil in ontwerp en dus in werking en aanwending?
So dit kan dus wees dat my Horndy GMX vinniger en egaliger oopmaak as gevolg van die plastiek punt op die punt van die koeel
of verander die reels saam met die topic.
Gerard

Re: GS Custom 130 gr HV

Post by Gerard »

Nee, die plastiek punt in die GMX koeel verhoog slegs die ballistiese koeffisient.  Doen self die toets en dan maak jy aanmerkings uit 'n posisie van 'been there, done that.'

http://jaracal.com/http://jaracal.com/p ... ic.php?t=2

Reels verander nie met die topic nie want die reels/wette van wetenskap verander nie.

Jy s?:
Maak nie saak of ek met PMP, Hornady of Speer skiet nie, ek gaan met die 300 'n bwb se nek afskiet!!
 Moet nie daarop reken nie.  Die Sierra wat jy gebruik het is waarskynlik op groter afstand aangewend as die 80 en 30 meter van die 300gr koeels wat nie so goed gedoen het nie.  Dit is die probleem.  Hoe korter die afstand, hoe groter is die impak snelheid en hoe swakker is die werkverrigting van die koeel.

Wouter,
Ter will van korrektheid:  Die Winchester FailSafe wat later die CT FailSafe geword het het 'n lood agterste kern gehad.  Dit het ook 'n staal mantel voor om die loodkern, binne in die koper kompartement gehad.  Dit het 'n staal doppie agter gehad om die loodkern af te seel.  Dit het nou die Winchester XP3 geword wat steeds 'n lood kern agter in het met die staal doppie om dit te verseel.  Die FailSafe is deur Nosler gemaak maar ek weet nie of die XP3 steeds deur Nosler gemaak word nie.

Die Barnes MRX het 'n agterste kern van saamgeperste tungsten poeier met geen verseeling nie.
Last edited by Gerard on Thu Aug 11, 2011 6:23 pm, edited 1 time in total.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7545
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: GS Custom 130 gr HV

Post by Wouter Roets »

Gehard

Jy is absoluut reg. Ek het op een van my pakkies gaan kyk en dit is presies soos jy se. Ek het dit omgeruil met Barnes MRX soos jy tereg noem. My fout! Nog steeds sal ek se dat die kontruksie nie onder loodkern koeel geklas kan word nie, wel as n mens tegnies wil raak is dit seker reg. Rhino sal dan ook onder loodkern alhoewel die loodholte in die punt is val? Ek persoonlik sal nie een van die koeels daar klasifiseer nie.

Ter inligting wat is GS se gemiddelde gewigritensie met die blare afgebreek teenoor die algemene monolitiese koeels?

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
SmitH
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 453
Joined: Tue Feb 16, 2010 11:36 am

Re: GS Custom 130 gr HV

Post by SmitH »

SmitH wrote:

Hier is n herwinde 150gr gschv wat ek uit n kudu gehaal het wat ek op +- 150m reg van voor geskiet het sy longe niereen hart was stukkend gewees het nog net nie die punt geweeg nie

[img width=560 height=420]http://i1105.photobucket.com/albums/h35 ... 011033.jpg[/img]
Het geweeg en die gewig wat behou was is 81.3%
User avatar
Freddie101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1384
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am

Re: GS Custom 130 gr HV

Post by Freddie101 »

Het nog nie baie met gs custom gelaai nie, maar wil volgende bydrae maak. Laai vir .270w 110hv koeels teen 3360vt/s.
Het koedoebul wat vir my gekyk het op 170m (geskat) geskiet. Reg van voor in nek.
Ingangswond
 Image
Koeel onder vel gekry aan agterkant van nek by bloedkol op foto
Image
Het nekwerwel vergruis. foto
Image
Koeel het so gelyk
Image
77.4 gn geweeg. na skoot.
Koedoe het op die plek geval.
Ek is baie tevrede met die koeel se gedrag

Groetnis Freddie
Last edited by Freddie101 on Sun Aug 14, 2011 6:56 pm, edited 1 time in total.
yol bolsun
User avatar
DavidddeWet
Newbie
Newbie
Posts: 22
Joined: Sat Jul 23, 2011 10:53 am

Re: GS Custom 130 gr HV

Post by DavidddeWet »

Dankie Freddie101,

Sulke fotos en terug voer help manne soos ek wat nie weet wat om te koop as ons herlaai nie.
Dit wys daai punt is gelaai en getoets en doen sy werk.

Groete
David
User avatar
Johan JvR
Hero Member
Hero Member
Posts: 617
Joined: Mon May 16, 2011 10:06 am

Re: GS Custom 130 gr HV

Post by Johan JvR »

M?re manne/Gerard

Frikkie is baie besig en het my gistraand gevra om 'n foto van sy koe?l te neem en hier te plaas. (gelukkig nie sy punt nie - sjoe dis familie forum, ons sal nagmerries kry  ;D )

Hy het my die retensiegewig gegee, maar ek konnie onthou presies hoeveel tiendes dit was nie, dus die 1gr afwyking. (ek was te lui om te gaan weeg) Dus ongeveer 68% gewigretensie in ag geneem moontlike 160gr oorspronklike gewig.

[img width=560 height=372]http://i494.photobucket.com/albums/rr30 ... en/GSC.jpg[/img]
Last edited by Johan JvR on Fri Aug 19, 2011 8:44 am, edited 1 time in total.
Biltongjagter

Re: GS Custom 130 gr HV

Post by Biltongjagter »

Johan,

Uit hierdie foto van Frikkie se herwinde HV koe?l uit sy 300 geskiet, blyk dit nou baie duidelik dat hy 'n 160gr HV koe?l geskiet het en nie 'n 165gr koe?l soos wat hy verkeerdelik geglo het nie - 165gr word nie in HV koe?ls vervaardig nie.

Verder is die volle lengte van 'n onafgevuurde 308160HV koe?l 33.4mm met 'n neus lengte van 17.0mm.
Vir die herwinde koe?l om 'n lengte van net 19.9mm te h?, moes die koe?l dus net 13.5mm van sy lengte verloor het, wat minder is as die neus lengte van 17.0mm.

Dit in ag genome wil dit amper klink of die gewigsbehoud meer as 109 ? 1 gr dalk kan wees.
(Los die luiheid 'n bietjie en weeg maar assblief, Johan - dit so terloops net.)

Nogtans dui 'n gewigsbehoud van 68% aan dat die koe?l nogal redelik hard gewerk het in wat hy ookal getref het.
Ongetwyfeld sou die resultate, met korrekte skootplasing, dodelik gewees het en die terminale resultate dus bevredigend beskryf kon word.

Volgens Gromit (Frikkie) was dit nie -
Die punt was net n stuk soliede koper omtrent 50 % gewig behou. Anders as Barnes X was daar geen omklink nie. Het die punt gehou want dit het my vermoede bevestig.
Verder blyk dit duidelik uit hierdie foto dat Frikkie se koe?l tenvolle omgeklink het en selfs al sy vlerkies verloor het in die proses van penetrasie.

Soos Frikkie beskryf het van die herwinde koe?l -
Ek het later 2 koedoes in die kuiltie geskiet. Geen been getref nie en een van die punte gekry. In die maag as ek reg onthou.
Soos ons almal weet, is maaginhoud baie solied en verweer enige koe?l wat daardeur trek, veel meer as enige vleisweefsel wat gepenetreer sou word.

My mening is dat hierdie koe?l, soos verwag presteer het, gegewe die spesifieke skootplasing.

Groete,
Koos.
User avatar
Johan JvR
Hero Member
Hero Member
Posts: 617
Joined: Mon May 16, 2011 10:06 am

Re: GS Custom 130 gr HV

Post by Johan JvR »

(Los die luiheid 'n bietjie en weeg maar assblief, Johan - dit so terloops net.)

OK,ek sal hom sondagaand weeg en maandag laat weet.
Last edited by Johan JvR on Fri Aug 19, 2011 9:55 am, edited 1 time in total.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: GS Custom 130 gr HV

Post by Geno »

Johan JvR wrote: [img width=560 height=372]http://i494.photobucket.com/albums/rr30 ... en/GSC.jpg[/img]
Daai koeel lyk nes hy moet na hy gewerk het. Die 85gr koeels wat ek uit gemsbokke herwin het, lyk net so. Daai skag wat oorbly penetreer verskriklik goed en reguit. Onthou, die vlerkies maak die skade aan die longe/hart/lewer ens, en die skag wat oorbly maak die uitgangswond wat die bloed gooi.

Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: GS Custom 130 gr HV

Post by Frikkie Coetzee »

Koos
Dit ias goed dat jy opkom vie GS. Jy sal sien uit my aanvanklike post dat ek n hoe dunk het van GS punte. Ek dink net nie die performance is na wense in nie.

Die punt het 109.1 gr geweeg. Johan was nie lui nie. hy het dit nie geweeg nie. Ek het.

Ek is nie tevrede met n MONOMETAAL punt was 68% gewig retensie het op n loop spoed van 2930 fps en so op 120 meter in n koedoe perform nie.Dan skiet ek eerdeer n goedkoper punt. Die hele rede hoekom ek die aansienlike duurder prys betaal vir n premium produk is dat ek verwag die punt moet NADER aan 100 % gewig retensie behou. Selfs bo 90% sal aanvaarbaar wees. Ek wil reeds so min as moontlik he dat die "vlerkies" afskeur en is Barnes se tipiese X wat ek verwag het.

Om op te som. My verwagting van GS en realitiet is nie naby aanmekaar nie.
In my opinie is die saak nou op n einde.

Frikkie
Cradock
Biltongjagter

Re: GS Custom 130 gr HV

Post by Biltongjagter »

Interessant dat ander jagters gemsbokke met 85gr GSCHV koe?ls eenskoot doodskote skiet - ook in die hart/long areas!

Frikkie, as jy s? jou 300, neem ek aan jy praat van iets soos 'n 300WM of 300H&H en nie 'n 30-06 nie.
Hoekom dan hierdie spoed -
Ek is nie tevrede met n MONOMETAAL punt was 68% gewig retensie het op n loop spoed van 2930 fps en so op 120 meter in n koedoe perform nie,
Terwyl GSC se laai data aandui dat jy gemaklik 3200 kan skiet uit 'n 24" loop 300 kaliber en selfs ho?r afhangende van watter 300 dit is?

Anders as Barnes X of watter ander fabrikaat monometaal koe?l, het GSCHV die vermo? om teen heelwat ho?r spoed baie beter werkverrigting (koe?l prestasie) tot gevolg te h?.

Twee faktore staan hier uit in jou ervaring -
Eerstens, moenie GSCHV koe?ls teen ander fabrikate monometaal koe?ls se spoed vlakke gebruik nie (hou by GSC se aanbevelings), en
tweedens, gegewe die belangrikheid van akkurate skootplasing, wat vir alle koe?ls geld, sal terminale resultate en koe?l prestasie in direkte korrelasie met punt 1 hierbo, die eindresultaat bepaal.

Die feite en resultate in praktyk behaal bewys dit telkens.

Groete,
Koos.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7987
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: GS Custom 130 gr HV

Post by Arnold »

Koos, kan ek net inspring hier van die kant af.

Waar beveel GSC 'n sekere spoed vir hulle koeels aan soos jy noem (ek praat nie hier van min spoed nie)? As dit die geval was sou die aanwending van 'n spesifieke koeel baie beperk wees.
Tweedens sal die koeel meer gewig verloor as dit teen 'n hoer spoed gebruik word soos jy aanbeveel en dit is presies waaroor hierdie klient ongelukkig is.
Biltongjagter

Re: GS Custom 130 gr HV

Post by Biltongjagter »

Arnold,

Dwarsdeur GSC se webwerf maak hulle dit duidelik dat GSCHV koe?ls nooit 'ge-download' moet word nie en hulle spel dit ook uit in uitlatings soos 'the faster you drive them, the better they perform!'
Wat dan ook al talle male in die praktyk bewys is!

Verder is die maksimum spoed wat GSC in hulle laai data aandui vir 24" lope (met die FPS/Inch spoed daarby) bedoel om herlaaiers na die mees toepaslike spoed te lei, met natuurlik die voorbehoud dat looplengte en tekens van oormatige druk in die ladingontwikkelings proses, deurentyd baie streng na opgelet moet word.
Soos jy ook seker bewus van is, dui GSC laai data glad nie maksimum ladings aan nie, maar slegs aanvangsladings. Dit juis omdat die korrelasie tussen maksimum spoed en maksimum druk, baie meer akkuraat is as 'n gegewe maksimum lading in verskillende gewere van dieselfde kaliber en selfs fabrikaat.
So sal elke geweer se maksimum lading verskil van mekaar, maar maksimum druk en maksimum spoed sal baie na aanmekaar wees.

Hieruit blyk dit duidelik te wees dat die laer aanvanklike drukpieke wat deur GSCHV se dryfband koe?ls behaal word, spoed noodsaaklikheid tot gevolg het.

Jou tweede vraag, nee, die koe?l sal nie noodwendig meer gewig verloor teen die ho?r spoed nie. Inteendeel, gewigsbehoud mag selfs effens ho?r wees agv die beter werksverrigting wat deur die ho?r spoed te weeg gebring word.

Ho?r spoed meer vleisskade? Nie as gevolg van koe?l fragmentasie nie, juis as gevolg van die baie beter koe?l konstruksie van GSCHV koe?ls.

Ek hoop dit gee meer perspektief oor die ho? spoed GSC dryfband koe?ls.

Groete,
Koos.
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1239
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: GS Custom 130 gr HV

Post by spekieries »

Manne dit klink vir my of daar sekere mense is wat beweer dat sekere punte baie beter as ander is. Ek dink 'n mens moet objektief, nie subjektief betrokke raak by sulke dinge nie. Dit lyk of dit in jou belang is as uitlatings gemaak word dat een punt ja punt beter ontwikkel is as 'n ander. Ek dink dat Barnes X ,Rhino en Frontier punte almal baie goed is.

Hoe lyk hierdie Frontier Spartan 9.3x62 teen so 2250 f/s (286 gr) wat ek uit 'n kalmeerperd kon herwin. Gewigsretensie 88%

Image

Ek is beindruk met hierdie punte, hulle akuraatheid is goed en hulle doen die werk.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7987
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: GS Custom 130 gr HV

Post by Arnold »

Koos, ek dink jy probeer 'n klomp goed aanhaal wat nie werklik die vraag beantwoord nie.

Uit jou skrywe is dit duidelik dat GSC nie 'n spesifieke spoed aanbeveel vir 'n spesifieke koeel nie. Volgens my is die lae min spoed juis 'n verkoopspunt van GSC (dit moet dan natuurlik die werksverrigting by ho? spoed beinvloed)

Dit sal interessant wees om te weet hoe jy dink dat hoer spoed gewigsretensie sal bevorder. (In my opinie is daar een manier en dit is as die koeel vaal en nie oopmaak nie en dan soos 'n solid maak)

Jou volgende sin maak ook glad nie sin nie.
"Ho?r spoed meer vleisskade? Nie as gevolg van koe?l fragmentasie nie, juis as gevolg van die baie beter koe?l konstruksie van GSCHV koe?ls."
GSC koeels fragmenteer juis gedeeltelik by hoe spoed, dit is tog so ontwerp sodat jy steeds penetrasie kry al is dit net die koeel se skag. {verseker minder as loodkern koeels maar steeds breek die blare af in ekstreem gevalle, wat vir my baie na die norm begin lyk in hoespoed kalibers)

Partykeer lyk dit vir my of al die feite so bietjie deurmekaar raak en dan gebruik word soos dit jou pas? (dit is nie as 'n aanval bedoel, jy/almal behoort my beter as dit te ken)
Gerard

Re: GS Custom 130 gr HV

Post by Gerard »

Ter inligting wat is GS se gemiddelde gewigritensie met die blare afgebreek teenoor die algemene monolitiese koeels?
 Wouter, dit is afhanklik van die kaliber, trefsnellheid, ontwerp en aanwending.  Indien die vlerke heeltemal afskeur, wissel die retensie van 85% tot 50%.

Dit ges?, is daar die mite van volledige retensie met monometaal koeels.  Gewigretensie is gewoonlik verkieslik met loodkern koeels maar, met monos kan ek konsentreer op die suksesvolle vorming van die wondkanaal wat die waarskynlikste goeie uitwerking op die dier sal gee.  

Monometaal koeels wat adverteer dat hulle volledig gewig behou is in elk geval besig met valshede.  Wat werklik belangrik is, is dat die koeel die eienskappe behou wat reguit en diep penetrasie gee.  Die koeel moet ook 'n ordentlike volume wondkanaal vorm.  Hierdie dinge moet beheerd gebeur en nie lukraak nie en dit is waar GSC uitstaan.

Frikkie,
Ek wil reeds so min as moontlik he dat die "vlerkies" afskeur en is Barnes se tipiese X wat ek verwag het.
Die dilemma met die tipiese X is dat dit nie so gebeur nie.  Ek het 'n foto van 72 bekende koperkoeels wat uit diere herwin is.  7 Van die koeels lyk soos die tipiese advertensie wat mens van hulle sien.  20 het van die vlerke verloor, 38 het al die vlerke verloor en 7 het getuimel nadat daar geen of feitlik geen oopmaak was nie.

GSC waarborg dat die HV koeels sal oopmaak van 1600vps impak af en dat die gewigretensie na aan 100% sal wees tot by impakte van ongeveer 2500vps.  Met ander fabrikaat monos is impakte van 2000/2200vps nodig om oopmaak te gee, en soms is dit meer.  Werklike betroubare werkverrigting is eers verseker met impakte van om en by 2200vps.  Die 10% koeels wat nie oopgemaak het nie, in die voorbeeld van 72 hierbo is vir my 'n wesenlike probleem.  Ek sal liewers betroubare werking teen laer snelhede kry, waar ek dit werklik nodig het, en gewigverlies teen ho?r snelhede met die gepaardgaande voordele wat dit bring, as wisselvallige werking wat ek nie kan voorspel nie.

As 10% van GSC se HV of HP koeels nie sou oopmaak na impak nie, sluit ek die GSC fabriek en gooi die sleutels weg.

Die probleem is egter die mite van gewigretensie.  Dit is 'n mite en bring nie noodwendig verhoogde werkverrigting nie.  Hou ingedagte dat, indien die koeel ontwerp is om dit te hanteer, spoed net goeie goed bring.

Ek wil voorstel dat jy die spoed van die 160gr HVs in jou 300 opstoot met so 250vps en dan sien hoe die werkverrigting verbeter.

Laastens: Koeels het punte, punte het nie koeels nie en 'n koeel is nie 'n punt nie.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7987
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: GS Custom 130 gr HV

Post by Arnold »

Gerard, ek geniet dit altyd om jou plasings te lees.

Kan jy asb vir my/ons verduidelik in watter opsigte die werksverrigting behoort te verbeter soos jy hier uitwys.
Gerard wrote: Ek wil voorstel dat jy die spoed van die 160gr HVs in jou 300 opstoot met so 250vps en dan sien hoe die werkverrigting verbeter.
Gerard

Re: GS Custom 130 gr HV

Post by Gerard »

Meer spoed gee t.o.v. eksterne ballistiek:
1. Platter trajek.
2. Minder windskuif.
3. Korter vlugtyd.
4. Groter statiese stabilitiet.
5. Vinniger demping van die eerste en tweede nutasie nadat die koeel by die loop ontprop.
6. Groter reikafstand (point blank range)

Dit maak dus die eerste verantwoordelikheid van skootplasing makliker.

Meer spoed gee t.o.v. terminale ballistiek:
1. Groter waarskynlikheid van reguit penetrasie.
2. Meer momentum vir dieper penetrasie.
3. Meer energie vir groter wondkanaal volume.
4. Groter bydrae van sekond?re wondkanaal tot die wondkanaalvolume.

Dus, 'n beter kans op die sukses van die oefening.

Bogenoemde geld net vir koeels wat nie in stof verander by impak nie.
Biltongjagter

Re: GS Custom 130 gr HV

Post by Biltongjagter »

Net soos jy s?, Arnold -
Uit jou skrywe is dit duidelik dat GSC nie 'n spesifieke spoed aanbeveel vir 'n spesifieke koeel nie
Maar wat volg dan nou hier?
Ek wil voorstel dat jy die spoed van die 160gr HVs in jou 300 opstoot met so 250vps en dan sien hoe die werkverrigting verbeter.
Dit nou op vanaf Frikkie se 2930vps bring jou by 3180vps - gaan kyk wat s? laai data tabelle !!!!!

Dan die 'effense meer' gewigretensie waaroor jy so kla -
Die probleem is egter die mite van gewigretensie.  Dit is 'n mite en bring nie noodwendig verhoogde werkverrigting nie.  Hou ingedagte dat, indien die koeel ontwerp is om dit te hanteer, spoed net goeie goed bring.
Vleisskade - afgesien van die gedeeltelike fragmentering van GSCHV koe?ls, is dit ook oor en oor bewys in die praktyk dat vleisskade met die GSCHV veel laer is as meeste ander monolitiese koe?ls.
Die gebrek hieraan
wisselvallige werking
met GSCHV, verklaar dit.

Nogtans, dankie vir jou bydrae Arnold!
Gerard

Re: GS Custom 130 gr HV

Post by Gerard »

Almal is so beleefd!  Wat gaan aan?  ;D  ;D  ;D
Post Reply