CZ of Glock (9mm)

User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: CZ of Glock (9mm)

Post by Hein M. »

bobby wrote: Google glock problems and you'll see why you take such a chance getting a glock .

one thing about glock is they never have a recall it's all ''upgrades ''  . glock always settles out of court when sued and another thing is most ad's are from glocks fact .

the thing of not shooting lead in glocks is glocks way of getting out of the garentee , if a pistol can't work with lead bullets it's a pointless pistol in africa   .

i personally know of 4 guys who got rid of glocks because of them jamming yes if you get a good one you a for away but should   you get a flop you buggered .

get a revolver it's a better bet .
Bobby

Die rede hoekom daar so sogenaamde probleme met Glocks  - op Google is, is omdat dit die gewildste pistole in die VSA is.  Die meeste privaatpersone is egter nie opgelei nie met die gevolg dat die verkeerde hantering, herlaaimetodes en onderhoud aanleiding tot probleme gee.  Dit is nie 'n Glock fout nie, eerder onopgeleide hanteerders se fout. 

Jou aanname dat daar "flops" is, geld vir alle meganiese toerusting.  Ongelukkig is dit so dat die meeste privaat skuts taamlik deur die k*k is en dan hulle foute op die betrokke fabrikaat blameer ;)  Hoeveel ouens doen regtig die moeite om 'n volwaardige pistoolkursus te doen?  Die meeste ouens dink dat as hy in die army met 'n R1 / R4 opgelei is, dat hy 'n pistool ook suksesvol kan hanteer... Fout.

Ek het al talle kere op die skietbaan gesien hoe "goeie" skuts met hulle Glocks storings ervaar omdat hulle die wapen verkeerd vashou.  Wie se skuld is dit DADELIK?  Natuurlik die verdomde plastiekpistool!

Hein M
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
bobby
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 356
Joined: Fri Jan 29, 2010 6:28 pm

Re: CZ of Glock (9mm)

Post by bobby »

hein

well maybe i'm just a shot then with the jams i've had with my glock . the fact is that if it jams cos i'm holding it just not right but all the other pistols i've shot doesn't it's a flop period . what happens when you grap or draw your pistol quickly and you don't grip it just right and it jams ? you might die thats what .

i for one have never done a pistol course yet will hold my own with any sa idpa shooter or sa  pin shooter , hell my old man taught me to shoot on woodstock beach years ago so i don't agree with you on the piont of doing a course to become handy with the steel or in this case plastic .

did you know glock settles plenty cases out of court why ?

cheers bobby
bobby
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 356
Joined: Fri Jan 29, 2010 6:28 pm

Re: CZ of Glock (9mm)

Post by bobby »

piet

my money for the most reliable handgun goes to the ruger revolvers but ja the h+k's are great pistols .
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: CZ of Glock (9mm)

Post by Hein M. »

Bobby

Gelukkig het jy 'n pa gehad wat jou reg leer skiet het...  Die meeste mense het nie.  Watse Glock het jy gehad?  Moeilik om te glo dat jy die heeltyd probleme met hom gehad het.  Ek het met VERSKEIE Glocks al honderde skote geskiet en NOOIT 'n probleem gehad nie ???

Watse ammo het jy gebruik?  Dit is die nr. 1 probleem met alle storings.  Die Glocks hou van taamlike hot loads.  Patrone met lae ladings kan dalk storings veroorsaak.

Stem saam oor die Ruger rewolwers.  My persoonlike gunsteling is die Super Redhawk .44 Magnum. 

HK ;D  Hierdie fabrikaat pistole is duurder vir min voordele bo die Glocks.  Hulle storings met reloads is BAIE erger as met Glock.  Die kamer-tolleransies is knapper, maar met reloads kom daar maar baie storings voor.

Natuurlik sal Glock die meeste sake buite die hof probeer skik.  Media is SLEG vir besigheid.  Dit beteken eger nie dat die hanteerders van die wapens REG was nie...  Ons leef in 'n vryemarkstelsel.  Please!!!  Die ouens wat die MEESTE besigheid doen is in die kollig...

NS!  Ek is baie lief vir die 45. ACP Mod. 70, Sig 220,  Beretta 92 en CZ 75 (Ou weergawe), so moenie dink ek is 'n all-plastic-fan nie.

Ek waardeer ook die lekker gesels ;D

Hein M
Last edited by Hein M. on Sat Apr 23, 2011 9:50 pm, edited 1 time in total.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: CZ of Glock (9mm)

Post by Hein M. »

Piet

Glocks en HK's kos NIE dieselfde nie...  In elk geval nie in Suid-Afrika nie.

Hein M
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: CZ of Glock (9mm)

Post by Hein M. »

Piet-Skiet wrote: Ek koop I nuwe p2000 vir minder as I nuwe glock en I p30 vir die selle prys as I nuwe glock
Piet

Waar? 

Hein M
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: CZ of Glock (9mm)

Post by Hein M. »

Piet

Ek het 'n Glock en ek voell nie een oomblik geroof nie, net veilig.  Het vanmiddag weer 'n 100 patrone deur hom gejaag, sonder enige probleme ;D  Way to go.

Hein M
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: CZ of Glock (9mm)

Post by Hein M. »

Piet

Wat Special Forces aanbetref is HK "beter"  ;D.  HK het natuurlik 'n beter pakket aangebied as Glock - alles gaan oor GELD...
http://www.streetpro.com/usp/hksocom.html

Hein M
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
bobby
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 356
Joined: Fri Jan 29, 2010 6:28 pm

Re: CZ of Glock (9mm)

Post by bobby »

piet

i mean ruger revolvers . have you ever heard of a ruger revolver break or malfuction ?

a really great gun was /is the z88 it's just too big for carry .
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: CZ of Glock (9mm)

Post by James Wilson »

cz, maar nog opsies is Baretta en Sig.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: CZ of Glock (9mm)

Post by cassie_calvinia »

die topic is 10 jaar oud.
het mense nou al besluit watse een is die beste?
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1483
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: CZ of Glock (9mm)

Post by Eduard Venter »

Ek het ook lank terug die vraag gevra en net een ou het die regte antwoord gegee... Koop altwee!

Ek gebruik beide, maar verkies meestal die Glock oor sy eenvoud. Albei is puik wapens.

Sent from my SM-G973F using Tapatalk

HeinM
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 497
Joined: Sun Feb 07, 2021 4:54 pm

Re: CZ of Glock (9mm)

Post by HeinM »

cassie_calvinia wrote: Wed Mar 23, 2022 4:06 pm die topic is 10 jaar oud.
het mense nou al besluit watse een is die beste?
"Beste" is steeds 'n relatiewe begrip. Sal altyd wees. Daar sal wel altyd hoenders wees die tool die skuld gee. ;)
Kolhasie
Hero Member
Hero Member
Posts: 547
Joined: Fri Jul 04, 2014 1:29 pm

Re: CZ of Glock (9mm)

Post by Kolhasie »

Ek weet wel van n cz wat al oor die 20k skote geskiet het met geen probleme nie.

myne staan al op so 5000
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13507
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: CZ of Glock (9mm)

Post by Capt. Yoda »

Sig
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: CZ of Glock (9mm)

Post by cassie_calvinia »

Ek het die 43x gekoop.
ek hou meer van die strike fire as hie PO7? dink ek met die haan.
werk net soveel makliker, en hoe makliker, hoe minder goed kan fout gaan.
wel, ek wag nog vir kaartjie, so kan nie regig opienie lig nie
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
Aceofspades
Hero Member
Hero Member
Posts: 598
Joined: Sat Sep 20, 2014 8:59 pm

Re: CZ of Glock (9mm)

Post by Aceofspades »

Meeste moderne pistole sal vir jou 'n leeftyd hou en min na geen probleme gee nie.

Meeste moet tussen 5000 en 10 000 rondtes nuwe recoil springs kry. Dit hang ook natuurlik af van die ladings wat geskiet word.

Belangrik op die eenImageJou pistool gaan nog werk met 'n ou recoil spring, maar die pistool gaan meer stres ondegaan met elke skoot. Vervang die springs!


Koop vir jouself 'n service kit of twee. Dan vervang jy sommer alles wat in die pakkie is.

Iets om na te kyk is magasyn pryse. As jy enigsins daarna kyk om die pistool te gebruik vir meer as 'n kluis aanvuller gaan jy met hom moet oefen. En daarvoor het jy defnitief spaar magasyne ook nodig. Met tyd verweer die magasyne. As hy hy foutief is en nuwe binnegoed werk nie, gooi hom weg en koop 'n nuwe een.

Koop 'n pistool wat jy kan dra en mee oefen. Help nie jy koop 'n G34 in 960 Rowland nie. Hy is te groot om te dra en ammunisie ( doppe, doppe, doppe) gaan jou 'n plaas kos.

Kyk na 9mmP. Dis goedkoop, volop en met moderne verdedigings rondtes, effektief.

Gaan om by jou vriende en skiet en dra, sover moontlik, hulle pistole vir 'n halfuur of uur om te kyk wat jy van hou.

EN

As jy dan een gekoop het kan jy 'n "brand junkie" word. Dan kan jy al die ander ouens uithaal omdat jou pistool beter is as al hulle s'n.

Nou, op 'n ernstige noot. Beretta is die beste. Glock is aanvaarbaar, maar Seeeeezet kan maar glyImageImage

Sent from my BV9900E using Tapatalk

User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: CZ of Glock (9mm)

Post by cassie_calvinia »

herlaai patrone? tussen kalibers?
is daar n verskil? fmj? vs lood? met voer ens?
nog 'n rede hoekom ek meer van strike fire hou, kan hom service en oordoen soos niks.
help gou, as ek nou na 7 jaar se wag die glock kry, hoe en waar lube mens eers voor skiet?
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
Viking
Hero Member
Hero Member
Posts: 871
Joined: Tue Jun 03, 2014 4:55 pm

Re: CZ of Glock (9mm)

Post by Viking »

Klink maar vir my baie soos die Toyota vs Isuzu bekgevegte!!

Ek skiet al jare 'n CZ75....want ek het nie 'n Glock nie. Nog nooit enige moeilikheid met die wapen gehad nie en ek het hom 2e hands aangeskaf.

Nou gaan ek popcorn skiet....!
" My idea of gun control is using BOTH hands!"
HeinM
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 497
Joined: Sun Feb 07, 2021 4:54 pm

Re: CZ of Glock (9mm)

Post by HeinM »

Ek wonder hoeveel manne kan self hulle pistole se slagpenne uithaal en skoonmaak... Nog 'n groot oorsaak van storings ;)
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1343
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: CZ of Glock (9mm)

Post by Toxxyc »

Ek skiet 'n CZ 85. Ding is groot en swaar maar as jy sneller trek maak hy lawaai en iets tref lood daar voor.

Jy kan nie fout gaan met enige moderne pistool eintlik deesdae nie. Maak seker die een wat jy koop het naverkoopdiens in terme van parte en goeters en jy's OK.

99% van vandag se pistole sal ook 100,000 skote hou voor jy enigsins begin probleme kry, mits jy onderhoud doen natuurlik, net soos 'n kar. Karre is elke 15,000km, en pistole elke 5,000 to 10,000 skote. Moenie die +P+ goed skiet nie en skiet gereeld. 'n Glock wat jy dra is beter as 'n Sig wat in die kluis lê.

Ek weet persoonlik van ouens wat al 120,000+ skote deur hulle pistole gesit het, en dis goeters van allerhande make en vorme en alles. Ek self het seker al so 25,000 skote deur myne deur die jare se skiet en IPSC en alles.
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1343
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: CZ of Glock (9mm)

Post by Toxxyc »

HeinM wrote: Thu Mar 24, 2022 12:21 pm Ek wonder hoeveel manne kan self hulle pistole se slagpenne uithaal en skoonmaak... Nog 'n groot oorsaak van storings ;)
Bitter min. Slagpen in sy holte (as hy free floating is) moenie ge-olie word nie en jy kry probleme as manne dit doen.
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1868
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: CZ of Glock (9mm)

Post by Ratel »

Ek skiet altwee. Glock 23, CZ Sp01 Shadow en CZ 75 Pre B. Albei make is uiters betroubaar. Hang maar seker af van voorkeure tussen twee fabrikate. Ek sal enige tyd enige van die twee koop.

Ek lees die draad nou en wonder of pietskiet nou al 'n Glock aangeskaf het. >:D
Maak 'n verskil
User avatar
Dumbluck
Hero Member
Hero Member
Posts: 561
Joined: Mon Sep 21, 2015 12:08 pm

Re: CZ of Glock (9mm)

Post by Dumbluck »

In die winter het ek altyd 'n denim met 'n belt aan so dra my Glock 19 oorals saam.

In die somer is hy te groot en 'n las om te dra.

As ek nou 'n geld het wat my gepla het sou ek vir my 'n Glock 43x koop en hy sal oorals saam my kan gaan, heeljaar deur.

Het vir my vrou een gekry en dis vir my die perfekte pistool vir EDC.

Ek het nie ondervinding met CZ nie maar ek weet hulle is groter en swaarder as dieselfde tipe pistool in Glock. Die Glock het ook minder goed wat kan haak. Dis hoe ek destyds my besluit gemaak het tussen die 2.

Ek het die 19 gekoop om lekker op die baan ook te kan speel en nou lê hy ma meer in die kluis as wat hy op my is. In die kluis help hy my niks.

Ma net nog iets om te oorweeg.

Image

Image

Image

Sent from my SM-G991B using Tapatalk



Adriaan Barkhuizen
facebook instagram youtube
HeinM
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 497
Joined: Sun Feb 07, 2021 4:54 pm

Re: CZ of Glock (9mm)

Post by HeinM »

Toxxyc wrote: Thu Mar 24, 2022 12:25 pm
HeinM wrote: Thu Mar 24, 2022 12:21 pm Ek wonder hoeveel manne kan self hulle pistole se slagpenne uithaal en skoonmaak... Nog 'n groot oorsaak van storings ;)
Bitter min. Slagpen in sy holte (as hy free floating is) moenie ge-olie word nie en jy kry probleme as manne dit doen.
Jip. Die carbon en olie vorm oor tyd 'n taai pasta in die holte - wat tot erge storings lei... Ek maak die holte en pen - met sy veer - so elke 1000 skote skoon. As jy (die Glock) vorentoe en agtertoe tilt, kan jy die slagpen duidelik hoor. As die slagpen - en holte vuil is, hoor hy hom nie...
Post Reply