Swede wrote: Sat Mar 26, 2022 12:08 pm
Hoe berei jy jou brein voor prakties om iemand te kan skiet. Watter oefening verwys jy hier na?
Sent from my SM-N970F using Tapatalk
Hierdie is n moeilike vraag, want dit het verskeie punte wat aandag verg. Ek verduidelik soos wat ek gehoor, gelees en geoefen het.
Eerstens is die reflekse - dit is die veg/vlugreaksie wat outomaties inskop wanneer n mens groot skrik. Adrenalien speel hier n baie groot rol, en dit beinvloed die motoriese vaardighede, dws die manier waarop spiere funksioneer. As n mens hier nie geoefen het om n wapen te trek, te korrel en te skiet nie, kan dit maklik gebeur dat n mens vries, of die wapen laat val, of op n heeltemal onbeplande tydstip n skoot aftrek en jouself raakskiet. Vir die interessantheid: adrenalien veroorsaak bv dat n mens tonnelvisie ontwikkel: jy kan letterlik net n kol voor jou sien, en klank klink anders. n Mens kan dus nie behoorlik waarneem nie. Dit het eendag met my tydens n tipe pretdraf gebeur, en dit is voorwaar n merkwaardige ervaring! Jy moet genoeg geoefen he dat die liggaam ten spyte van steurings (wonde, skrik, angs ens) nog steeds funksioneer.
Tweedens is die hele saak rondom doodmaak, en dit is waar ek waarskynlik nou gaan klei trap en die ouer manner sal moet help. Dit is - volgens oudstryders - n baie ernstige saak om iemand anders dood te maak want dit gaan teen n mens se grein in om dit te doen, en dit vat blykbaar n bewuste besluit om dit te doen. n Oom het eendag vir my gese "
...mensbloed maak jou stadig...". Dit is dus vir die gemiddelde mens n soort sielestryd om n ander persoon se lewe te neem. Ek is nie bewus van n manier om direk daarop voor te berei nie, want ons weet nie wat ons sal doen as ons daardie besluit moet neem nie. Een van die beste manier om voor te berei is om gereeld te skiet asof n mens in so n situasie is want dan is daardie deel van die voorbereiding reeds gedoen. Dit kom daarop neer dat wanneer die brein die bevel gee om te skiet, die liggaam geheel en al outomaties moet reageer want die kanse is baie baie goed dat die boodskappe van die brein af net baie beperk uitvoerbaar sal wees.
n Instrukteur het eendag vir ons gese dat die menlike brein nie werklik kan onderskei tussen werklikheid en gedagtes nie, en dit is n baie groot hulpmiddel. (
Dit is onder andere waarom depressie so n probleem is - die negatiewe gedagtes vergiftig naderhand die liggaam!) n Mens moet dus visualiseer hoe so n skietery kan verloop, en dit genoeg herhaal dat wanneer dit werklik plaasvind, dit reeds n bekende saak in jou gedagtes is. Verder moet n mens konsentreer op besonderhede, soos bv jou teikenarea (heupe of hart?) en dat n mens bewustelik die skoot daar afdruk.