CZ of Glock (9mm)

User avatar
Aceofspades
Hero Member
Hero Member
Posts: 598
Joined: Sat Sep 20, 2014 8:59 pm

Re: CZ of Glock (9mm)

Post by Aceofspades »

cassie_calvinia wrote:herlaai patrone? tussen kalibers?
is daar n verskil? fmj? vs lood? met voer ens?
nog 'n rede hoekom ek meer van strike fire hou, kan hom service en oordoen soos niks.
help gou, as ek nou na 7 jaar se wag die glock kry, hoe en waar lube mens eers voor skiet?
Hi Cassie

Jy kan maar redelik laai soos enige centrefire. Die klein verskille sal jy gou agterkom.

Lood is die goedkoopste. Jy mag dan wel so bietjie leading probleme ondervind.

Coated en polymer koëels is die tweede goedkoopste. So sal jy min na geen lood probleme in die loop kry.

CMJ's kan jy kry vir R1.30 to R1.90 per koëel, afhangende van waar jy koop. Hulle laai bietjie makliker as coated of lood koëels.

FMJ's het ek nie 'n idee hoeveel hulle deesdae kos nie.

Ek cast, coat en skiet gewoonlik maar my eie.

Streng gesproke kan jy alles olie behalwe die loop binne, striker, striker port en striker spring en die binnekant van jou magasyn.

Ek sal wel voorstel dat jy konsentreer op jou locking lug, slide rails, recoil spring, trigger bar en connector.

Ek drylube my strikers en magasyne met PTFE

Sent from my BV9900E using Tapatalk

HeinM
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 497
Joined: Sun Feb 07, 2021 4:54 pm

Re: CZ of Glock (9mm)

Post by HeinM »

Aceofspades wrote: Thu Mar 24, 2022 9:49 am Meeste moderne pistole sal vir jou 'n leeftyd hou en min na geen probleme gee nie.

Meeste moet tussen 5000 en 10 000 rondtes nuwe recoil springs kry. Dit hang ook natuurlik af van die ladings wat geskiet word.

Belangrik op die eenImageJou pistool gaan nog werk met 'n ou recoil spring, maar die pistool gaan meer stres ondegaan met elke skoot. Vervang die springs!

Koop vir jouself 'n service kit of twee. Dan vervang jy sommer alles wat in die pakkie is.

Iets om na te kyk is magasyn pryse. As jy enigsins daarna kyk om die pistool te gebruik vir meer as 'n kluis aanvuller gaan jy met hom moet oefen. En daarvoor het jy defnitief spaar magasyne ook nodig. Met tyd verweer die magasyne. As hy hy foutief is en nuwe binnegoed werk nie, gooi hom weg en koop 'n nuwe een.

Koop 'n pistool wat jy kan dra en mee oefen. Help nie jy koop 'n G34 in 960 Rowland nie. Hy is te groot om te dra en ammunisie ( doppe, doppe, doppe) gaan jou 'n plaas kos.

Kyk na 9mmP. Dis goedkoop, volop en met moderne verdedigings rondtes, effektief.

Gaan om by jou vriende en skiet en dra, sover moontlik, hulle pistole vir 'n halfuur of uur om te kyk wat jy van hou.

EN

As jy dan een gekoop het kan jy 'n "brand junkie" word. Dan kan jy al die ander ouens uithaal omdat jou pistool beter is as al hulle s'n.

Nou, op 'n ernstige noot. Beretta is die beste. Glock is aanvaarbaar, maar Seeeeezet kan maar glyImageImage

Sent from my BV9900E using Tapatalk
My vrou sê sy ken jou nie, maar na hierdie post laaik sy jou sommer baie... Sy het die APX Compact - en is natuurlik fanaties Beretta... Sy het 'n Mod. 71 ook...
User avatar
Aceofspades
Hero Member
Hero Member
Posts: 598
Joined: Sat Sep 20, 2014 8:59 pm

Re: CZ of Glock (9mm)

Post by Aceofspades »

HeinM wrote:

Jip, hier is 'n Beretta'tjie of so hier in die huis. Die nuwe enetjie is my vrou s'n.

Sent from my BV9900E using Tapatalk

Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1870
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: CZ of Glock (9mm)

Post by Alwin »

Net so 'n paar kommentare oor handwapens:

1. Daar is nie iets soos 'n beste handwapen nie. Daar is wel sekere wapens wat beter is vir sekere doeleindes. Dis hoekom daar so 'n groot verskeidenheid is.
2. Vir 'n dra-wapen, kies eenvoud. As jou 'n hou teen die kop gekry het en besig is om te bloei, wil jy nie sukkel met ingewikkelde meganismes nie. Dan wil jy net trek en skiet. Enigiets ekstra wat jy moet doen, kan jou jou lewe kos. Mors nou tyd en leer jouself reg. As die papaja die waaier tref, is jou ekstra tyd op.
3. Dra jou wapen GELAAI! As jy hom leeg dra, het jy waarskynlik die res van jou lewe om hom gelaai te kry...
4. Doen kursusse, leer en oefen. Die wapen is nie 'n towerstaf wat jou teen die bose magte gaan beskerm nie. Dis 'n gereedskapstuk wat JY kan gebruik om jou en jou geliefdes se lewe te beskerm. Leer hoe.
5. Kies 'n wapen wat gaan bly werk vir jare. Die lisensie vat heeltemal te lank om hom gou om te ruil as jy agterkom jy het 'n stuk gemors gekoop. Doen navorsing, lees en leer, dan kies jy een keer.
6. Moenie spaar op die aankoopprys nie. Wat is jou (en jou geliefdes se) lewe vir jou werd?
7. Skiet sport-dissiplines met jou dra-wapen. Dit is pret en gee jou broodnodige oefening. Die oefening gee jou vertroue in jou wapen en in jouself. Dit kan 'n lewensredder wees.
8. Skaf gerus 'n goeie sportskiet-handwapen ook aan. Dit verskil gewoonlik van 'n goeie dra-wapen in grootte en gewig. Meganismes kan ook verskil.
9. Vir sportskiet is 'n sensitiewe sneller, lang visier radius, meer gewig en groter magasynkapasiteit gewoonlik baie nuttig.
10. Vir 'n dra-wapen wil jy nie 'n sensitiewe sneller hê nie, want as jy vol adrenalien (en dalk bloed) is, verdwyn jou fyn motoriese beheer en kan jy nie meer daardie lekker haarsneller voel of beheer nie. Die ding raak dus gevaarlik. Die moderne dubbelaksie pistole met plastiekraam en sonder skerp hoeke en punte is wêreldwyd gewild vir 'n goeie rede. Dis nie 'n modegier nie.
11. Die keuse is lankal nie meer tussen CZ en Glock nie, maar tussen tipes pistole en die naverkoopdiens wat jy uit die agente kan kry. Uitendelik moet jy seker maar een van elk kry...
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2133
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: CZ of Glock (9mm)

Post by Ds J »

Alwin wrote: Sat Mar 26, 2022 11:32 am Net so 'n paar kommentare oor handwapens:

Puik gedagtes!

Nog een of twee sake om aan te dink:

Dit is KRITIES belangrik om jou brein voor te berei vir die dag wat n mens moes skiet om te oorleef. Dit gaan oor reflekse wat geprogrameer moet word, en dit kom slegs deur herhaling (oefening).

Om dit in praktiese terme te verduidelik: in n geveg tussen n bokser en n karateka (albei met een jaar ervaring) sal die bokser met groot waarskynlikheid wen. Waarom? Want hy is na n jaar gewoond aan harde houe in sy gesig, en dit affekteer nie meer sy reaksies en gedagtes nie. Wetenskaplik gesproke skakel hy in n noodsituasie oor na die vegreaksie. Die karateka ken na n jaar eers sy derde kata en het darem al n bietjie geskerm. Sodra hy n harde hou kry, skakel sy brein oor na die vlugreaksie en dit kos tyd om daar uit te kom.

Om n pistool te dra is nie moeilik nie, hy kan egter eers iets beteken as n mens onder onmoontlike omstandighede outomaties met hom kan werk.

Werklike geval: n vrou staan met n oorgelaaide pistool in haar hand en probeer n inbreker skiet. Die inbreker stap kalm nader, haal die pistool uit haar hand, bedank haar, en stap uit. Sy was so verskrik toe haar veg-of-vlug-reaksie inskop dat sy verstar het.
User avatar
Swede
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Fri Apr 20, 2012 11:56 am

Re: CZ of Glock (9mm)

Post by Swede »

Hoe berei jy jou brein voor prakties om iemand te kan skiet. Watter oefening verwys jy hier na?

Sent from my SM-N970F using Tapatalk

And as thy days, so shall thy strength be
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2133
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: CZ of Glock (9mm)

Post by Ds J »

Swede wrote: Sat Mar 26, 2022 12:08 pm Hoe berei jy jou brein voor prakties om iemand te kan skiet. Watter oefening verwys jy hier na?

Sent from my SM-N970F using Tapatalk
Hierdie is n moeilike vraag, want dit het verskeie punte wat aandag verg. Ek verduidelik soos wat ek gehoor, gelees en geoefen het.

Eerstens is die reflekse - dit is die veg/vlugreaksie wat outomaties inskop wanneer n mens groot skrik. Adrenalien speel hier n baie groot rol, en dit beinvloed die motoriese vaardighede, dws die manier waarop spiere funksioneer. As n mens hier nie geoefen het om n wapen te trek, te korrel en te skiet nie, kan dit maklik gebeur dat n mens vries, of die wapen laat val, of op n heeltemal onbeplande tydstip n skoot aftrek en jouself raakskiet. Vir die interessantheid: adrenalien veroorsaak bv dat n mens tonnelvisie ontwikkel: jy kan letterlik net n kol voor jou sien, en klank klink anders. n Mens kan dus nie behoorlik waarneem nie. Dit het eendag met my tydens n tipe pretdraf gebeur, en dit is voorwaar n merkwaardige ervaring! Jy moet genoeg geoefen he dat die liggaam ten spyte van steurings (wonde, skrik, angs ens) nog steeds funksioneer.

Tweedens is die hele saak rondom doodmaak, en dit is waar ek waarskynlik nou gaan klei trap en die ouer manner sal moet help. Dit is - volgens oudstryders - n baie ernstige saak om iemand anders dood te maak want dit gaan teen n mens se grein in om dit te doen, en dit vat blykbaar n bewuste besluit om dit te doen. n Oom het eendag vir my gese "...mensbloed maak jou stadig...". Dit is dus vir die gemiddelde mens n soort sielestryd om n ander persoon se lewe te neem. Ek is nie bewus van n manier om direk daarop voor te berei nie, want ons weet nie wat ons sal doen as ons daardie besluit moet neem nie. Een van die beste manier om voor te berei is om gereeld te skiet asof n mens in so n situasie is want dan is daardie deel van die voorbereiding reeds gedoen. Dit kom daarop neer dat wanneer die brein die bevel gee om te skiet, die liggaam geheel en al outomaties moet reageer want die kanse is baie baie goed dat die boodskappe van die brein af net baie beperk uitvoerbaar sal wees.

n Instrukteur het eendag vir ons gese dat die menlike brein nie werklik kan onderskei tussen werklikheid en gedagtes nie, en dit is n baie groot hulpmiddel. (Dit is onder andere waarom depressie so n probleem is - die negatiewe gedagtes vergiftig naderhand die liggaam!) n Mens moet dus visualiseer hoe so n skietery kan verloop, en dit genoeg herhaal dat wanneer dit werklik plaasvind, dit reeds n bekende saak in jou gedagtes is. Verder moet n mens konsentreer op besonderhede, soos bv jou teikenarea (heupe of hart?) en dat n mens bewustelik die skoot daar afdruk.
Last edited by Ds J on Sat Mar 26, 2022 5:03 pm, edited 1 time in total.
User avatar
Swede
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Fri Apr 20, 2012 11:56 am

Re: CZ of Glock (9mm)

Post by Swede »

Dankie vir die behulpsame insette. Laat mens maar dink. Oefen is sekerlik die beste manier om jouself voor te berei, en dan ook dit onder stres omstandighede te doen.

Sent from my SM-N970F using Tapatalk

And as thy days, so shall thy strength be
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2133
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: CZ of Glock (9mm)

Post by Ds J »

Daar is n rede waarom troepe so baie gedril word - as die skote klap moet sekere sake outomaties gebeur, anders is daar dooie troepe.

Ek weet van twee oud-troepe wat ongeveer dertig jaar uitmekaar opgelei is, en een van hulle gevegsrympies het nooit verander nie:
"Drop, roll over, check your sights, stand up, fire". Dit is so intens in hulle ingedril dat hulle dit outomaties gedoen het. My broer was eendag by n atletiekwedstryd, en toe die afsitpistool klap het een van die toeskouers sonder meer platgeval. Die mense het lekker gelag daaroor want hulle het dit verkeerd verstaan. Die betrokke man was n geharde veteraan van die Bosoorlog.
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1483
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: CZ of Glock (9mm)

Post by Eduard Venter »

Ek was noudiedag betrokke by 'n insident na 'n plaasaanval waarvan ek nou nie graag details wil plaas nie (geen skote is geskiet nie genadiglik). Maar soos die dominee sê, daai tonnelvisie is 'n werklikheid. Jy fokus 100% op die skermunkel voor jou en ek dink dit kan jou duur te staan kom as jy nie ook oplet wat om jou aangaan nie (daar is selde net 1). Berei jouself voor so goed jy kan, en die res maak mens staat op die Liewe Heer wat jou in sy hand hou.

Sent from my SM-G973F using Tapatalk

User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1868
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: CZ of Glock (9mm)

Post by Ratel »

Is jy bereid om n mens dood te skiet? Met n H&K of n Norinco. As jy die geantwoord het kies jy jou gereedskap.
Maak 'n verskil
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1870
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: CZ of Glock (9mm)

Post by Alwin »

Ek dink nie enige een van ons is bereid om 'n mens dood te maak nie. Wat meeste van ons wel besef, is dat jy in 'n situasie mag beland waar jy nie meer 'n keuse het daaroor nie. Jou opleiding moet dus die kriteria insluit wat gaan geld wanneer dit die dag gebeur. En dis nodig om dit in te dril, want as/wanneer dit eendag gebeur, waan jy waarskynlik nie in 'n toestand wees om 'n goeie besluit te neem nie. Jy sal dus outomaties moet reageer.

Een van die maniere om jouself te dril, is om denkbeeldige scenarios te oordink. Jy kan dit selfs met geselekteerde persone bespreek. Bv: Jy ry in jou bakkie, en dink "Wat gaan gebeur as skelms my by die volgende hek voorlê?" Dan dink jy opsies en planne uit. As dit dan eendag gebeur, dan sit die "oefening" steeds in jou onderbewussyn vas en jy kan outomaties reageer. Dit help natuurlik as jy op hoogte bly van misdaadtendense, sodat jy realistiese scenarios gebruik. As jou insident dan effens anders afspeel as wat jy dit voorgestel het, gaan jy dalk nie 100% korrek reageer nie, maar die feit dat jy wel vinnig reageer verbeter jou kanse vir oorlewing aansienlik.

Die snaakse ding is, juis omdat jy begin scenarios oordink, beteken jy moet bedreigingsontledings doen. M.a.w. jy identifiseer potensiële gevare en beplan hoe om dit te hanteer. Hierdie oefening skep 'n ingesteldheid wat maak dat jy eerstens gevaarpunte aktief vermy en tweedens lyk jy vir die aanvallers nie meer soos 'n maklike maaltyd nie. Dit alleen verminder jou kanse om 'n slagoffer te word of jouself te moet verdedig aansienlik. Die ongewapendes is gewoonlik bewusteloos oor potensiële bedreigings, wat maak dat hulle makliker in die slagysters trap.
User avatar
Aceofspades
Hero Member
Hero Member
Posts: 598
Joined: Sat Sep 20, 2014 8:59 pm

Re: CZ of Glock (9mm)

Post by Aceofspades »

https://m.youtube.com/watch?v=8RDCtMEHFLM

Dave Grossman - Bulletproof mind

Hierdie is 'n bietjie van 'n lang video. Kyk maar stukkie vir stukkie.

Sent from my BV9900E using Tapatalk

User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1868
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: CZ of Glock (9mm)

Post by Ratel »

Hierdie is n interresante onderwerp. Al wat ek kan bydra is om te se dat die situasie dwing jou om te besluit om te skiet of nie. Ek hou van hoe Alwin dit se hierbo. As jy geen ander keuse het nie. Dis immers die standaard waarteen die hof n beslissing gaan maak. Ek glo party mense sal die keuse om te skiet makliker neem as ander. Glo my maar dat daar na die tyd eintlik eers tyd is om regtig daaroor te dink
Maak 'n verskil
User avatar
saswart
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 482
Joined: Wed Mar 07, 2018 2:44 pm

Re: CZ of Glock (9mm)

Post by saswart »

Dumbluck wrote: Thu Mar 24, 2022 3:56 pm
As ek nou 'n geld het wat my gepla het sou ek vir my 'n Glock 43x koop en hy sal oorals saam my kan gaan, heeljaar deur.

Het vir my vrou een gekry en dis vir my die perfekte pistool vir EDC.

Ek het nie ondervinding met CZ nie maar ek weet hulle is groter en swaarder as dieselfde tipe pistool in Glock. Die Glock het ook minder goed wat kan haak. Dis hoe ek destyds my besluit gemaak het tussen die 2.

In die kluis help hy my niks.

Image

Sent from my SM-G991B using Tapatalk
Hi Dumbluck - paar vrae en opmerkings.. Is dit foto van jou pistole so in kar? Indien wel, het jy al oorweeg om eerder aan lyf te sit vir daai gevalle waar jy onverhoeds betrap word of vinning moet uit, selfs kar rol ens? Sien ook dit is sticky holster, wat beteken, indien dit nie die holster op lyf is nie, jy sal weer moet holster. Ek probeer maar my pistool so min as moontlik uit en in holster te sit, behalwe op skietbaan natuurlik.

Ja die pistool in kluis is maar min werd, bly jy besef dit. Gaan koop daai 43X, maar jy sal verbaas wees, met regte belt en holster sal daai glock mooi versteek. Onthou net, ja die 43X is dunner wat defn help om die "bulge" te versteek, maar sy handvatsel is net so lank soos die G19...dit is die deel wat meestal wys

Ek het amper wat jy het... p10C en 43. Gedink die P10 (so te se G19) sal meer ongemaklik wees en moeiliker versteek, die teendeel, hul versteek baie goed. Wel nie met stywer hemde/tshirt nie
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: CZ of Glock (9mm)

Post by cassie_calvinia »

Ek het ook gewonder oor pistole in kar.
bv jy sit by robot. moerse slag. glas spad in jou gesig. 'n sekont later is 'n mes teen jou keel, en jy word uit kar gepluk. als bitte 1.5 sekondes. nou is jou pistool in die kar.
ek geen ervaring. het gewonder
HOU HOM DAAI DIKTE
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2133
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: CZ of Glock (9mm)

Post by Ds J »

cassie_calvinia wrote: Mon Mar 28, 2022 10:45 am Ek het ook gewonder oor pistole in kar.

Ek dink n mens moet eerder die pistool aan jou lyf dra vir twee redes:

1. dit is waarmee jy geoefen het (onthou die refleks-gedagte, as jy skrik gaan jy die pistool aan lyf soek, tensy jy geoefen het met die pistool langs die sitplek)

2. dit is minder sigbaar vir die skurk buite die voertuig

3. die pistole kan wegspat indien die voertuig n harde stamp kry, bv n ongeluk of n slaggat

Die heel beste sou wees as die skurk uit die staanspoor besluit om eerder iemand anders te pla. Dit gebeur gewoonlik wanneer hy sien dat iemand werklik oplettend is - daar is n beter kans dat daardie persoon paraat is en bereid is om gewelddadig op te tree.
Last edited by Ds J on Mon Mar 28, 2022 11:22 am, edited 1 time in total.
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2133
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: CZ of Glock (9mm)

Post by Ds J »

Ds J wrote: Mon Mar 28, 2022 11:05 am
cassie_calvinia wrote: Mon Mar 28, 2022 10:45 am Ek het ook gewonder oor pistole in kar.
bv jy sit by robot. moerse slag. glas spad in jou gesig. 'n sekont later is 'n mes teen jou keel, en jy word uit kar gepluk. als bitte 1.5 sekondes. nou is jou pistool in die kar.
ek geen ervaring. het gewonder
Ek dink n mens moet eerder die pistool aan jou lyf dra vir drie redes:

1. dit is waarmee jy geoefen het (onthou die refleks-gedagte, as jy skrik gaan jy die pistool aan lyf soek, tensy jy geoefen het met die pistool langs die sitplek)

2. dit is minder sigbaar vir die skurk buite die voertuig

3. die pistole kan wegspat indien die voertuig n harde stamp kry, bv n ongeluk of n slaggat

Die heel beste sou wees as die skurk uit die staanspoor besluit om eerder iemand anders te pla. Dit gebeur gewoonlik wanneer hy sien dat iemand werklik oplettend is - daar is n beter kans dat daardie persoon paraat is en bereid is om gewelddadig op te tree.
User avatar
Swede
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Fri Apr 20, 2012 11:56 am

Re: CZ of Glock (9mm)

Post by Swede »

As jy nie boep het nie, is appendix dra die antwoord in 'n voertuig

Sent from my SM-N970F using Tapatalk

And as thy days, so shall thy strength be
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2133
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: CZ of Glock (9mm)

Post by Ds J »

Swede wrote: Mon Mar 28, 2022 11:14 am As jy nie boep het nie, is appendix dra die antwoord in 'n voertuig
Leer links skiet - dit is baie handig vir ons regterhandvoertuie.
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1870
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: CZ of Glock (9mm)

Post by Alwin »

Ds J wrote: Mon Mar 28, 2022 3:19 pm
Swede wrote: Mon Mar 28, 2022 11:14 am As jy nie boep het nie, is appendix dra die antwoord in 'n voertuig
Leer links skiet - dit is baie handig vir ons regterhandvoertuie.
Waarheid!

Nog 'n rede om nie die wapen in jou kar te sit nie: As iets onvoorsiens gebeur en jy vinnig uit jou voertuig moet spring, waarborg ek jou jy gaan die wapen daar los. (Dis juis in so 'n noodgeval wat jy hom nodig gaan kry.)
Hou hom aan jou lyf, dan is hy altyd by jou.
vossie1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2105
Joined: Thu Sep 27, 2012 8:16 pm

Re: CZ of Glock (9mm)

Post by vossie1 »

More Manne
Ek gee graag my opienie ek het die skuif gemaak van CZ75B 40&W dit was seker loshande my akuraatste pistool en het my regtig geen probleme gegee nie,hy was net te swaar vir elke dag dra. So skuif ek na die G19 en was baie happy tot ek die nuwe Glock 43x vasgehou het, hierdie is beslis n baie lekker edc psitool ek het vir my en my vrou elk een gekoop en is nie n dag spyt nie, het nog min met hom geskiet en het gevind as my vrou skiet met my hand ladings wat nie te kwaai is nie kry sy storing asgevolg van haar gewrig wat sy nie onderstuen nie en dit beinvloed die recoil wat veroorsaak dat hy stoor,as sy haar hand styf hou geen probleeme nie. Self verdediging ammo is daar geen probleem. Hierdie is regtig n besonderse lekker handwapen en sit hom sommer in my broeksak as ek in die dorp is en jy weet nie van hom nie. PS Jizni het nou n 15 rondte single stack mag wat perfek pas en werk. Ek en die vrou dra die 15 rondte mags en dis meer as genoeg pille. Die lekker ding is daar is mags in die karre en in die huis so as die paw paw die van strike kan ons net gryp en werk. Regtig iets om te oorweeg
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: CZ of Glock (9mm)

Post by cassie_calvinia »

vossie1 wrote: Tue Mar 29, 2022 7:31 am More Manne

Daai magesyne? is dit staal?
het gelees 'n mens moet die glock se mag catch vervang as 'n mens staal gebruik.
die perde wat kaartjies print sal nou moet plan maak. kannie wag vir my 43x nie
HOU HOM DAAI DIKTE
HeinM
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 497
Joined: Sun Feb 07, 2021 4:54 pm

Re: CZ of Glock (9mm)

Post by HeinM »

cassie_calvinia wrote: Tue Mar 29, 2022 7:46 am

Nee. Ek twyfel baie sterk of jy staalmags plaaslik gaan kry. https://jizni.co.za/216-magazines-glock
User avatar
saswart
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 482
Joined: Wed Mar 07, 2018 2:44 pm

Re: CZ of Glock (9mm)

Post by saswart »

cassie_calvinia wrote: Tue Mar 29, 2022 7:46 am
vossie1 wrote: Tue Mar 29, 2022 7:31 am More Manne
Daai magesyne? is dit staal?
het gelees 'n mens moet die glock se mag catch vervang as 'n mens staal gebruik.
die perde wat kaartjies print sal nou moet plan maak. kannie wag vir my 43x nie
Yip dit is, ja jy moet mag catch vervang ander vreet dit die bestaande polymer een op...of so se die reviews en shield mag se eie webwerf.

https://jizni.co.za/magazines-glock-sli ... x-g48.html
Post Reply