Ek het 'n geweer wat 'n .338" Hornady 250gn Interlock teen 2400 fps lanseer. Ja, dis beslis een van die effektiefste kombinasies in my kluis vir die doel, maar ek het alreeds so ene. Dalk is 'n 2de ene nie 'n slegte idee nie? Ek dink ook die 338 Federal, 358 Win, 338SABI, 35 Whelen, van die groter 8mm's en 318WR is almal baie naby aan mekaar. Komponent beskikbaarheid gaan my keuse dikteer, as ek die roete sou gaan.Koos Barnard wrote: Fri Nov 24, 2023 5:42 pm Wat van 'n .318 Westley Richards. Dit skiet 'n 250gr-koeël teen so 2400vps en is ideaal vir die bos.
Watter kaliber en konfigurasie?
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1870
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Watter kaliber en konfigurasie?
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2940
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: Watter kaliber en konfigurasie?
Daar was samewerking tussen Rigby en Mauser.
Hoekom nie ‘n .275 Rigby nie?
Beste.
Hoekom nie ‘n .275 Rigby nie?
Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1870
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Watter kaliber en konfigurasie?
.275 Rigby is net 'n 7x57 Mauser wat geleer inghils praat het.Lategan1 wrote: Sat Nov 25, 2023 8:41 pm Daar was samewerking tussen Rigby en Mauser.
Hoekom nie ‘n .275 Rigby nie?
Beste.
Uitstekende kaliber in alle opsigte, daarom het ek alreeds ene.
-
JF123
- Sr. Member

- Posts: 449
- Joined: Fri May 17, 2019 5:52 pm
Re: Watter kaliber en konfigurasie?
Shoe. Teen daardie prys moet dite Tikka kan koffie ook maak...
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1870
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Watter kaliber en konfigurasie?
... En aandra ook...JF123 wrote: Sun Nov 26, 2023 5:35 am Shoe. Teen daardie prys moet dite Tikka kan koffie ook maak...
Ek vermoed dat 'n staatskontrak maar oorals die tipe effek het.
- Rudi Fischer
- Hero Member

- Posts: 1831
- Joined: Mon Dec 09, 2013 4:54 pm
Watter kaliber en konfigurasie?
Wat van n 375/303
303 dop oop genek en uit geblaas na 375 ?

303 dop oop genek en uit geblaas na 375 ?

Last edited by Rudi Fischer on Sun Nov 26, 2023 9:29 am, edited 1 time in total.
Loop baie saggies en dra n groot geweer !!!
- Ferdi Bam
- Sr. Member

- Posts: 357
- Joined: Fri Mar 08, 2013 8:40 am
Re: Watter kaliber en konfigurasie?
Hi Alwin,
Sterkte met jou besluit, dit is baie lekker een.
Ek het n .303Br op n K98 aksie en wat n lekker geweer is dit nie. Dis n Vrystaat droom wat waar geword het, n "once in a lifetime ". Gebou vir oop visier en H&H styl. Soos n vorige plasing sê, maak hom in die kaliber wat jy wil hê, n ander gaan nie dieselfde waarde put uit hom soos jy nie.
Groete
Ferdi Bam.

Oë op die pad, hande op die stuur, FOKUS!
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1870
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Watter kaliber en konfigurasie?
Ek het al baie na die ene gekyk. Dit lyk na 'n praktiese patroon met vele aanwendinge.Rudi Fischer wrote: Sun Nov 26, 2023 9:29 am Wat van n 375/303
303 dop oop genek en uit geblaas na 375 ?
![]()
As ek die dag so ene gaan bou, sal dit op 'n aksie en magasyn wees wat reeds werk met 'n 303 se rand, soos 'n No4 mk1/2 of P14.
Ek moet hom in gedagte hou as so 'n aksie eendag opduik.
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1870
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Watter kaliber en konfigurasie?
Ek weet dat daar enkele fabrieks-Mausers gebou is in 303. Die magasyne is nogal iets om te aanskou, Mauser het seker gemaak die geweer voer met die gerande dop. Die gewere is ook ongelooflik duur, dus is 'n namaaksel ietwat van 'n aanloklikheid. Maar ek het reeds 'n 303. Nog ene maak nie vir my prakties sin nie, veral nie as hy duur gaan wees om te bou nie. So 'n projek sal beter wees om vir 'n P14 aksie te bêre, wat alreeds alles reg het vir die dop.Ferdi Bam wrote: Sun Nov 26, 2023 10:12 am Hi Alwin,
Sterkte met jou besluit, dit is baie lekker een.
Ek het n .303Br op n K98 aksie en wat n lekker geweer is dit nie. Dis n Vrystaat droom wat waar geword het, n "once in a lifetime ". Gebou vir oop visier en H&H styl. Soos n vorige plasing sê, maak hom in die kaliber wat jy wil hê, n ander gaan nie dieselfde waarde put uit hom soos jy nie.
Groete
Ferdi Bam.
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1870
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Watter kaliber en konfigurasie?
Dankie vir die insette tot dusver ontvang.
Die 2 voorlopers is tans:
1. 9,3x62. Maklike projek, die patroon pas net so in die aksie en magasyn en al die komponente is maklik verkrygbaar. Dit gaan net moeilik wees om nie 'n mooi klassieke Mauser te bou met okkerneut-kolf en oop visiere nie. Dit pas net so goed by die patroon. Neem ook in ag dat fabrieksgewere in 9,3x62 met "controlled feed" besig is om uit te sterf, dan maak hierdie ene nog meer sin.
2. 450 Bushmaster. Baie praktiese kort-afstand kaliber wat goedkoop is om te voer en verskeie praktiese toepassings het. Beslis 'n iets om te oorweeg. Wat dalk kan pla, is om 'n magasyn te bou wat die kort, vet patroon mooi kan voer, teen 'n geskikte hoek om betroubaar onder die Mauser se uitrekker-klou in te glip. Die patroon is ontwikkel vir 'n "push feed" aksie, wat nie daardie probleem kan ervaar nie. Ek behoort ook die een of ander tyd 'n Ruger American in 450 Bushmaster oor die toonbank te kan koop, waarskynlik teen dieselfde of minder as wat 'n geboude geweer gaan kos.
Nog insette en idees is baie welkom. Ek geniet hierdie proses...

Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7545
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Watter kaliber en konfigurasie?
Hallo AlvinAlwin wrote: Thu Nov 23, 2023 10:24 pm Ek sit met 'n lekker probleem. Hoop julle kan my 'n paar idees gee om hom op te los?
Ek kan 'n oorspronklike Mauser M98 militêre (2de WO) aksie in goeie toestand bekom vir 'n gawe prys. Net die kaal aksie. Hy is nog nie geboor en getap nie.
My vraag is nou, wat bou ek op hom?
1. Ek sien nie die nut om 'n geweer te bou wat ek goedkoper oor die toonbank kan koop nie.
2. Ek herlaai, dus is ek nie bang vir half-eksotiese kalibers nie. (Nee, net nie 'n Ackley Improved iets nie asb?)
3. Die aksie is myns insiens nie ideaal vir lang afstand, swaar loop, presisie tipe toepassings nie.
4. Ek is nie lus om die aksie oop te sny om langer as standaard patrone te akkomodeer nie. Ek weet dit kan gedoen word, is net nie lus vir die moeite of koste nie. Ek het ook reeds ander magnum aksie gewere.
5. As ek by 'n dop met standaard (8mm Mauser/30-06 familie) kop afmetings kan bly, hoef die grendel nie aangepas te word nie.
6. Ek giet my eie lood koeëls, dus sal iets wat met die tipe koeëls kan werk nogal goedkoop wees om te voer. Iets om te oorweeg.
7. Dit laat my met korter-afstand of bosveld jag tipe toepassings vir die geweer. Dalk 'n "Scout Rifle" of 'n Bosvark-geweer met korterige loop en knaldemper?
Enige voorstelle welkom, dit hoef ook nie doodernstig te wees nie. Ek hou soms van mal idees.
n Rondte wat aan al daai kreteria sal voldoen in my opinie, is die 8x60 S. Dalk net nie aan die lood koeel ge-gietery nie. Werklik n rondte wat my nog altyd beindruk het. Hy is ook raar genoeg om nie sommer in enige een se kluis te staan nie.
Groetnis
Wouter
O ja voor ek vergeet, Ackley hom sommer van die begin af.